Jy blaai in die argief vir 2014 Mei.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Derick van der Walt: Direkte en indirekte sensuur

Mei 27, 2014 in Uncategorized

dvw

Derick van der Walt is ongetwyfeld een van die NAME in ons jeugboekwêreld. Hy het al ’n Goue én ’n Silwer toekenning gekry in die Sanlam-prys vir jeuglektuur en was ook al die wenner van die M.E.R.-Prys vir jeuglektuur.

Gelukkig het hy al heelwat meer oor die probleem rondom Fiksie vir Jong Volwassenes gewonder as ek. Derick het naamlik twee jaar gelede sy Meestergraad by Tukkies verwerf oor presies hierdie vraag.

In ons gesprek vooraf, sê hy vir my: “Dis my pet issue in die lewe en ek het nie eintlik issues nie. Die jeugboek wat so vlak gekyk word en almal staan langs die Liewe Heksie-omnibus in die boekwinkel.”

Hy het my vrae só beantwoord:

Daar is ’n  verskil tussen kinderlitaratuur en jeugliteratuur. En dan: In die VSA word geredelik van Young Adult Literarture gepraat. Ons is meer geneig te praat van jeuglit as jongvolwasselit. Is dit ’n leemte?

Myns insiens is vernuwende denke oor die ouer jeugboek nodig. Die kinder- en jeugboek word steeds as genre binne die Afrikaanse literatuur as onbeduidend beskou. Redes, soos die posisie wat dit oor dekades van leidende figure in die wêreld van die jeugboek ontvang het (invloedryke persone vanuit onderwys- en biblioteekgeledere), het daarvan ’n kommoditeit gemaak wat op ’n bepaalde wyse geklassifiseer, bemark en gelees word en ’n spesifieke plek binne die boekwinkel het.

Kinder- en jeugboeke word daarom in Suid-Afrika steeds baie formeel geklassifiseer in terme van wie die waarskynlike leser is. Dit word veral vir bemarkingsdoeleindes gedoen en om leiding aan boekwinkels en kopers te gee oor “waar die boek in die mark lê”.

Die ouer jeugboek binne die kinder- en jeugboek-genre, boeke wat op adolessentelesers en ouer gemik is, is ’n besonder vae kategorie en min aandag is tot dusver deur rolspelers hieraan gegee. Die nuanses in die sogenaamde jeugboekmark word maar slegs in ’n beperkte mate deur uitgewers en ander rolspelers erken, en alle boeke vir lesers ouer as 12 jaar word gemaklik in die “jeugboekmandjie” verpak – met dikwels negatiewe gevolge vir die skrywers van hierdie boeke. Hulle land, met enkele uitsonderings, in die boekwinkels tussen die veelkleurige prenteboeke vir kleuters en die Liewe Heksie-omnibus waar hulle dikwels nie hoort nie.

Ek is absoluut oortuig dat ons ’n handvol Afrikaanse (en Engelse) “jeugboeke” het wat baie gemaklik binne die Young Adult-genre, of kom ons noem dit Fiksie vir Jong Volwassenes (FJV), kan val. Baie van dié boeke word dikwels deur konserwatiewe en invloedryke hekwagters binne die jeugboekwêreld verontagsaam. Hierdie persone besluit vanweë rolle, soos hulle verbondenheid aan voorskryfkomitees, watter boeke as geskik vir adolessente beskou word. Weens “omstrede” kwessies word baie van dié boeke nie as geskik beskou nie.

Dié boeke word gevolglik van jonger lesers weerhou of slegs selektief aan hulle beskikbaar gestel. Hulle verdwyn daarom maklik sonder enige erkenning in die vergetelheid en haal nie die verkoopsyfers wat hulle verdien nie. Ek is daarvan oortuig dat baie volwasse lesers hierdie boeke ook sal lees as dit op ’n ander manier aan hulle bemark word.

Ander redes wat die ontwikkeling van die Afrikaanse jeugboek myns insiens strem, is maar steeds die gebrekkige status van die jeugboekskrywer en die rol wat direkte en indirekte sensuur, soos hier bo genoem, op die ontwikkeling van die jeugboek, veral die ouer jeugboek het. Die jeugboekskrywer neig daarom om “veilig” te skryf met dáái geelwortel in gedagte: Die voorgeskrewe boek.

Ek wil herhaal dat daar báie konserwatiewe hekwagters is wat dink kinders van 15 jaar + weet niks (of behoort nie te weet nie) van die bytjies en die blommetjies en substansiële substansies nie. As ouer verstaan ek dit natuurlik heeltemal, maar dis bloot naïef en weerhou ouer jongmense van goeie boeke wat werklik tot hulle wêreld spreek.

FJV het volgens kenners in Amerika besondere waarde omdat dit fiksie aan jongmense beskikbaar stel waarmee hulle kan identifiseer en wat hulle leefwêreld weerspieël. Die boeke lewer ’n groot bydrae om jongmense te laat lees of aan die lees te hou.

Ek glo dat innoverende bemarkingsdenke kan help om die status van die ouer jeugboek te verhoog. Die aard van FJV behoort groter publisiteit te ontvang en die feit dat dié boeke van die tradisionele jeugboek verskil (daarom soms hulle omstrede aard), behoort wyer erkenning te kry. Boeke word ook soms in Amerika met twee verskillende omslae uitgegee, een gemik op jong mense en een op volwasse lesers.

