Jy blaai in die argief vir 2014 Junie.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Isabella Niehaus se lang tafel met Niël Stemmet

Junie 29, 2014 in Uncategorized

Op Vrydag 27 Junie het die nimlike Isabella Niehaus ’n lang tafel gedek en gekook uit Niël Stemmet se resepteboeke. Soos dit ’n goeie kok betaam, was daar iets van haarself ook in elke gereg.

 a000 14 06 27 niel stemmet_331abs

Hieronder is span: Marinda Engelbrecht, van Kokkerdoorfaam, het gehelp kook; Pieter du Toit, van Cederberg Kelders, het vir die wyn gesorg; Niël se boeke was die begin van die maaltyd en Isabella was die chef.

 a00 14 06 27 niel stemmet_137abs marinda engelbrecht pieter du toit neil Isabella

Isabella woon langs die see. Haar gaste kon die natuur én haar kunssinnigheid geniet.

a01 14 06 27 niel stemmet_290abs

a02 14 06 27 niel stemmet_008abs

a03 14 06 27 niel stemmet_018abs

a04 14 06 27 niel stemmet_009abs

a05 14 06 27 niel stemmet_022abs

a06 14 06 27 niel stemmet_039abs

 b02 14 06 27 niel stemmet_004abs

Waar boeke en kos meng… Isabella se huis is vol boeke. Niemand kan ontken dat kos én boeke gevier word in hierdie huis nie.

 b05 14 06 27 niel stemmet_059abs

b04 14 06 27 niel stemmet_057abs

b01 14 06 27 niel stemmet_001abs

Tuis en Home het geskenkpakkies gegee vir al die gaste.

 b08 14 06 27 niel stemmet_038abs

Niël se boeke, sout+peper en agter+blad is deur LAPA uitgegee. Hulle is ook Engels beskikbaar as salt+pepper en back+page. Talle gaste het kopieë gekoop en laat teken. Niël het oral geselsies aangeknoop.

c01 14 06 27 niel stemmet_040abs

c02 14 06 27 niel stemmet_073abs

 c03 14 06 27 niel stemmet_099abs

Nelia Vivier het al oor Niël se erfenis+kos geskryf.

 c04 14 06 27 niel stemmet_125abs

Elize Parker was nog ’n baie bekende woordmens wat saamgeëet het.

c08 14 06 27 niel stemmet_262abs

c09 14 06 27 niel stemmet_267abs

 c13 14 06 27 niel stemmet_119abs

c05 14 06 27 niel stemmet_127abs

Niël het ook voorgelees uit sy boeke.

c10 14 06 27 niel stemmet_207abs

 c11 14 06 27 niel stemmet_356abs

Dit was ’n plesier om Isabella in aksie te sien.

 d01 14 06 27 niel stemmet_218abs

d07 14 06 27 niel stemmet_152abs

d08 14 06 27 niel stemmet_284abs

d02 14 06 27 niel stemmet_070abs

Sy het verskeie helpers gehad om die las ligter te maak.

 d05 14 06 27 niel stemmet_056abs

Hier is Edeline wat stil-stil orals is.

 d06 14 06 27 niel stemmet_232abs

d04 12 14 06 27 niel stemmet_053abs marinda engelbrecht

Die eerste gereg was smoorsnoekpakkies op oondgebakte patat met ’n botterroomsous, kardemom en natuurlike lemoensuiker.

e00 14 06 27 niel stemmet_197abs

 e01 14 06 27 niel stemmet_203abs

Daarna het ons pere gekry wat in wyn gekook is, bedien saam met wintergroente en ’n neuteslaai.

 e03 14 06 27 niel stemmet_272abs

Tamatieskenkels, heerlike, murgsagte skaapvleis: ons het, met Niël se toestemming, die bene met die hand gevat en elke krieseltjie afgekou.

 e04 14 06 27 niel stemmet_374abs

Die ete is afgesluit met malvapoeding en Isabella se tuisgemaakte mascarpone.

  e05 14 06 27 niel stemmet_401abs

Die wyn was voortreflik, al moes ons soms maar uitgooi in ’n emmertjie, want proe wou ons proe, maar bestuur moes ons bestuur.

f01 14 06 27 niel stemmet_083abs

 f04 14 06 27 niel stemmet_315abs

Cederberg Kelders is die hoogste wynlandgoed in die Wes-Kaap.

 f02 14 06 27 niel stemmet_170abs

David Nieuwoudt, van Cederberg Kelders, maak ook die wyn van Ghost Corner, ’n landgoed wat ’n entjie laer af geleë is.

 f05 14 06 27 niel stemmet_321abs

Pieter du Toit aan die uitdeel.

 f07 14 06 27 niel stemmet_217abs

’n Vinnige blaaskansie tussen geregte.

 g0114 06 27 niel stemmet_310abs

Profile photo of izakdv

by izakdv

80 gays around the world

Junie 25, 2014 in Uncategorized

 80b1

I chose this angle on purpose, the minaret in the background and Brent’s arm waving at the globe speak of suffering at the hands of intolerant people: Christians, Muslims, Hindus, Jews, Buddhists, Shinto’s, bigots and atheists…

 80b2

How do men who like men survive in places hostile to them? Brent Meersman went on a journey of discovery. He found sex; legal and illegal. He travelled through 18 countries on six continents.

