by

Niël Stemmet tree op in Tulbagh

September 17, 2014 in Uncategorized

Niël Stemmet het op Vrydagaand 12 September ’n praatjie gehou by Raeders Restaurant tydens die Tulbagh Kunstefees.

14 09 14 Tulbagh_005

Die langtafels is gedek en reg vir die gaste.

14 09 14 Tulbagh_009

Die restauranteienaar, Carol Collins, is vreeslik lief vir katte.

14 09 14 Tulbagh_015

Carol en haar twee personeellede het geregte uit Niël se boeke bedien.

14 09 14 Tulbagh_016

Ons het begin met biltongpatee op geroosterde mosbolletjies.

Toe botterneutsop.

Dit is gevolg deur ’n volstruisnekpotjie.

Daarna is Kaapse brandewynpoeding en tuisgemaakte roomys bedien.

Die maal is afgesluit met moerkoffie en koeksisters.

14 09 14 Tulbagh_017

Niël het met die gaste gemeng. Hier is hy met van die plaaslike inwoners. Heel links is Riana Viljoen, ’n bekende boekliefhebber van Tulbagh.

14 09 14 Tulbagh_019

Coenie Visser (links) is die hooforganiseerder van die Tulbagh Kunstefees.

14 09 14 Tulbagh_020

 Nelia Retief (in die middel van die foto) is Coenie se adjudant en voorvatter.

14 09 14 Tulbagh_022

Ons het gesmul.

14 09 14 Tulbagh_023

Die gaste luister na Niël se praatjie.

* * *

Besoek gerus http://www.tulbaghtourism.co.za/ vir meer inligting oor dié mooi dorpie.

4 antwoorde op Niël Stemmet tree op in Tulbagh

  1. spokie het gesê op September 18, 2014

    @izakdv
    Die pienk-perse in jou eerste foto skep rustige atmosfeer.
    Ek hou van die woord “voorvatter”. Volstruisnekpotjie? – defnitief nie ‘n bekende gereg hier in Limpopo waar geen volstruise te sien is.

    • izakdv het gesê op September 18, 2014

      @spokie, dankie. Ek daardie eerste foto sonder flits geneem om die atmosfeer te vang. (Ek het met ‘n 2.8 lens geskiet die deurkosyn as stabiliseerder gebruik.)

      Volstruisnek is heerlik, maar jy moet hom lank en saggies kook in BAIE vloeistof – verkieslik in ‘n goeie rooi wyn.

  2. baie dankie Izak de Vries, jou fotos is soos gewoonlik mooi, baie dankie vir die uitnodiging, namens LAPA

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.