Die plek op die rak in die boekwinkel en die biblioteek vir die ouer jeugboek moet herbedink word, glo ek.

Daarom is die onderstaande onderskeidings vloeibaar en daar is meningsverskil in die bedryf daaroor. Natuurlik werk lesers en boeke nie só nie, maar ek begryp dat dit ’n bemarkingsrol te speel het.

Kinderliteratuur: Fiksie vir kinders tot sowat 12 jaar.

Jeugliteratuur: Fiksie vir kinders ouer as 12.

FJV: Fiksie spesifiek bedoel vir ouer adolessente (lesers van sowat 15 jaar en ouer, en jong volwassenes)

Oorkruisliteratuur: Fiksie wat deur beide jeugdiges en volwassenes gelees word. Daar is reeds heelwat Afrikaanse boeke wat ook in dié kategorie sal tuis wees.

Om vir hierdie mark te skryf is bitter moeilik. Hoekom doen jy dit?

Nie die vaagste benul nie. Ek het nooit beplan om “jeugfiksie” te skryf nie. Dit het net oornag gebeur. Ek het drie seuns deur die huis gesien en ek dink ek verstaan tieners se koppe. Dit het waarskynlik ’n rol gespeel.

Maar die vyf jaar op hoërskool is wel ’n angswekkende tyd. Jy moet uitvind wie jy is. Gaan jy die koekie of die clown in hierdie lewe wees? En jy kom agter vry is lekker. Gaan jy saam met iemand in die bed spring?

Jy word toegegooi onder skoolwerk en ander verpligtinge, jy kom agter jou ma en pa is toe nie noodwendig die oulikste mense op aarde nie en jy moet nog besluit wat jy die res van jou lewe gaan aanvang. Skrikwekkend, en dit binne die bestek van net vyf jaar. Hoe op aarde oorleef ’n mens dit?

Tog dink ek nie ’n mens skryf anders vir jonger lesers as wat jy vir ouer lesers skryf nie. Die ouderdom van my karakters en dié van die mense wat dit lees, is vir my bloot toevallig. Ek dink nie daaroor nie.

As ons nou van jong volwassenes praat: Watter drie jongvolwasselitboeke sal jy aanbeveel?

’n Boek wat ek meen as FJV geklassifiseer behoort te word, hoef nie noodwendig “omstrede” te wees nie en baie is nie. Hulle verdien dalk net ’n ander bemarkingsaanslag aan ’n wyer gehoor. Hierdie is almal uitstekende boeke waarvan dalk net een of twee die verkoopsyfers gehaal het wat hulle verdien. Van hulle word as “omstrede” beskou. Daar is nog heelwat boeke wat ek hier kon insluit. Hierdie is ’n handvol van my (Afrikaanse) gunstelinge.

Fanie Viljoen se BreinBliksem (Tafelberg, 2006)

Carina Diedericks-Hugo se Die verdrinking van Josua van Eden (Umuzi, 2008)

Francois Bloemhof se Nie vir kinders nie (Tafelberg, 2006)

Jackie Nagtegaal se Daar’s vis in die punch (Tafelberg, 2002)

* * *

Nota van Izak: Hier is ’n resensie wat ek vyf jaar gelede oor Die verdrinking van Josua van Eden geskryf het. Intussen het ek heelwat geleer, maar julle sal sien die vrae bly nog ongeveer dieselfde.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Marita van der Vyver: a rose by any other name…

Mei 27, 2014 in Uncategorized

marita_280

Foto deur Naomi Bruwer van LitNet

Marita van der Vyver is een van die bekendste skrywers in Afrikaans. Haar boeke vir volwassenes is uiters gewild, tog verkoop haar jeugboeke veel meer, kliek hier vir ’n lys van haar publikasies. Daar is ’n nuwe jeugboek, Swemlesse vir ‘n meermin, op pad. Sy het ook al ’n aantal kinderboeke geskryf, en haar nuutste, Die coolste ouma op aarde, verskyn in Oktober by LAPA.

Ek het hierdie übercool skrywer gevang terwyl sy op reis in die Franse platteland was. Danksy selfoontegnologie kan ons nou haar insigte ook te lese kry.

In die VSA word #IreadYA-week gevier. Ons is meer geneig te praat van jeuglit as jongvolwasselit. Is dit ’n leemte?

Maak nie vir my saak of dit jeugboeke of jongvolwasse genoem word nie, a rose by any other name…

Om vir hierdie mark te skryf is bitter moeilik. Hoekom doen jy dit?

Om in voeling te bly met die ewige 16-jarige in myself. En die afgelope 20 jaar ook om in voeling te bly met my kinders en stiefkinders.

Daar is ’n verskil tussen kinderlitaratuur en jeugliteratuur. Wil jy verduidelik hoe jy dit sien?

Ek glo jy kan enigiets sê, maar in kinderboeke moet jy dinge versigtiger sê as in jeugboeke – en in jeugboeke moet jy dinge weer versigtiger sê as in volwasse boeke. Dis maar my baie basiese onderskeid.