80 gays around the world is an explicit travelogue. Some of it is fun, but there are sad stories as well, such as those of men who are forced into hetero marriages, needing then to find sexual fulfilment in dangerous places.

Mike Nicol said about this book: “These stories transcend the gay theme, they are about people making (or failing to make) their way in the world.  Their essential human condition is easy to feel and identify with.”

 80p2

Pieter-Dirk Uys is part of the collective, Missing Ink, that has published Brent’s book.

 80p1

Even when he is serious, Pieter can be very funny.

 80x1

The launch was held at Bibliophilia, 48 Albert Road in Woodstock. Xavier Nagel owns Bibliophilia. Xavier Nagel Agencies also distributes for Missing Ink.

 80801

Brent and Pieter were at the South African Book Fair as well, just follow this link and scroll down.

missing-ink-logo-300x251

Profile photo of izakdv

by izakdv

Pleisters vir die dooies: Ware transgressiewe letterkunde

Junie 25, 2014 in Uncategorized

’n Resensie van Pleisters vir die dooies in interteksslagmaat (1)

pleisters

Môreoggend gaan hy een vir een ’n groot klomp kinders by die skool skiet; een ná die ander.

Ek verwag iets ongeloofliks wanneer ek die sneller trek. Dit sal wees soos ’n moerse vuurwerkvertoning waar die vonke oopspat oor die donker.

Dwa! Dwa! Dwa!

Ek verwag dat bloed só sal oopspat teen die skoolmure. (bl. 8)

Die titel sê dit reeds: Hierdie boek gaan nie maklik wees nie. Pleisters help niks as daar ’n koeël deur jou kop is nie.

Dwa! Dwa! Dwa!

Ek verwag afgryse in die kinders se oë. Ek gaan kyk hoe hulle siele uit daardie selfde oë sypel.

Dit sal asemrowend wees. Ek weet dit net.

Asemrowend. (bl. 9)

Maar dit is môreoggend, eers as die skool begin. Vannag is sý nag. Hy wil eers ’n nag vol avontuur hê, want môre sal sy laaste wees.

Die ek-verteller sien homself as die verlosser. Hierdie wêreld het te veel seer. Hy gaan sekermaak dat hy ’n aantal mense uit hulle miserabele bestaan help. Hy word aangevuur deur iets in hom, iets soos ’n engel wat hom sterk maak, wat vir hom die moed gee.

Miskien is die swaartekrag sterker

Miskien is ek gemaak om te sterf

Maar as ek val, val ek soos ’n engel (2)

Sy pa suip, vertel stories oor die Grens en bliksem sy kinders.

Maak my groot en breek my

Maak my groot en breek my af

Dis ’n bose kringloop

en onder draai die duiwel rond (3)

Wanneer sy pa gesuip is, haal hy sy pistool uit en sê vir sy kinders hulle is slap, want hulle ken nie die Grens nie, hulle was nog nooit in ’n oorlog nie; dis Grens met ’n hoofletter.

Hier is hy 25

langs ’n tenk in die woestyn

waar jong soldate oud word

en leer van dood en pyn (4)

Interessant, die Grens is dus nog met ons, twintig jaar ná demokrasie. Ek het net die ander dag nog gesê dat mý generasie se grensverhale nie hierdie generasie aanspreek nie. Nou is hier ’n nuwe tipe Grensverhaal in Afrikaans.

Leer my om my kinders te vermoor

Leer my om alle liefde te versmoor

En onder draai die duiwel rond (5)

Vannag het hy die pistool gevat en albei die gelaaide magasyne. Daar is ook ’n spul ekstra koeëls, genoeg om ’n lang lys van sy skoolmaats te verlos van hierdie walglike wêreld. Hy gaan sy eie Grens oorsteek.

Vryheid!

Die novelle se motto kom uit Chuck Palahniuk se Fight Club (6):

This was freedom. Losing all hope was freedom.

Palahniuk, en ander wat soortgelyk skryf, noem die soort werk transgressiewe fiksie, dit beteken dat hulle karakters skep wat die taboes in ons samelewing uitleef.

Transgressive fiction authors write stories some are afraid to tell. Stories with taboo subjects, unique voices, shocking images – nothing safe or dry.

Daar is geen twyfel dat Fanie Viljoen se Pleisters vir die dooies volledig die gebied van transgressiewe fiksie betree nie. Gedurende die nag drink die hoofkarakter brandewyn en hy besoek ook ’n prostituut.

As ’n prossie met jou klaar is, is sy met jou klaar. Jy moet geen goue sterretjie op jou voorkop van haar verwag oor jou vaardigheid in die bed nie. (bl. 59)

Die prostituut raak kriewelrig as hy haar vertel hy gaan môre ’n klomp mense doodmaak. Sy ontbied hulp in die vorm van ’n baie groot Nigeriër wat die verteller kom aanrand.

