Jy blaai in die argief vir 2014 Julie.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Martin Steyn en Vita du Preez in Somerset-Wes

Julie 31, 2014 in Uncategorized

Wordsworth Books in die Somerset Mall was so gasvry om Martin Steyn se debuut, Donker spoor, en Vita du Preez (beter bekend as Janie du Plessis) se roman, Waar die son omdraai, bekend te stel.

mv01

Hier is die twee skrywers.

mv08

Die boeke is pragtig uitgestal.

mv09

Leopard’s Leap was weer die vrygewige borge van die wyn. Die meeste van ons ken hierdie lekkerkuierwyn van hulle, maar onthou om hulle plaas te besoek en die uitstekende kulinêre reeks te gaan proe; dié vlagskipreeks is nie geredelik in winkels beskikbaar nie.

mv04

Ek het die gesprek gelei. Dit was baie pret. Daar was baie mense en heelwat boeke is verkoop.

Iets oor die boeke

Waar die son omdraaiWaarom doen mense vrywillige werk? Sinisme omring dikwels die hordes vrywillige werkers in Afrika en talle mense sal vir jou sê dat daar is in die NRO-veld net drie kategorieë is: Vlugtelinge, Sendelinge en Huursoldate.

Thea is ’n vlugteling. En Matt Barnard? ’n Verwarde sendeling? ’n Huursoldaat? Of hardloop hy ook maar weg? ’n Huursoldaat is hy nie, dit kom Thea gou agter, maar wat dan?

Thea Jonker beland met malaria in die hospitaal waar Matt werk. Thea is ’n gewilde TV-aktrise wie se loopbaan kortgeknip word wanneer sy in ’n motorongeluk betrokke is. Haar voorkop kry sleg seer en die litteken laat haar weghardloop. Sy besluit om vrywillige opheffingswerk in Mosambiek te gaan doen, waar haar pad met dokter Matt Barnard s’n kruis.

Matt Barnard, ’n plastiese chirurg, het egter sy eie duiwels om te besweer. Hy is ontnugter na ’n bitter egskeiding en hy twyfel aan sy geloof, wat altyd ’n integrale deel van sy menswees was, wanneer een van sy pasiënte sterf. Matt besluit om by ’n Benediktynse klooster naby Vilanculos te gaan besin en hopelik helderheid oor sy pad vorentoe te kry.

Hier is ’n denkende skrywer wat haar karakters se ontwikkeling só menslik maak, dat ’n mens nie anders kan as om iets by hulle te leer nie.

* * *

Donker spoor: Louis Esterhuizen, die bestuurder van Protea Boekwinkel op Stellenbosch, sê in sy nuusbrief: “’n Besonder opwindende debuut is Martin Steyn se spanningsroman Donker spoor.”

’n Hoërskoolmeisie se liggaam word ’n ent buite Durbanville ontdek. Wanneer die patoloog sien dat die meisie gehang is, onthou sy ’n soortgelyke geval.

Die middeljarige inspekteur Jan Magson volg saam met inspekteur Colin Menck die spoor: Hulle ondersoek die onderwyser met ’n verlede; hulle kaap “liefdesbriewe” wat klaarblyklik deur die moordenaar na die meisie se ouerhuis gepos word; hulle betrap ’n swembadskoonmaker wat hoërskoolmeisies afneem… Wie is verantwoordelik?

Die heeltyd is daar ook die donker spoor wat die kankerdood van Magson se vrou in hom agtergelaat het, sy stukkende verhouding met sy seun in Engeland en alleenaande saam met sy dienspistool.

Donker spoor is die gevolg van jare se navorsing. Martin Steyn het elke aspek van sy verhaal in detail bestudeer. Hy het al verskeie nie-fiksietekste gelewer vir publikasie in die VSA.

Hou die naam Martin Steyn dop!

mv05a

Vita teken ná die gesprek boeke.

mv05b

Martin teken ná die gesprek boeke.

mv03

Hier deel Martin en Carol Wright ’n ligte oomblik nadat sy vir hom ’n glasie Leopard’s Leap in die hand gestop het. Carol is die bestuurder van Wordsworth Books in die Somerset Mall.

mv10

Onthou asseblief om winkels te ondersteun wat ons ondersteun! Die boekbedryf het vriendelike winkels nodig.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Silwerrugjakkalse baklei by ’n karkas

Julie 23, 2014 in Uncategorized

Nota Bene: ‘n Slim vriend, Jan Moodie, het ‘n paar uur ná my bloginskrywing daarop gewys dat die Canis mesomelas in Afrikaans die rooijakkals genoem word, en nie die “silwerrugjakkals” soos ek dit hier gebruik het nie. Ek behou egter my inskrywing, juis omdat die “verkeerde” naam se gereeld voorkom. Maar nou weet ek ook.