As ons nou van jong volwassenes praat: Watter drie jongvolwasselitboeke sal jy aanbeveel?

Waarlik goeie jeuglit kan ook deur volwasse lesers waardeer word. Dis die litmustoets. My goue gunsteling is steeds JD Salinger se The Catcher in the Rye. ‘n Meer aktuele voorbeeld is John Green se The Fault in our Stars, wat ek pas gelees het nadat my 14-jarige dogter mal was daaroor. Wat ek verder sal  aanbeveel – hoe dan nou anders! – is my eie volgende jeugboek, Swemlesse vir ‘n meermin wat vroeg volgende jaar uitgegee word…

Profile photo of izakdv

by izakdv

Maretha Maartens: eerste uitdraaipad na links, twee kilometer noord van Kleuterland

Mei 26, 2014 in Uncategorized

500px .Maretha met TOM

Foto verskaf deur die outeur

 Maretha Maartens beskryf haarself as ’n dinosourus toe ek haar vra om ook kommentaar te lewer.

Ek sou dink dat daar beter beskrywings is, maar daar is geen twyfel nie dat sy een van Afrikaans se langsdienende skrywers is. Sy het verskeie kinderboeke, jeugboeke en jongvolwassetekste geskryf, en dan is daar romans en dramas vir volwassenes, bo en behalwe al die joernalistieke werk wat sy al gedoen het.

Ek was baie dankbaar toe sy ’n tydjie kon afknyp om my vrae te beantwoord.

In die VSA word #IreadYA-week gevier. Ons is meer geneig te praat van jeuglit as jongvolwasselit. Is dit ’n leemte?

Vir opspoorbaarheid in boekwinkels (anders as in die elektroniese media) is dit ‘n leemte. Betree die deursnee Suid-Afrikaanse boekwinkel vir ‘n ervaring van afwaartse gradering. Aan kleuter-, kinder- en tienerboeke word ruimte in dalende orde van belangrikheid toegeken: groot, kleurvolle en uitnodigende uitstalling van kleuterboeke, saaklike uitstalling van boeke vir agt- tot twaalfjariges en oorskietruimte vir tienerboeke, want “hulle lees mos nie meer nie.”

Of 10% van alle boekwinkels in Suid-Afrika ‘n sigbare komnaderruimte vir jongvolwasselit het, is ‘n ope vraag. Jongvolwasselit (vir 16-plussers) is nòg ‘n boekbekendstallingsgebeurtenis, nòg ‘n moet-hê produk.

Die bose sirkel van clichés, boekvervreemding, groeiende gelatenheid, onkunde, apatie, hemelhoë boekpryse, as gevolg van klein drukoplae, en boeklees as mindere praktyk in die lewe van jongvolwassenes, het wel ‘n beginpunt, te wete persepsie.

Was ons besig met ‘n teologiese gesprek, sou ons die term, “volhardende geloof” – ’n lewensbepalende keuse – ook bygebring het.

Ek dink ons praat hier van twee dinge: ‘n persepsie van kinder-, tiener- en jongvolwasselit as beginpunt en volhardende geloof in die boekwaardigheid van die drie kategorieë.

Om vir hierdie mark te skryf is bitter moeilik. Hoekom doen jy dit?

In die bose kringloop wat onder andere in die uitgewersbedryf en handel ontstaan het, het die skrywers van kinder-, tiener- en jongvolwasselit volhardende geloof in die boekwaardigheid van al drie kategorieë (soos in die menswaardigheid van mense in al drie kategorieë) behou. So skryf hulle dan ook voort, die ou persepsie van lees as een van die lekkerste, mees insiggewende, mees vormende, mees ontvlugtende aktiwiteite van menswees onvernietigbaar behoue in hulle. So het hulle grootgeword. So het hulle die mense geword wat hulle is. Hulle wil vir hulle eie kinders en kleinkinders, die bure se kinders en kleinkinders, die painter wat dalk nie graad 10 agter sy naam kan skryf nie, die voedingskema-kind, die jongvolwassene wat saans na ‘n bende- en misdaadgeteisterde plek in Gauteng, Mangaung of in die Kaap, terugkeer, iets onvernietigbaars gee.

So kom hulle by die uitgewer aan: Hier staan ek met die manuskrip van ‘n kinder-, tiener- of jongvolwassestorie in my hand, Uitgewer. Ek kan nie anders nie, want die stede van kind-, tiener- en jongvolwassewees (eerste uitdraaipad na links, twee kilometer noord van Kleuterland) bestaan nog, and people are living there. As skrywer ontmoet ek baie mense daar. Wanneer die coolgeit en die tegnologie afgeskraap raak, kom ons by ‘n stratum uit wat ons dalk nie verwag het nie. Dit is dan dieselfde as die een waarin ons, die dinosourusse, was toe ons tieners en jongvolwassenes en kiddies was.

Nuut en verbysterend is die openbaring nie. Al waaroor dit gaan, is vyf woorde: Ons het mekaar almal nodig. Solank elke rolspeler nie ‘n groot ding hiervan maak en bly maak nie, gaan die volgende bly taan:

  • die verkope van dié boeke in die handel;
  • die publikasie daarvan deur uitgewers;
  • die wete dat hulle saak maak en dat boeke vir hulle geskep word by die drie teikengroepe;
  • en optimisme by die skrywers.