Dit is maar een van die gevegte daardie nag. Die geweld wat hy ervaar, laat hom heel voel, dit maak nie saak hóé stukkend se lyf is nie. Dit laat hom dink aan ’n rekenaarspeletjie.

Sy duim beheer kontroles

wat ’n vliegtuig laat versnel

en hy lag soos net ’n kind kan lag

oor dié visioen van hel (7)

Die verteller word stukkend geslaan, hy skop ’n ander man byna dood en beland tussen ’n klomp demone in die begraafplaas, maar hy absorbeer die pyn – dit laat hom nóg sterker glo in die missie wat hy op homself geneem het.

Hy’s die meester van sy wêreld

Hy word ’n god, ’n generaal (8)

Sy innerlike engel loop al die pad met hom saam.

Hy’t ’n jas wat blink soos maanlig

Op die water van ’n meer

En vlerke wyd en witter

As ’n albatros se veer (9)

Vroeg in die storie kom die verteller op kransduiwe af wat vergiftig is. Hulle ly natuurlik en hy maak hulle almal dood, om hulle te verlos. Dan sny hy die vlerke af en neem dit met hom saam, want vlerke teen die maanlig is pragtig.

 

Transgressie nie apatie nie

Daar is niks eenvoudig of maklik aan hierdie novelle nie.

Fanie Viljoen se novelle is dun, slegs 140 bladsye lank, amper soos Albert Camus se L ‘Étranger (10) van 1942. Tog, al pleeg Mersault moord op die Algeryn, is daar min ooreenkomste tussen Camus en Viljoen se tekste.

Mersault is totaal apaties. Die moord word gepleeg sonder om daaroor te dink en ná die tyd is daar geen emosie of aanvaarding van skuld nie. Dit het maar net gebeur.

Die verteller in Viljoen se roman aanvaar die volle verantwoordelikheid vir sy dade. Hy maak selfs ’n video om te sorg dat almal, die ouers, die polisie en ook sy pa, later sal verstaan waarom hy bereid was om ’n massamoordenaar te wees.

Hy weier ook om sy pa te skiet, want dit sal te maklik wees. Hy wil sy pa laat leef met die wete dat dit sý geweer was en dat dit sý dronkpraatjies was wat uiteindelik gemaak het dat sy seun as die “verlosser” van sy vriende sou optree.

 

Daar is al oor geskryf, maar nie só nie

Ek het opsetlik Pleisters vir die dooies gelees teen erkende tekste in ons Afrikaanse musiekskat. Goeie woordkunstenaars soos Coenie de Villiers worstel ook met die vrae wat Fanie Viljoen vra, maar ek kan nie dink aan ’n enkele Afrikaanse teks wat soortgelyk aan hierdie een is nie.

Daar was Ryk van die rawe (11) deur Jaco Fouché wat ook handel oor ’n nag in die stad met ’n hoofkarakter wat allerlei soortgelyke goed beleef, maar Fouché se karakter was ’n deelnemer, nie een wat sy lewe opsetlik tot ’n punt wil bring nie. Ook in Richard de Nooy se Zacht als Staal (12), wat hier in Suid-Afrika te koop is as The big stick (13), is daar ’n passiewe reaksie op die eens aktiewe seun se lewe.

Blou trane (14), deur Daniella Day, is al ’n hele stappie nader, maar nog eens is die hoofkarakter ’n slagoffer, nie die een wat aktief soek na dit wat gebeur nie. (Lees gerus my onderhoud met Daniella hier.)

Koos Prinsloo se Slagplaas (15) dalk? Miskien al ’n stappie nader.

Eben Venter se boeke skuur ook dikwels, maar Fanie Viljoen neem hipperrealisme na ’n volgende vlak in hierdie teks.

Ek het in 2008 ’n kortverhaal gepubliseer met die titel “Transgressie” in Byna Liefde (16), maar ná ek en my redakteur lank daaroor gepraat het, moes ek dit afskaal, juis omdat die leser nog glad nie reg was vir die grense wat ek hulle wou laat oorsteek nie.

Fanie skop daardie Grens/grens in die leser se koppe aan flarde. Ons het hier ’n ware transgressiewe teks.

Ek salueer dit.

 

Jeugliteratuur?

’n Paar weke gelede het ek ’n aantal skrywers, waaronder Fanie Viljoen, gevra waar die grense tussen jeugliteratuur en jongvolwasseliteratuur lê? Sy antwoord was:

Die meeste tienerboeke in Suid-Afrika is gerig op ’n jonger tienermark, vir ouer tieners (jongvolwassenes) is boeke in Afrikaans so skaars soos hoendertande. Daar is nie juis boeke met byt vir hulle nie.

Hier is ’n boek met byt.

Dit is nie die eerste keer dat Fanie ’n boek skryf wat hard slaan nie. Met Breinbliksem (17) het hy in 2005 beide die Sanlam-prys vir Jeuglektuur én M.E.R-prys vir jeuglektuur gewen, tog moes talle skole hulle ouers laat toestemming gee dat boek gelees kon.

