by

Om in die klaskamer te slaap vir ‘n drama

September 20, 2014 in Uncategorized

Ek word elke nou en dan in my spore gestop oor die opoffering wat nog nodig is vir “gewone” goed in hierdie land.

Schoonspruit Sekondêre Skool op Malmesbury is aan die verkeerde kant van die outydse skydslyne geleë. Tog het hierdie skool al talle toekennings verower vir hulle ongelooflike werk.

Hulle het vanjaar TWEE stukke in die finaal van ATKV-tienertoneel wat op Aardklop plaasvind.

En tog, en tog… Kobie Jacobs, die drama-onderwyser al daar, vertel my baie ouers het nie motors nie.  Malmesbury is ’n plaasgemeenskap en die afstande is groot. Wat maak die kinders dan om te oefen? Hulle slaap in die klaskamer. Dit is die enigste manier hoe hulle die ure kon insit.

Dié skool sukkel nog om genoeg geld bymekaar te maak om vir alles te betaal. As iemand dalk kan help, kontak Schoonspruit Sekondêre Skool op Malmesbury.

Kobie  is vreeslik opgewonde daaroor dat haar groepie so goed vaar. Dit is ’n arm deel van ons land en gewoonlik is daar nie geld om mee te ding met die groot skole nie. “Geld vir dekor en geld vir kostuums is daar nie,” sê sy. Hierdie jaar was daar ’n Duitse meisie wat vrywillige werk by die skool kom den het, en sý het die kostuums vir ons gemaak.”

Haar twee regissuers, Gershwin Cloete, wat “Nog nie vry nie” afrig, en Emile Smith wat “Ons Kleine Dorpie” afrig, is albei oudleerders en hulle gee hulle tyd heeltemal gratis.

* * *

Terloops: Die digter, PJ Philander, was die eerste hoof van hierdie skool voor hy landuit is tydens apartheid.

* * *

Nog ‘n terloops: ATKV-Tienertoneel vind vanjaar vir die vyftigste keer plaas.

Ek het vroeër vanjaar met van die mense gesels wat deur die projek geraak is – hier is die skakel.

Om meer te lees oor vanjaar se tien finaliste, hier is die skakel,

2 antwoorde op Om in die klaskamer te slaap vir ‘n drama

  1. spokie het gesê op September 22, 2014

    @izakdv
    Ja, soms weet ons kinders nie hoe bevoorreg hul is om alles in die lewe te mag hê. Ek hoop om fotos van jou te sien oor hierdie toneel, hier vanuit die binneland is dit maar ver daardie kant toe.

  2. izakdv het gesê op September 22, 2014

    @spokie, Die ATKV behoort foto’s bekend te stel. Ek sal vra.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.