Ek skryf dus – toenemend minder optimisties – omdat ek in volhardende geloof in die boekwaardigheid van boeke vir kinders, tieners en jongvolwassene glo, soos in hulle menswaardigheid.

Daar is ’n verskil tussen kinderlitaratuur en jeugliteratuur. Wil jy verduidelik hoe jy dit sien?

Vandat my oë as skrywer oopgegaan het, beskou ek Myles McDowell se definisie van tydlose kinder-, jeug- en jongvolwasselit as uitsonderlik raak: “A good children’s book makes a complex experience available to its readers; a good adult book draws attention to the inescapable complexity of an experience.”

’n Kognitiewe, affektiewe en spirituele progressie in die leser word in die skryf van boeke vir elke kategorie aangevoel, begryp en verwoord. Deesdae lyk en klink dit vir my asof ook die dinosourusse uit die eerste era van die Afrikaanse jeugboek hulle lesers nie langer wil bepreek nie.

As ons nou van jong volwassenes praat: Watter drie jongvolwasselitboeke sal jy aanbeveel?

Al die vrae tot dusver was regverdig. Hierdie een is onregverdig. In die dagbreeklandskap tussen jongvolwassene- en volwassene wees, kan ‘n mens net maar stapels boeke op die tafel uitpak en al die rakke afstof en helder verf vir meer. Ek sal navraag doen of die volgende drie tussen al die boeke daar is, en as hulle nie daar is nie, sal ek ‘n kabaal opskop:

  • The Poisonwood Bible, deur Barbara Kingsolver. Daar moet ook langsaan, op die boekrakke vir 25-plussers, ‘n eksemplaar wees.
  • Ek droom van ’n Droom, deur Elsje Neethling met Maretha Maartens. Elsje het haar eie stem. Sy inspireer. Sy is een van die eerlikste en snaaksste mense met kanker.
  • The Richest Man in Babylon, deur George Samuel Clason, want jongvolwassenes loop in die toekoms in, en hulle wil dit finansieel máák. Langsaan, in die 25-plussers se afdeling, moet daar ook ‘n eksemplaar wees.
Profile photo of izakdv

by izakdv

Nanette van Rooyen: Jeugliteratuur se grens lȇ lankal nie meer by 16 jaar nie

Mei 26, 2014 in Uncategorized

nan

Nanette van Rooyen het al verskeie boeke geskryf en is al by ’n hele aantal geleenthede bekroon vir haar werk.

Dit was egter haar uitstekende boek, Ek was hier, wat gemaak het dat ek haar opinie ook wou hê oor die vraag van waar boeke vir jong volwassenes begin en waar die einde van die “jeug” nou eintlik lê. Wat my aangegryp het by die lees van Ek was hier, is juis dat hierdie jongmense soos volwassenes behandel is in haar verhaal.

In die VSA word #IreadYA-week gevier. Ons is meer geneig te praat van jeuglit as jongvolwasselit. Is dit ’n leemte?

Ek dink nie so nie. Jeugliteratuur se grens lȇ lankal nie meer by 16 jaar nie. Jeugliteratuur is ’n genre wat ontsettend gegroei het die afgelope jare. Die Association of American Publishers het laasjaar verklaar dat Kinder- en-Jeugliteratuur die vinnigste groeiende genre is. Die rede is omdat die ouderdomsgrens van Jeugliteratuur baie volwassenes ook insluit. Daarvoor het die Potter-reeks aanvanklik gesorg. Nou is die veld oop.

Om vir hierdie mark te skryf is bitter moeilik. Hoekom doen jy dit?

Ek het dit myself ook afgevra, glo my. Ek dink nie ek sou aan die genre geraak het, as dit nie was dat ek ’n tiener in my huis gehad het om te “bestudeer” nie. Uiteindelik was dit vir my ’n wonderlike verruimende ervaring, en ek sal dit weer doen.

Daar is ’n verskil tussen kinderliteratuur en jeugliteratuur. Wil jy verduidelik hoe jy dit sien?

Ek sien kinderliteratuur (ouderdom peuter tot ongeveer 11 jaar) as die huppelkind van skryfwerk. Jeugliteratuur (rofweg vanaf 12 jaar) word al die “denkende duiwel”. Dit sluit meer komplekse temas in: liefde, seks, verandering, moeilike tye wat beslis nie op ’n pedantiese manier aangebied moet word nie. Daar is niemand so onvergewensgesind as ’n tiener/jong volwassene nie. Maar dan weer, as ’n mens dink aan die lieflike kinderboek Eend, Dood en Tulp (Wolf Erlbruch), dan werk die onderskeid nie. Dit is ’n kinderboek wat wemel van patos, ironie, swart humor en die kompleksiteit van dood; goeie literatuur vir enige ouderdom.

As ons nou van jong volwassenes praat: Watter drie jongvolwasselitboeke sal jy aanbeveel?

Net drie?