Maritha Snyman sê die volgende in ’n resensie van Breinbliksem:

Die boek verg oopkop lesers, beslis nie dié wat soos volstruise hulle koppe in die sand wegsteek nie. Dit belig ’n groep jong mense wat ons nie kan wegwens nie. Dis ’n boek wat die moontlikheid inhou om Afrikaanse tieners te oortuig dat daar Afrikaanse boeke is wat hulle kan uitdaag. As jy dapper is, koop die boek vir ’n tiener, lees dit self ook.

Ek moet sê: Pleisters vir die dooies neem Viljoen se werk ’n stap verder.

Pleisters vir dooies is ’n belangrike stuk letterkunde vir volwassenes van alle ouderdomme. Vir jong kinders is dit beslis nie, maar jong volwassenes in graad 11 en 12 sal mal wees hieroor, ook volwasse jonger lesers. (Die boek dra ’n waarskuwing van 17+.) Ek het klaar vir my meisiekind gesê sy moet dit lees.

Breinbliksem het dalk ’n susterteks in SA Partridge se uitstekende Sharp Edges (18), maar ek kan nie dink aan ’n ander Suid-Afrikaanse teks wat met Pleisters vir dooies kan vergelyk nie, hoewel Eben Venter se Wolf, wolf (19) sekere van die kwessies uitlig wat ons hier ook aantref.

 

Reg tot die einde toe

Maritha Snyman sê dat sy nie van Breinbliksem se einde gehou het nie.

Ek moet sê Pleisters vir die dooies se einde is presies soos dit moet wees. Ek wil niks weggee nie, maar die geboorte van ’n jong engeltjie/verlossertjie… Nee, lees self. Hou aan lees. Dis hard, dôners hard, maar dit is elke bloedkol werd.

 

Eindnotas

(1) Viljoen, Fanie. 2014. Pleisters vir die dooies. Pretoria: LAPA.

(2) “Die veldslag”. Woorde deur Stef Bos, vertaling deur Jannie du Toit, van Coenie de Villiers se album Zen

(3) “Sielswartgat” deur Fokofpolisiekar van hulle album Lugsteuring

(4) “Foto’s uit my album” deur Coenie de Villiers van sy album Ek wens

(5) “Sielswartgat” deur Fokofpolisiekar van hulle album Lugsteuring

(6) Chuck Palahniuk. 2005. Fight Club. New York: WW Norton.

(7) “Oorlog-oorlog” deur Coenie de Villiers van sy album Ek wens

(8) Ibid

(9) “Engel” deur Coenie de Villiers van sy album Zen

(10) Camus, Albert. 1942. L ‘Étranger. Parys: Gallimard.

(11) Fouché, Jaco. 1996. Die ryk van die rawe. Kaapstad:Queillerie.

(12) De Nooy, Richard. 2012. Zacht als Staal. Amsterdam: Nijgh & Van Ditmar.

(13) De Nooy, Richard. 2012. The big stick. Johannesburg: Jacana Media.

(14) Day, Daniella. Blou trane. Pretoria: LAPA.

(15) Prinsloo, Koos. 1993. Slagplaas. Kaapstad: Kaapstad.

(16) De Vries, Izak. 2008. Byna liefde. Kaapstad: Tafelberg.

(17) Viljoen, Fanie. 2005. Breinbliksem. Kaapstad: Tafelberg.

(18) Partridge, SA. 2013. Sharp Edges. Kaapstad: Human en Rousseau. Partridge verower die MER prys met hierdie boek in 2014.

(19) Venter, Eben. 2013. Wolf, wolf. Kaapstad: Tafelberg.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Balbesit

Junie 24, 2014 in Uncategorized

balbesit_bo

Kyk gerus na hierdie video op YouTube, dit is humoristies en eintlik ’n grap, maar dit gee jou ’n idee van hoe die verhoog lyk.

Balbesit is ’n belangrike drama, maar met my tong so effens in my kies wil ek sê ek weet nie hoekom nie.

Op ’n ernstiger noot, hier is ’n paar redes waarom iemand dit sal wil sien:

  • Dit gaan oor rugby
  • Dit gaan oor pa-seunverhoudings
  • Dit gaan oor manwees
  • Dit gaan man-vrouverhoudings
  • Dit gaan oor wit wees
  • Dit gaan oor bruin wees
  • Dit gaan oor swart wees
  • Dit gaan oor ras
  • Dit gaan oor rasseverhoudings
  • Dit gaan oor die voordeellyn
  • Dit gaan oor bloed
  • Dit gaan oor grond
  • Dit gaan oor taal
  • Dit gaan oor Facebook
  • Dit gaan oor Suid-Afrika

Die slimste van alles is dat dit ’n vrou is wat ons manlikheid kom oopkrap het. Ek het hierdie foto van Saartjie Botha so twee maande gelede geneem.

balbesit

Botha het die stuk gebaseer op die kommentare wat mense aanlyn lewer oor allerlei sake. Die meeste daarvan is anoniem, of weggesteek agter skuilname. Dit is hier, gesigloos en op ’n seepkissie, waar die ware Suid-Afrikaner kop uitsteek. (Die gesigloosheid word slim voorgestel op die verhoog. Gaan kyk.) Dit is op internetforums waar godsdiens (rugby), gode, God, Afrikaans, velkleur en balbesit bespreek word.