Ons wou aasvoëls in Golden Gate afneem (sien hier). Dit het min in die sak gebring, maar ons was baie gelukkig om twee silwerrugjakkalse te kry by die karkas.

Kliek op die foto’s om hulle groter te maak.

j01

j02

Daar kom ’n uitdager aan… En toe waai die hare.

j03

j04

j05

j06

j07

j08

j09

j10

j11

Die eerste twee foto’s is geneem met ’n Canon 7D en Canon EF 300mm f/4L IS USM

Eerste foto: 1/500 f7.1 ISO400

Tweede foto: 1/400 f4 ISO125

Die res is geneem met ’n Canon 5DmkII en ’n Canon 70-200mm f2.8L USM + 1.4 aanpasser MkII.

Die bakleifoto’s het maar ‘n paar sekondes geduur. Hulle tegniese detail sien so daar uit: 1/500 f4.5 ISO400.

* * *

Ek het ’n paar jaar gelede ook ’n paar mooi foto’s van ’n silwerrugjakkals gekry, kliek hier.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Om aasvoëls te soek in die koue

Julie 21, 2014 in Uncategorized

Ons was ’n paar dae met verlof, na my ma toe, en natuurlik is die kameras saam.

Die tweede week van ons vakansie het ons in Kiara Lodge gebly – so halfpad tussen Clarens en Golden Gate.

My ma is ’n uitstekende fotograaf (sy het my geleer), so toe ons hoor dat daar ’n zebrakarkas lê in Golden Gate, moes ons die aasvoëls gaan probeer vind.

Ons het Sondagoggend gehoor van die ’n karkas en die middag daarheen gery, maar daar was geen aasvoëls nie.

Toe besluit ons om die volgende teen dagbreek by die karkas te wees, hopende om hulle honger mae en opwaartse lugstrome te benut. (Soos dit warmer word, styg die lug op.)

Maandagoggend kruip die twee van ons toe uit die bed.

vv1

Die probleem is dat dit vrek koud was. Teen die tyd dat ons, kort na dagbreek, in posisie was, wys my foon dat die temperatuur darem al gestyg het na -7 grade Celsius.

Ons het lank gewag voor die voëls nadergekom het. Op ’n stadium het twee baardaasvoëls ’n reccie gedoen, maar helaas, hulle het verbygehou.

Toe kom ’n kransaasvoël nader en gaan sit taamlik ver van die karkas af.

vv4

(Kliek op die foto om dit groter te maak)

Canon 7D; Canon EF 300mm f/4L IS USM, 1/500 f6.3 ISO250

Ná ’n tydjie het hy opgestyg, nuuskierig nader gevlieg en weg was hy.

vv3

(Kliek op die foto om dit groter te maak)

Canon 7D; Canon EF 300mm f/4L IS USM, 1/500 f4 ISO100

Gelukkig kon ek ’n klompie foto’s kry soos hy nadergekom het.

vv2

(Kliek op die foto om dit groter te maak)

Canon 7D; Canon EF 300mm f/4L IS USM, 1/640 f4 ISO100

Ongeveer ’n uur later het ek en my ma die skuiling verlaat om te sien of ons voëls gewaar. Ja, inderdaad. So vyf kilometer verder was ’n swerm voëls aan die sirkel om ’n vars karkas – op ’n plek waar dit nie bereikbaar was nie. Nou ja.

Kliek hier vir nog vakansiefoto’s.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Miskoek gooi

Julie 20, 2014 in Uncategorized

My knaap is baie goed met allerlei wapens in die kuberruim. Op die rekenaar en die iPad skiet en gons dit behoorlik, maar nou en dan kan pa hom darem in die veld kry.

Met die ware Jakob is hy ewe knap.

mis1

Teikenseleksie.

mis2

Mik.

mis3

Lanseer.

mis4

Kolskoot!

As julle wonder, dit is zebramis.

Hierdie foto’s is geneem in die in die Umgeni-Valleinatuurreservaat, net buite Howick in KZN.