Skellig van die Britse skrywer David Almond

Lord of the Flies van William Golding

Looking for Alaska van John Green (ook The fault in our stars)

George Weideman se Optog van die aftjoppers

Leon de Villiers se Toko

Profile photo of izakdv

by izakdv

Alta Cloete beveg depressie

Mei 26, 2014 in Uncategorized

bv3

Alta Cloete, bekend vir haar Geur– en Seisoene-reekse, het Saterdag ’n nie-fiksieboek in die Paarl bekendgestel waarin sy raad gee oor die beveg van depressie. Sy was in gesprek met Elzabé Broekmann, ’n sielkundige.

Die boek is geskryf om die mites en die stiltes om depressie af te breek en om mense aan te moedig om professionele raad te kry, maar dit gee ook raad hoe jy aktief kan terugbaklei.

bv1

Die gebruik van voorgeskrewe medisyne word bespreek en aangemoedig, wanneer voorgeskryf, maar daar is al hoe meer bewyse dat gesonde kos en baie oefening ook bydra tot geestesgesondheid. Alta spreek hierdie goed op ’n eenvoudige, praktiese manier aan.

bv2

Elzabé Broekmann sê Alta se boek is so goed geskryf dat sy en haar kollegas dit deesdae gebruik in hulle werk met plaasarbeiders en ander minderbevoorregte kliënte, hoeveel te meer nie sal dit dus mense kan help wat makliker lees!

Dit is ’n klein boekie met min woorde, want, sê Alta, depressiewe mense wil nie te veel lees nie.

Alta is nie net ’n puik skrywer nie, sy resenseer ook boeke op haar blog en bedryf die Facebook-blad Kom ons lees weer Afrikaans.

Die e-boek is teen net meer as R30 by Kalahari.com beskikbaar:

Die e-boek is ook op Aamazon beskikbaar.

Om die papierboek in die hande te kry, sou ek voorstel dat julle vir Alta ’n boodskap stuur via Facebook of haar blog.

Naomi Meyer, van LitNet, het kort voor die bekendstelling ’n onderhoud met Alta gevoer, lees dit hier.

geurvgenadeomsl geur_van_vervulling geur_van_vergifnis_300dpi

Alta se fiksietekste het altyd ’n positiewe einde, maar ek is mal daaroor, want sy is nie bang om die donker kant van die mens ook aan te spreek nie. As julle dit nog nie gelees het nie, koop dit en lees dit en geniet dit.

seisoen_van_vervulling seisoen_van_vergifnis seisoen_van_genade

My skoonsus, wat glad nie graag dik boeke lees nie, kan nie genoeg van Alta se boeke kry nie. Daar is binnekort ’n nuwe Seisoene-boek op die rak, so hou hierdie spasie dop.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Devil’s Harvest and Africa Day / Afrikadag en Devil’s Harvest

Mei 25, 2014 in Uncategorized

9781770227040 dev h

(Afrikaans volg hieronder)

Today is Africa Day. We celebrate the founding of Organisation of African Unity.

Sadly there is a lot in Africa that we should not celebrate. Malawi is teetering after the elections, Boko Harem is holding Nigeria ransom and Africa’s newest state, South Sudan, is in dire straits.

We have a lot to be thankful for in South Africa.

I want to focus on South Sudan today, because I have just finished Andrew Brown’s latest book Devil’s Harvest.

ab2

Before I dip into the book itself, here are two recent newspaper articles that will shed some light on South Sudan.

The first by Andrew Brown himself: http://mg.co.za/article/2014-05-16-slaughter-on-sacred-ground

The second is by Webster Zambara: http://mg.co.za/article/2014-05-22-fifty-years-of-chronic-conflict

Back to the book.

Devil’s Harvest is a taut political thriller. There are two plot lines:

  • After a “top secret” (read unauthorised) drone strike in South Sudan, a RAF air marshal, George Bartholomew, discovers that a piece of shrapnel had been flung from the explosion site. The problem is that the part has a serial number on it… He will do anything to get it back before it falls into the wrong hands…
  • At the same time Associate Professor Gabriel Cockburn from the Bristol University is on his way to South Sudan looking for a rare plant. He hires a young woman, Alek, to guide him to the North of the country to find the plant.

And then the fun starts…

Devils Harvest is damn good. I loved every page. And now my daughter (final year at school) is reading it and she’s loving it to.

* * *

I attended the launch of Devil’s Harvest in The Book Lounge and snapped these pictures.

ab1

Andrew in the hot seat.

 ab3

Mervyn Sloman led the conversation.

 ab4

James White-Phillips is a police reservist, like Andrew. He attended the launch with a number of his reservist friends. (See Andrew’s book Street Blues for more detail.)

* * *

 blad

Andrew Brown het my nog altyd beïndruk. Sy heel eerste boek, Inyenzi, was oor die slagting in Rwanda. Hy kon nie ’n uitgewer kry nie, en het dit self uitgegee. Dit was ’n puik storie, hoewel dit ’n sterk redakteurshand gekort het. Dit is nou weer opnuut uitgegee deur Random House Struik. (Ek het destyds ’n kort resensie hieroor geskryf in Die Burger.)

9781770223899

Sy volgende roman, Coldsleep Lullaby, het hom bekendgemaak. Dit is ’n puik riller met twee storielyne, die een wat afspeel in hedendaagse Stellenbosch en in die ander in dae toe die VOC nog hier aan bewind was. Met hierdie puik werk het Andrew die Sunday Times Fiction Prize verower.