Uiteindelik word musiek (a capella en begelei met tjello- en vioolklanke), lynstane, skrums, die losgemaal, storte, grassny, verkragting, masturbasie, braaivleis, moord, politiek, wyn en bloed alles op een verhoog gemeng met humor, patos en blerrie oulike choreografie.

Dit ís ’n vreemde stuk, moenie iets soos Die wildsboudjie verwag nie. Maar gaan met ’n oop gemoed en wees bereid om vir jouself te lag. Daar is skreeusnaakse oomblikke, maar verwag ook om soms ’n traan of twee weg te sluk.

Veeltaligheid maak die stuk nóg interessanter.

Ek het heelwat oor die stuk gehoor, maar het opsetlik nie die afgelope week se koerantberigte gelees nie, en het ook besluit om nie Noami Meyer se onderhoud te lees vóór ek dit self gaan kyk het nie.

Ek is bly, want ek het oop daar ingegaan.

Vir diegene wat egter belangstel, hier is ’n paar skakels:

Ek is baie bly ek het dit gesien. Gaan heen en gaan geniet dit.

Die enigste alternatief is sokker op die kassie, wat ook maar oor balbesit gaan. Sokkerspelers is gewoonlik net simpel akteurs.

Balbesit vertel ons baie van onsself.

Profile photo of izakdv

by izakdv

’n Harde verhaal, diep uit die maag van monster

Junie 23, 2014 in Uncategorized

bloutrane

Koop dit by Kalahari.com

Ook as e-boek beskikbaar

Blou trane is grinterig. Dis kru. As julle terugdink aan Trainspotting, wel, hier is ’n boek oor die gatkant van die heroïenslaaf se lewe – in Afrikaans.

Dit word as dokumentêre fiksie bemark, deels omdat die outeur self ’n wals met dwelms gegooi het, maar gelukkig is hier ’n slim skrywer aan die stuur; die dokument word fiksie. Die fiksie dra die leser, niks sedelessies of handjiesklap oor die nege stappe nie.

Blou trane is minder filmies as Trainspotting, hoewel daar ’n paar tonele is wat … nou ja. Lees maar self.

Daniella Day skryf egter eerder oor die méns. Sy plaas haar karakters in situasies, die situasie is nie die belangrikste element in die boek nie. Ek dink dis ’n ma-ding. Irvin Wells se totaal onverstaanbare Skotse Engels was gemik om visuele drogbeelde. Hierdie drogbeelde kom in Blou trane ook voor, maar dit is ’n meer menslike werk – hoewel steeds nie vir sensitiewe lesers nie.

Blou trane is dus baie anders as Trainspotting. Gelukkig. Dit is ’n eiesoortige verhaal, ’n ondersoek na die karakter van die verslaafde. Daniella Day het besef dat sy gelukkig was om redelik ongeskonde uit haar dwelmtog te kom; nie almal kan dieselfde sê nie. Die probleem is dat diegene wat erger goed beleef as Daniella, dikwels nie meer die vermoë het om daaroor te skryf nie.

Ek, en baie ander, het al magteloos toegekyk hoe vriende keer op keer hulleself verloor en elke keer dieper in die donker gat van verslawing in dôner.

Toe Blou trane op my tafel beland, was ek aanvanklik skepties. Nóg ’n boek? Ek was regtig nie lus daarvoor nie. Amper almal wat al ooit in rehab was, het al ’n boek geskryf. Dis immers deel van die terapie. Gelukkig is dié een veel eerder ’n spanningsroman, dit is beslis nie ’n nog ’n boek wat sê: “Oe, luister na mý storie!” nie.

Ek het ’n paar gesprekke met Daniella gehad en deel dit graag met julle. (’n Mens spreek haar naam uit Da’NIEL’ja).

* * *

IdV: Daniella, Marlene van Niekerk sê altyd vir skrywers hulle moet wegskryf van hulleself. Jy het. Lisa, die hoofkarakter is nie jy nie? Is ek reg?

DD: Dis aanvanklik outobiografies, maar later bly ek (Daniella) agter en leef myself volkome in Lisa, ’n dwelmverslaafde, se lewe in. Dit was beslis nie maklik nie – ek sukkel egter om objektief te bly wanneer ek skryf en voor ek myself kom kry, drink ek koffie saam met my karakters. Gedurende die skryf van Blou trane het ek gevoel wat Lisa gevoel het en self ’n hele paar blou trane gehuil.

IdV: Toe ons die ander dag gesels het, was jy baie openlik daaroor dat die meeste rehabboeke maar “boring” is – jou woord. Ek stem saam. Maar toe gaan skryf jy ook ’n boek ná jy in rehab was?

DD: Gordon Dryden het gesê “an idea is a new combination of old elements.” Ek hoop dit beantwoord jou vraag.

