by

Miskoek gooi

Julie 20, 2014 in Uncategorized

My knaap is baie goed met allerlei wapens in die kuberruim. Op die rekenaar en die iPad skiet en gons dit behoorlik, maar nou en dan kan pa hom darem in die veld kry.

Met die ware Jakob is hy ewe knap.

mis1

Teikenseleksie.

mis2

Mik.

mis3

Lanseer.

mis4

Kolskoot!

As julle wonder, dit is zebramis.

Hierdie foto’s is geneem in die in die Umgeni-Valleinatuurreservaat, net buite Howick in KZN.

3 antwoorde op Miskoek gooi

  1. tina10 het gesê op Julie 20, 2014

    Ai hy het in ‘n oogwink grootgeword. Wonder hoe gaan dit met Karen se tweetjies?

  2. izakdv het gesê op Julie 20, 2014

    Tina. Hulle is YSLIK. Ons was toevallig gister op dieselfde vlug. Dis pragtige kinders.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.

1 terugspoor