9781770223905

Met Refuge gee Andrew, ’n advokaat, ons ’n hofdrama. Dit is ’n baie goeie werk, maar nogal donker. Seks en intriges laat die bladsye omrol.

9781770223776

Solace het my mateloos beïndruk. Dit begin met ’n jong Moslemseun wat in ’n Joodse sinagoge vermoor word. Hier kan net moeilikheid kom as die militante Moslems en die hardekwas Israeli-verdedigers mekaar wil takel in Kaapstad se strate.

Devil’s Harverst is ’n waardige opvolger.

9781770220324

Andrew het ook ’n nie-fiksieboek geskryf oor sy werk as ’n polisiereservis. Die naam is Street Blues. (Ek het dit nog nie gelees nie, maar almal sê dis puik. Ek wil dit dus lees.)

* * *

ab5

Andrew is ’n advokaat. Hy werk ook as polisiereservis en skryf vir ’n aantal koerante. Die plaas, Rockhaven, waarvan hy ’n mede-eienaar is, voer organiese produkte na die EU uit.

Mervyn Sloman het tydens die bekendstelling van Devil’s Harvest die grappie gemaak dat hy maar die onderhoud gedoen het met Andrew omdat Superman aanvanklik die onderhoud wou doen, maar dat Superman se agent op nommer 99 ’n stokkie daarvoor gesteek het, want naas Andrew Brown sou arme Superman maar vaal gelyk het.

* * *

bb

Thomas Keneally, die skrywer van Schindler’s Arc (waarop Schindler’s list gebaseer is), het ook ’n boek geskryf waarin Soedan ter sprake kom – nog voor die skeiding. Die naam is Bettany’s Book en is ook baie goed.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Naomi Meyer: ’n Storie kies nie ’n ouderdomsgroep nie

Mei 24, 2014 in Uncategorized

nm

Naomi Meyer debuteer met Ruik jy die filmster? Tans werk sy as inhoudsbestuurder by LitNet. Sy is ook ’n ma wat baie moeite doen om haar kinders aan goeie boeke bloot te stel.

Ek het haar ook gevra om ’n paar antwoorde te gee op ons vrae.

In die VSA word #IreadYA-week gevier. Ons is meer geneig te praat van jeuglit as jongvolwasselit. Is dit ’n leemte?

Of dit ‘n leemte is, weet ek nie. Dit hang af vanuit wie se perspektief jy kyk. Vanuit ‘n uitgewersperspektief, sou ek raai: as jy ‘n boek vir ‘n sekere teikengroep wil bemark, moet jy jou woorde reg kies. Jeugliteratuur klink soos skoolkinders. Jong volwassenes klink soos mense met wysheid en insig. Wie sal jy wil wees? En ‘n boek wat op watter een van daardie twee maniere verpak is, sal jy dan ook kies om te lees? (Prakties gesproke sal dit wel nogal ‘n lomp woord raak in Afrikaans, behalwe as ons dit ook afkort: jongvolwasse-literatuur.)

Om vir hierdie mark te skryf is bitter moeilik. Hoekom doen jy dit?

Ek het nie regtig gekies om Ruik jy die filmster? te skryf nie. ‘n Meisie met ‘n prominente geboortemerk op haar gesig het eendag op die sypaadjie by my verbygestap. En net daar het die storie begin. Of ek dit geskryf het vir iemand van veertig of veertien, het nie saakgemaak nie. Ek dink nie stories kies juis ‘n ouderdomsgroep nie.

Daar is ’n verskil tussen kinderliteratuur en jeugliteratuur. Wil jy verduidelik hoe jy dit sien?

‘n Storie kies nie ‘n ouderdomsgroep nie, maar ’n mens verstaan die lewe tog verskillend op verskillende ouderdomme. Emosioneel is mens nog nie reg om al die dimensies van die lewe te snap op vyf nie. Tog kan ‘n vyfjarige atmosfeer aanvoel so goed soos ‘n vyf-en-tagtig-jarige. Jou storie kan dieselfde wees, maar jou aanbieding moet geskik wees vir die mense wat jou ideale lesers is.

As ons nou van jong volwassenes praat: Watter drie jongvolwasselitboeke sal jy aanbeveel?

Ek onthou hierdie drie boeke uit my jeug (nie noodwendig uit my jongvolwassedae nie, ek was dalk nog in die laerskool): Blubber van Judy Blume, Ciske de Rat van Piet Bakker en Droomwa deur Barrie Hough.
’n Deel van my jeugboekverwysingsraamwerk was ook Die sakmense, ‘n Pakkie mieliepitte en Gezina en die bruin wind deur Maretha Maartens.

Vandag het ek kinders van my eie en is hulle nog klein. As ek vir hulle voorlees, het ek te doen met ‘n ander soort oorgangsletterkunde: peuterboeke vs kinderliteratuur. Boeke wat ek as volwassene geniet om vir hulle voor te lees, is die Narnia-reeks of die boeke van Roald Dahl. ‘n Juweel van ‘n boek wat ek onlangs ontdek het, is die boek Muncle Trogg deur Janet Foxley. Hierdie boek handel oor ‘n miniatuurreus, maar ek kan dit sterk aanbeveel vir alle ouderdomme mense!