IdV: Gelukkig is hier nie ’n enkele sedeprekie in die boek nie. Net seks en drugs en seerkry…

DD: Ek skryf definitief nie omdat ek wil preek en ander mense wil oortuig om beter mense te wees nie. Ek skryf, want ek is verslaaf aan skryf. Ek kry onttrekkingsimptome as ek nie pen en papier het nie en dan sal ek my gedagtes op sms’e “save”. Ek kan net nie anders as om te skryf nie, maar as iemand iets kan wys raak, en insig kry deur my stories, te lees – great! Ek glo dat as daar ’n boek is wat ek baie graag wil lees en dis nog nie geskryf nie, moet ek dit skryf.

IdV: So ’n rukkie terug het ek ’n aantal skrywers uitgevra oor literatuur vir jong volwassenes wat verskil van kinder-en-jeugboeke. Wanneer ’n mens vir lesers van sestien en ouer skryf, mag jy veel meer waag, was hulle antwoord. Watter ouderdomsgroep het jy in gedagte gehad toe jy Blou trane geskryf het?

DD: Terwyl ek Blou trane geskryf het, het ek mense tussen die ouderdom van agtien en sestig in gedagte gehad. Omdat ek self ’n ma is, sal ek nie wil hê my kind moet die boek lees voor die ouderdom van agtien nie, maar bygesê vandag se jeug is ongelooflik ryp. Mense ouer as sestig moet asseblief ook nie die boek lees nie – ek wil nie verantwoordelik wees vir hulle hartaanvalle nie.

IdV: Dié boek is nie vir sissies nie. Daar is kru taal en harde tonele van seks en swaarkry in die teks. Lisa spin al die pad onder toe en beleef verskriklike goed. Hoekom het jy dit vir haar moeiliker gemaak as vir jou?

DD: Dit moes aan die werklikheid grens, daarom is die taalgebruik baie eg aan ’n dwelmverslaafde se taalgebruik. My eie storie was egter te boring – my verbeelding moes ingryp. Dagga is nie ’n harde dwelm nie en soos jy self gesê het, het die meeste mense ten minste al een keer dagga gerook. ’n Storie oor daggaverslaafdes sou nie werk nie en dis waarom die verhaal oor ’n heroïenverslaafde handel en ongelukkig beleef heroïenverslaafdes verskriklike goed en eindig die meeste van hulle se lewens soos Lisa s’n.

IdV: Ek het netnou genoem dat jy weggeskryf het van jouself, maar ek is bewus daarvan dat jou ma baie ontsteld is oor die boek. Ek vra dit, want ander skrywers moet ook hulle ma’s in die oë kyk. Hoe hanteer jý dit?

DD: Ek was van dag een af eerlik met my ma en gelukkig ken my ma my beter as enige iemand. Sy weet ek is nie Lisa nie. Sy is egter baie ontsteld oor die taalgebruik, maar sy verstaan dat die boek met ’n goeie doel geskryf is, al preek ek nie, dink ek skok ek genoeg, sodat dit ’n impak op mense se keuses kan maak. Ek hoop so.

IdV: Jou uitgewers het besluit om die boek dokumentêre fiksie te noem. Hoe voel jý oor hierdie etiket?

DD: Dit is wat dit is – ’n dokumentêre fiksie en ek voel heel gemaklik oor hierdie etiket.

IdV: In rehab het jy mense ontmoet wat al ver geval het. Kon hulle vir jou die nodige materiaal gee om die storie klaar te maak, of moes jy nog navorsing doen toe jy uit die stelsel is?

DD: Baie van die mense se karaktereienskappe, selfsug en manier van praat kom te vore in die boek. Ek het baie navorsing gedoen, maar die einde was vir my baie moeilik om te skryf. Ek het lank daaroor gedink en dit seker tien keer herskryf, maar op die einde het ek almal se voorstelle om my geïgnoreer en besluit hierdie storie gaan ek anders eindig.

IdV: Nou vir ’n baie persoonlike vraag, wat jy mag weier: Jou hoofkarakter gebruik redelik baie verskillende dwelms. As ek reg lees, was jy egter vir daggaverwanteredes in rehab. Die meeste van ons het al ’n slag dagga probeer; hoekom moes jy rehab doen?

DD: In my geval was dit meer stoutigheid en nuuskierigheid as om te ontsnap uit my omstandighede. Ek het “magic mushrooms”, mandrax en ecstacy slegs eenkeer gebruik uit nuuskierigheid – nie alles op een slag nie. Ek het dagga ’n paar maal in die studentehuis gerook. Toe my ma uitvind daarvan, het sy my by die rehabilitasiesentrum gaan inboek. Ek dink dit was meer om my skrik te maak. Ek was opgeneem vir die gebruik van dagga. Of so het ek gedink, want ná die urientoets het ek tot my skok en ontsteltenis besef die dwelmhandelaar het die dagga al die tyd met sedasiemiddels gemeng.

IdV: Nog ’n persoonlike vraag: Is jy nou skoon?

DD: Ek is al vir langer as vyf jaar skoon, ek is immers nou ’n mamma. Ek is baie gelukkig en ek kry die beste “high” as ek my kind sien lag of as my man vir my sy “lovesongs” sing.

