Profile photo of izakdv

by

Donker Spoor op DEKATv

Augustus 20, 2014 in Uncategorized

 DEKATv het vanoggend ’n insetsels kom skiet oor die lang pad wat ’n boek loop wanneer dit uitgegee word en Martin Steyn se Donker spoor was die teks waarna ons gekyk het.

Kliek op die foto’s om hulle groter te maak.

dekatV03

Gerard Scholtz, die aanbieder, vertoon Martin Steyn se Donker spoor aan die kykers.

dekaTv04

Die kamera fokus op Martin Steyn.

dekaTv05

Butho Ncube is geduldig, maar tegnies is hy uitstekend. Sy beligting, sy raamplasing en sy en fokusverskuiwing is besonder knap.

dekaTv08

Gerard in die masjien.

dekatV09

Butho agter die masjien.

dekaTv06

Butho fokus op my.

dekaTv02

Ek en Gerard aan die gesels.

Die foto’s hierbo is almal met ’n Canon 5DmkII geneem en die lens was ’n Canon EF16-35mm f/2.8L USM. Die meeste foto’s se tegniese detail was so iets: 1/160 f2.8 ISO3200.

Butho het ook met ’n Canon 5DmkII geskiet – op ISO640. Hy het ons gesprekke afgeneem met ’n Canon EF24-105mm f/4L IS USM. Toe het hy die groot Canon EF 70-300mm f/4-5.6 L IS USM lens opgesit en het uiteindelik sy nabyskote uit die hand geskiet met ’n Canon EF24-70mm f/2.8L USM.

* * *

dekaTv07

Die keer kon ek die ligte kies vir mý foto. Die beligting vir TV is baie anders as vir portretstudies. Hier is Martin Steyn met Donker spoor in sy hand. Ek het twee Canon Speedlight 430’s deur wit sambrele geskiet en ’n derde net bo Martin se kop geplaas om van die dak af te bons.

Canon 5DmkII & Canon EF24-70mm f/2.8L USM & Canon Speedlite Transmitter ST-E2

1/160 f2.8 ISO400 (die flitse was op +1 kompensasie gestel)

* * *

Die insetsel sal binnekort op DEKATv uitgesaai word.

Geskiet deur Steampunk Produksies

Vervaardiger: Elzilda Becker

Produksie: Melanie Tait

Aanbieder: Gerard Scholtz

Kamera, ligte en klank: Butho Ncube

Redigeerder: Barry de Jager

11 antwoorde op Donker Spoor op DEKATv

  1. spokie het gesê op Augustus 21, 2014

    @izakdv
    Jinne, lekker om ‘n kykie in jou werksplek te sien. Geen wonder – julle boer met die beste kameras! Dit het my rukkie gevat om te onderskei watter gedeelte is die lens onder jou beskrywings, maar ek is by. En glo my, jy en Tina is besig om my aan te steek – vir ‘n goeie kamera…

  2. izakdv het gesê op Augustus 21, 2014

    @spokie, ek ry ‘n goedkoop motor en koop maklik klere by Pick ‘n Pay, maar ‘n goeie kamera maak ‘n enorme verskil. Dit hoef nie professioneel te wees nie – moderne mik-en-drukke is al goed, terwyl intreevlak DSLR-kamera’s PUIK is,

    Dis net dat selfone nog nie kamera’s is nie. Hulle is cute vir sneppies, maar nie vir publikasie nie.

    • spokie het gesê op Augustus 22, 2014

      @izakdv
      Watter intreevlak DSLR -kamera sal jy vir beginner aanbeveel? Canon asb. Maar fotos moet aanvaarbaar wees vir Weg! tydskrif se: Lense van mense fotos.

      • izakdv het gesê op Augustus 22, 2014

        @spokie, ek is ‘n Canon-man, so ek sal Canon aanbeveel. Ek moet egter ook noem dat Nikon goeie kamera’s maak. MAAR ek sou nie enige ander maak aanbeveel nie, want hulle lense is vrek duur.

        Goed: Die Canon 1100D is uitstekend, Ek het al daarmee gewerk. Dis lig, dis klein en die gehalte van die foto’s is uitsonderlik. My seun het die 1000D en ek skiet dikwels daarmee as ek iets wil gaan doen waar ek nie met ‘n duur kamera wil werk nie. Prys by Orms (met ‘n DC-lens, wat dit baie goed maak vir video) ‘n kaart en ‘n sak, is R3800. DIe kamera kan ook met al die professionele lense werk wat Canon nog ooit gemaak het.

        ‘n Stappie op is die 100D wat waarskynlik die beste kamera per rand op die mark is. Orms verkoop hom tans met ‘n gestabiliseerde lens, ‘n kaart en ‘n sak vir R6 600.

        Maar Orms verkoop ook ‘n tweedehandse 400D (sonder lens) vir R1 000. Jy kan ‘n lens koop vir R700. As ek moet kies tussen ‘n 1100D en ‘n 400D, dan is die 1100D ‘n veel beter kamera. Maar soms loop jy puik tweedehandse kamera’s raak teen minder as ‘n nuwe een. En as jy by Orms koop, is daar ‘n waarborg op.

        • @izakdv en @spokie Ek het hierdie vakansie die nuwe Canon 70D ingespan.Dis waarlik ‘n voortreflike kamera,veral as jy nie professioneel is nie.Ek kan ook enige lense op hom gebruik.Hy het ‘n pragtige “viewer” wat soos ‘n “touchpad” werk.Ek weet nie wat dit gekos het nie,want dit was ‘n geskenk van my man,nadat my vorige D60 gesteel is.

          • izakdv het gesê op Augustus 22, 2014

            @perdebytjie JA, no contest. Die 70D is tans die heel beste kamera sonder ‘n vol raam. As jy hom kan bekostig, dis die lekkerste speelding te koop!

  3. Ek sal seker nog leer wie is wie en wie doen wat. Eers verstaan ek nie waaroor alles gaan nie. DKATv, die skrywer en sy boek? Toe sien ek nee, die kamera is die fokus. Of is dit ‘n les in fotografie? Ek raai jy is in die uitgewersbedryf met ‘n passie vir fotografie. Stem saam oor selfone en kameras. Dit is net so handig, want jou selfoon is altyd byderhand. Ek hou van die erkenning wat jy aan almal gee.

  4. Lekker om jou werksplek te sien!

  5. spokie het gesê op Augustus 22, 2014

    @izakdv en @perdebytjie
    Dankie julle twee. Dink die 1100D sal goed vir my as beginner werk, asook my sak. Het hier ook pryse aangevra. Ek was nogals nuuskierig om te weet met watter kanon perdebytjie kiek. Haar fotos is so perfek. Oe – lekerrrr…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.