Profile photo of izakdv

by izakdv

J.L. Powers: Think of it as a pasta

Mei 23, 2014 in Uncategorized

the-confessional-460 this-thing-called-the-future-460

 Book-page-images-for-website that-mad-game-460 

J.L. Powers is the author of three YA novels and a collection of essays looking at young people who grew up in war zones.

She lives and works in the USA, but she spent a sizeable time in South Africa while doing research for her PhD. She speaks Zulu better than most white South Africans do and her prize-winning second novel, This thing called the Future, is set in South Africa.

Jessica is a publisher as well and she teaches. I have asked her to answer our questions as well.

In the USA #IreadYA week is being celebrated. Now I am curious: In Afrikaans (and therefore in English-speaking SA too) we are more likely to talk about youth literature than young adult literature. Is that a shortcoming?

In a way, I don’t suppose the terms matter that much, though it might make a difference if marketing the work internationally. But I’d be curious what the definition of “youth” is – how low in age does it go and how far does it extend beyond 18, if at all? I always felt that the arbitrary cut-off age of 18 for young adult literature in the U.S. was problematic. Do we suddenly grow up at 18? Do we cross a magical threshold and now books in the “adult” category are more appropriate? In the past couple of years in the U.S., we’ve created a new marketing category called “New Adult.” Books in this category have protagonists that are 18-22ish, roughly the age kids go to college or start working as adults. And these books tend to be more sexualized, include more violence, there’s less censorship of language and content (though to be honest, you can put almost anything into YA these days too). So it’s interesting that we’ve created a whole new market category to reach a segment of the population that wasn’t serviced well by YA or by Adult.

Writing for this market is very difficult. Why are you doing so?

I’m glad you put it that way. Some people seem to think that writing for kids is “easier” but actually it’s harder. You have to keep plots streamlined (you certainly don’t have the luxury of meandering the way writers of adult fiction do), the pace needs to be just perfect (fast, but not too fast and not too slow), yet characters need to be well-developed, original, and true to life. The concepts that are explored – the big questions of life – also need to be explored in such a way that you don’t offer pat answers but that you are truthful and honest and genuine. Readers of YA literature (whatever their age may be) are demanding! They want fast-paced believable plots, well-developed characters, interesting ideas explored in the themes – and all in about 60 000 words or less. Try to do that and you’ll see just how hard it is.

Having said all that, I love writing YA. Teenagers change more in 6 months than most adults do in 6 years. For teens, the future ahead is full of amazing possibilities. While I would never want to go back and live through my teen years again, I still catch the thrill of possibility and promise every once in a while at odd moments – and I remember again exactly why this is the age I like to write about.

There is a difference between children’s literature and youth literature. How would you explain it? (And, bring YA into if you want?)

Children’s literature, done well, can deal with amazingly complex ideas and difficult life issues. After all, young children – like all humans – experience loss and tragedy, love and hate, jealousy and need, forgiveness, just to mention a few things. A great example would be Bridge to Terabithia by Katherine Paterson. I love how Paterson doesn’t try to answer Jesse’s questions about why his friend had to die so tragically – there are no answers. But Jesse’s grief is real and we feel it with him. I remember myself the gut-wrenching sorrow I felt reading that book when I was eight or nine, and how confused I was by the confusing questions Jesse had – very real questions, very real grief. Another great example is The Giver by Lois Lowry. While the plot is clean and straightforward, the ideas she explores are extremely thought-provoking questions about the nature of “equality” and “difference” and “freedom.”

One of the main differences, I think, is that children’s literature usually contains relatively straightforward, clean plots and text. Once you make that divide into YA (or youth) literature, plots, ideas, and characters can become more complex, more detailed. I’ve used the word “layered” to describe this to my editor when we’ve talked about different books, but perhaps a better metaphor is the difference between a simple pasta with tomato sauce and a pasta that has four or five different veggies, a meat, and a variety of spices mixed in. The simple pasta with tomato sauce is good fare and delicious – but it is less complex, less detailed, than the other recipe. It has less going on.

If you have to recommend three YA books, which would they be?

Sammy and Juliana in Hollywood by Benjamin Alire Saenz (my all-time favorite YA book)

A Girl Named Disaster by Nancy Farmer and (and I’m cheating here) House of the Scorpion, also by Nancy Farmer

Up a Road Slowly by Irene Hunt.

 

Profile photo of izakdv

by izakdv

Fiona Snyckers: It is because books get prescribed at school

Mei 23, 2014 in Uncategorized

snyckersfiona

Author photograph provided by Jonathan Ball

Fiona Snyckers is the author of the popular Trinity-series.

Trinity is a smart, sussed teenager who shares all sorts of tips on Fiona’s website.

I asked Fiona how she sees YA literature.

In the USA #IreadYA week is being celebrated. Now I am curious: In Afrikaans (and therefore in English-speaking SA too) we are more likely to talk about youth literature than young adult literature. Is that a shortcoming?

I think it’s because youth literature, in terms of books that are written for teens and prescribed in schools, is quite well established in SA, whereas young adult as a genre is not.  This is rapidly changing as we develop our own home-grown YA literature.  The YA usage is becoming much more common and better understood.

Writing for this market is very difficult. Why are you doing so?