IdV: Ek verstaan wel dat jy jou lus vir skryf ’n “verslawing” noem. Gaan ons nog ’n paar boeke uit jou pen sien? (Ek sou bitter graag ’n moerse lekker spanningroman wou sien wat afspeel teen die wêreld van dwelmbase en prostitute.)

DD: Beslis, ek is tans besig met die beplanning vir nog ’n storie.

IdV: Hoe het jy gevoel toe jy Blou trane die eerste vashou?

DD: Amazing! En ’n klein bietjie bang, want nou kan my skoonma en my ouma die boek gaan koop.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Boomslang in Kirstenbosch

Junie 16, 2014 in Uncategorized

We walked the Boomslang in Kirstenbosch today.

Ons het vandag die Boomslang in Kirstenbosch gaan stap.

 14 06 16 kbos boomslang_002abs

The start is in the enchanted forest.

Die begin is in die magiese woud.

 14 06 16 kbos boomslang_003abs

On the Boomslang.

Op die Boomslang.

 14 06 16 kbos boomslang_017abs

Elma I

 14 06 16 kbos boomslang_021abs

Claremont from the top.

Claremont van bo af.

 14 06 16 kbos boomslang_022abs

Giant aloes are at eye-height at the top.

Reusealwyne is ooghoogte op die platform.

 14 06 16 kbos boomslang_030abs

Elma II

 14 06 16 kbos boomslang_032abs

Seen from below I

Van onder gesien I

 14 06 16 kbos boomslang_040abs

Seen from below II

Van onder gesien II

 14 06 16 kbos boomslang_042abs

Just because Kirstenbosch is beautiful.

Net omdat Kirstenbosch pragtig is.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Die Suid-Afrikaanse Boekebeurs Dag 3

Junie 16, 2014 in Uncategorized

 14 06 16 book fair_090ctbf3

Marius Swart, Michiel Heyns en Leon de Kock praat oor die vertaling van literêre werk.

 14 06 16 book fair_065ctbf3

Proteas vir Protea Boekhuis se stalletjie. Ek het die boek Hoekom moet ek dit doen? daar gaan koop, want Izak is ’n karakter daarin – en dit is regtig my naam wat daarin gebruik is. Ek sal later ’n resensie skryf.

 14 06 16 book fair_059ctbf3

Oud en jonk was mal oor Babalela.

 14 06 16 book fair_076ctbf3

Hierdie feetjie het dit amper reg gekry om cuter te wees as Babalela. Hulle was onmiddellik mal oor mekaar.

 14 06 16 book fair_052ctbf3

Sonja Kruse (http://www.theubuntugirl.co.za/) gesels oor haar reis.

 14 06 16 book fair_049bwctbf3

Günther Komnick, uitsonderlike fotograaf en grafiese ontwerper in sy stalletjie. Ek het besluit om dié een swart en wit te maak, want Günther se swart-en-wit-werk uit die sestigs is kleinnode.

 14 06 16 book fair_047ctbf3

Waarvan hou jy? Mense het die titels van hulle gunstelingboeke hier kom opplak.

 14 06 16 book fair_042ctbf3

Thando Mgqolozana, die outeur van Hear me alone.

 14 06 16 book fair_035ctbf3

So, a girl walks into a bar…then there is sex… then she walks into a wedding… and there is more sex… en dan moet julle self verder lees. Helen Moffet en Karina Brink het gepraat oor seks, feminisme, die geletterdheid van die lyf, penisringe, lekker kos, kroeë, belasting… Dit was een die mees genotvolle praatjies op die beurs. Die boeke is A girl walks into a bar en A girl walks into a wedding. Helena S. Paige bestaan uit Helen Moffet, Sarah Lotz en Paige Nick. (Het ek gesê daar is oor seks gepraat?)

 14 06 16 book fair_025ctbf3

Erika Lourens is die kookwaterbibliotekaresse by die Laerskool Eikestad. Sy het kom inloer om boeke te soek vir haar biblioteek.

 14 06 16 book fair_019ctbf3

Marie Henning en Erika Lourens

 14 06 16 book fair_012ctbf3

Charlie Human, Lauren Beukes en Diane Awerbuck in gesprek.

 14 06 16 book fair_005ctbf3

Davey du Plessis, die outeur van Choosing to live, lees voor uit sy boek oor sy avonture in die Amazone.

 14 06 16 book fair_004ctbf3

Melissa Siebert, outeur van The Garden of Dreams praat met Jonathan Amid oor kinderhandel.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Die Suid-Afrikaanse Boekebeurs Dag 2

Junie 15, 2014 in Uncategorized

 14 06 13 book fair_001ctbf2

Marthie Maré, die outeur van Legkaart van jou gesig, verduidelik aan iemand wat haar wenkbroue van haar verklap.

14 06 13 book fair_008ctbf2

Die boekebeurs is vir almal.

 14 06 13 book fair_011ctbf2

Marieta Nel, skolebestuurder by LAPA uitgewers, gesels met ’n kliënt.

 14 06 13 book fair_012ctbf2

There is Wally!

