Profile photo of izakdv

by

Die VVA deel boeke uit in Kayamandi

September 9, 2014 in Uncategorized

Verlede week was Nasionale Boekweek en die Vriende van Afrikaans (VVA) het boeke, wat deur LAPA geskenk is, uitgedeel aan ’n aantal leerders in Kayamandi.

14 09 04 vva kayamandi_021

Amanda de Stadler en Chareldine van der Merwe het my genooi om ’n paar foto’s te kom neem. Dié twee gee leesklasse aan leerders wat in Kayamandi woon, maar deur hulle ouers na goeie skole buite Kayamandi gestuur word om ’n goeie opleiding te kry.

14 09 04 vva kayamandi_023

Hier gesels Chareldine met twee van die knapies wat vrywillig na hierdie ekstra klasse kom.

14 09 04 vva kayamandi_020

Die boek is Utshepo Mde / Groot genoeg, deur Mhlobo Jadezweni en Hannah Morris.

14 09 04 vva kayamandi_019

Die teks is in Afrikaans en Xhosa. Dit vertel die verhaal van Tshepo wat wil groei, so hy druk sy voete in beesmis en gooi water oor sy kop uit…

14 09 04 vva kayamandi_052

Die storie is eers in Afrikaans gelees.

14 09 04 vva kayamandi_048

Toe in Xhosa.

14 09 04 vva kayamandi_041

Daar is aandagtig geluister.

14 09 04 vva kayamandi_069

Hier is Amanda en Chareldine saam met die kabouters wat elkeen ’n boek present gekry het.

14 09 04 vva kayamandi_049

Om meer te wete te kom oor die werk van die VVA, besoek gerus hulle webwerf: www.vriendevanafrikaans.co.za.

Die VVA het onlangs ’n volfiliaal van die ATKV geword: www.atkv.org.za.

* * *

14 09 04 vva kayamandi_002

Die Legacy Centre is ’n storie op sigself. Dit behoort aan die Stellenbosch gemeente en word bestuur deur die gemeente en die Stellenbosch Universiteit. Hier is meer inligting oor die sentrum: http://legacykayamandi.blogspot.com/p/about.html

14 09 04 vva kayamandi_008

Daar is talle klaskamers wat volgens ’n streng rooster aan instansies, soos die VVA, beskikbaar gestel word.

14 09 04 vva kayamandi_004

Hierdie twee fisioterapeute help ook daar.

14 09 04 vva kayamandi_012

Dit is ’n veilige hawe vir hierdie knape.

14 09 04 vva kayamandi_014

Nie dat hierdie twee lyk of hulle dit nodig het nie!

2 antwoorde op Die VVA deel boeke uit in Kayamandi

  1. spokie het gesê op September 10, 2014

    @izakdv
    Hahahaaa – jy doen ook goeie werk in die gemeenskap en vir afrikaans Izak. Dankie. (Het gehou van jou sinspeling: knapie, kabouters, ek dink jy is lief vir kinders.)

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.

1 terugspoor