I think it’s because my character, Trinity Luhabe, exists in the crossover world between YA and women’s fiction.  As I think of more stories to tell about her, I find myself gravitating towards her teenage years.  YA is a very exciting genre to be part of.  YA stories have really set the world alight in the last few years, spawning blockbuster movies and luring teenagers and adults alike back to books.

There is a difference between children’s literature and youth literature. How would you explain it? (And, bring YA into if you want?)

These categorisations are necessarily fluid, just as the reading interests of children and teenagers are fluid – even volatile.  They are used by booksellers to group books on different shelves with age recommendations and as such serve a purpose.  But as a writer you need to be aware that themes you might cover in a YA novel would not necessarily be suitable for an age 12-15 novel or an age 10-12 novel.  Still, the chances are that people outside the strict age categories will read your book.

If you have to recommend three YA books, which would they be?

Gone With the Wind by Margaret Mitchell (Scarlett O’Hara is 16 at the beginning of the book).  The Catcher in the Rye by J.D. Salinger.  Lord of the Flies by William Golding.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Annelie Ferreira: Ek is ‘n sterk Jungiaan

Mei 22, 2014 in Uncategorized

af

Foto van die outeur se Facebook-blad

Annelie Ferreira skryf vir alle ouderdomsgroepe. Sy het al sukses behaal met haar jeugverhale, en haar onlangse novelle Maar Tintin in Tibet spreek die leeftyd van jong volwassenes aan. Die twee hoofkarakters is op universiteit – nie meer deel van die jeug nie, maar ook nog buite die dampkring van die ernstige volwassenes.

Ek wou by haar ook weet wat sy dink van my vrae oor jongvolwasseliteratuur.

In die VSA word #IreadYA-week gevier. Ons is meer geneig te praat van jeuglit as jongvolwasselit. Is dit ’n leemte?

Die vraag is al so kundig deur die ander skrywers beantwoord, ek het min om by te voeg. Behalwe dat ek meen die kategorieë vir nie-volwasse lektuur neem toe soos die lewe meer kompleks raak en nis-behoeftes raakgesien word. Maar goeie stories word steeds gelees deur (amper) alle ouderdomme. Ek weet van mense in hul vyftigs wat nog nooit kans gesien het vir Lord of the Rings nie (oukei, dis ek), terwyl jy kinders van tien kry wat dit verslind (oukei, dit was een van myne). Maar jy kry ook jeugboeke wat met groot bevrediging gelees word deur grootmense (ek gee ‘n paar voorbeelde later).

Om vir hierdie mark te skryf is bitter moeilik. Hoekom doen jy dit?

Ek het per ongeluk jeug- en kinderboeke begin skryf. Ek het jare lank gesukkel met ‘n roman vir volwassenes wat eindelik aanvaar is as ‘n jeugroman, en Dit vat guts geword het. Nadat daardie manuskrip aanvaar is vir publikasie (wat nog twee jaar sou duur), het ek gedink wel, as ek per ongeluk ‘n jeugroman geskryf het, kan ek dalk nog een aspris skryf? Toe skryf ek Tot siens, koning Arthur, en dit wen die Sanlam-prys vir jeuglektuur. En toe gaan ek maar so aan…

Skrywers skryf sekerlik om verskillende – geldige – redes. Ek make meaning deur wat ek skryf. Ek is ‘n sterk Jungiaan, vir wie stories en sprokies (soos drome) ‘n simboliese weergawe is van die innerlike prosesse van mense se psiges, maar ook die uiterlike prosesse van hul lewens. Miskien begin al my stories by een of ander psigiese taak vir myself. Ek doen dit nie bewustelik nie – my doelbewuste plan en hoop is net om lekker stories te skryf wat die leser nie kan neersit nie – maar daar is vir seker dieper lae van betekenis in al my verhale.

En dan voel ek baie tuis met die humor in kinder- en jeugverhale, en die varsheid, en die egtheid van emosies.

Daar is ’n verskil tussen kinderlitaratuur en jeugliteratuur. Wil jy verduidelik hoe jy dit sien?

Weer eens is hierdie vraag uitstekend beantwoord deur die ander skrywers. Miskien kan ek net ook byvoeg dat, in kinderstories, die uitdagings baie meer simbolies uiteengesit en opgelos word. Diere praat soos mense en het menslike issues, hekse en drake is die duidelik herkenbare baddies en moet op lekker bevredigende maniere verslaan word. Terwyl daar in jeugverhale ook fantasie kan wees, is die probleme en uitdagings meer dikwels reëel, dieselfde as wat lesers in die regte lewe het, of minstens mee kan identifiseer, al het hulle dit nog nie self ervaar nie. Die oplossings moet ook vir hulle in reële terme geloofwaardig wees.

As ons nou van jong volwassenes praat: Watter drie jongvolwasselitboeke sal jy aanbeveel?

Dis ‘n moeilike vraag! Miskien is my gunsteling jeugboek van alle tye The book thief. Dis ook ‘n uitmuntende voorbeeld van ‘n boek wat werklik vir alle ouderdomme bedoel is. Nog twee ander (en daar is sekerlik nog ‘n klomp!) is The curious incident of the dog in the night-time en The secret life of bees.