 14 06 13 book fair_041ctbf2

Steve Hofmeyer en Deon Meyer in gesprek. Deon het die opmerking gemaak dat die Afrikaanse letterkunde ’n huis vol leë kamers was aan die einde van apartheid, vandag is al daardie kamers gevul, al die genres van oorsese letterkundes word dus vandag in Suid-Afrika ook aangetref. Steve het toe gesê met musiek is dit dieselfde. Die nuwe Suid-Afrika was die beste ding wat met musiek kon gebeur.

 14 06 13 book fair_051ctbf2

Ook die opvoedkundige uitgewers is druk besoek. Hier is The answer series se stalletjie.

 14 06 13 book fair_055ctbf2

Pan MacMillan se stalletjie. As julle terugblaai na my inskrywing Agter die skerms by die Suid-Afrikaanse Boekebeurs, sal julle sien hoe mense ’n stalletjie swart verf, wel, hier is die finale produk.

14 06 13 book fair_061ctbf2

Die kinderspeelplek is druk besoek.

 14 06 13 book fair_068ctbf2

Die toekoms van lees… Hierdie kaboutertjies het presies geweet hoe om e-lesers te navigeer en het met aandag gelees.

 14 06 13 book fair_074ctbf2

Een van die interessantste en snaakste praatjies, Elsa Winckler, Jacolet van den Berg en Kristel Loots het die gehoor laat skater met staaltjies oor die skryfproses. Liefdesverhale bly die gewildste leesstof wêreldwyd. Chanette Paul was die gespreksleier.

14 06 13 book fair_079ctbf2

Franci Vosloo, ’n navorser in vertaalkunde, Ilse Carla Groenwald, die vertaler van die  Afrikamasutra, en Phumzile Simelane Kalumba, die outeur van Jabulani means Rejoice – A Dictionary of Names amd Meanings, in gesprek.

 14 06 13 book fair_082ctbf2

Hierdie kabouter het ons harte gesteel.

 14 06 13 book fair_095ctbf2

Michiel Heyns en Andrew Brown in gesprek. Hulle het gesels oor wat krimiskrywers aan hulle karakters doen. Die gehoor het hulle verkneukel aan die humor.

 14 06 13 book fair_102ctbf2

Ken McGillivray, Maya Fowler en Peter Merrington verduidelik die rol van redakteurs aan outeurs wat hulle eie boeke wil uitgee.

 14 06 13 book fair_103ctbf2

Corné Janse van Rensburg, van die Professional Editors’ Group, het stil-stil ’n baie groot deel van die program by die Suid-Afrikaanse Boekebeurs gereël.

 14 06 13 book fair_108ctbf2

G.J. dut Toit (links), ’n spesialissetter van regsdokumente, se stalletjie is nogal in die kol.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Die Suid-Afrikaanse Boekebeurs Dag 1

Junie 14, 2014 in Uncategorized

ctbfd010001

ctbfd010002

LAPA uitgewers, met die logo wat ’n stalletjie geword het.

 ctbfd010003

Wordsworth Books

 ctbfd010004

Xavier Nagel van Xavier Nagel Agencies

 ctbfd010005

Nasou Via Afrika dink beslis die toekoms is digitaal.

 ctbfd010006

Penguin / Random House se groot stalletjie

 ctbfd010008

Die kinderafdeling – net voor die kabouters ingeval het.

 ctbfd010007

Daar is ’n enorme Chinese kontingent by die Boekebeurs.

ctbfd010010

 ctbfd010009

Wendy Maartens het die kinders aan haar lippe laat hang.

 ctbfd010011

Eldridge Jason, van Gerook, was ’n baie groot treffer by die jongspan.

 ctbfd010012

Nanette van Rooyen, van Ek was hier, het ook die jong span betower met haar idees oor graffiti.

 ctbfd010013

Jonathan Amid (links) het gesels met Mike Nicol, Chanette Paul en Michael Sears (die een helfte van die skrywersduo Michael Stanley) oor spanningsverhale.

 ctbfd010014

Niël Stemmet, van agter+blad, saam met Hendri Warricker, bemarkingsbestuurder by LAPA.

ctbfd010015

Brent Meersman, die skrywer van 80 gays around the world.

 ctbfd010016

Pieter-Dirk Uys het ’n onderhoud gevoer met Brent Meersman, die skrywer van 80 gays around the world.

 ctbfd010017

Malene Breytenbach, Kristel Loots, Wilna Adriaanse en Karin Brynard, vier groot vrouskrywers in gesprek met Elna van der Merwe van die Huisgenoot.

 ctbfd010018

ctbfd010019

Steve Hofmeyr het die gehoor in die palm van sy hand gehad terwyl hy gesels het oor en voorgelees het uit Laaste dans, Drienie.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Agter die skerms by die Suid-Afrikaanse Boekebeurs

Junie 12, 2014 in Uncategorized

Ons bou stalletjies sodat julle kan pret hê.

Suid-Afrikaanse Boekebeurs, 13 – 15 Junie, Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum.

ctbf0001

ctbf0002

ctbf0003

ctbf0004

ctbf0005