Jy blaai in die argief vir 2014 April.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Die 2014 WOORDtroFEES

April 17, 2014 in Uncategorized

2014_woordtrofees_topbanner

Die vyfde jaarlikse toekennings van die WOORDtroFEES is Maandagaand by L’Avenir gehou. Die ATKV borg dié toekennings.

 10 04 14 woordtrofees_005

Dit is waarvoor almal wag…

 10 04 14 woordtrofees_001

Die L’Avenir –landgoed bied baie vir die kamera.

 10 04 14 woordtrofees_011

David Kramer was daar.

 10 04 14 woordtrofees_013

Koos Kombuis was daar.

 10 04 14 woordtrofees_016

Chris van Niekerk met die appels van sy oë.

 10 04 14 woordtrofees_020

Kim Cloete was die aanbieder.

 10 04 14 woordtrofees_037

Prof Dorothea van Zyl.

 10 04 14 woordtrofees_044

Gerrie Lemmer van die ATKV.

 10 04 14 woordtrofees_066

Die WOW-skool van 2014, wat ’n prys kry vir die bevordering van Afrikaans, is Scottsdene Sekondêr. Gerrie Lemmer oorhandig dit hier. Meneer Cupido, die skoolhoof, staan hier in die middel.

 10 04 14 woordtrofees_082

Sabina Dumas (regs) ontvang die toekenning vir die WOW-Individu van 2014, die toekenning is deur Fiona van Kervel gedoen.

 10 04 14 woordtrofees_101

Amanda Botha oorhandig die trofee vir die beste kunsuitstalling tydens die fees. Dié trofee gaan aan die kurator(s) vir die beste kunsuitstalling. Hier oorhandig sy dit aan Magicus in D-Street.

 10 04 14 woordtrofees_092

Ingrid en Andries Gouws reageer toe hulle hoor Magicus in D-Street, se naam word aangekondig as die wenner van die beste kunsuitstalling, want albei het skilderye gehad wat deel was van die uitstalling.

 10 04 14 woordtrofees_109

Rudolf Gouws oorhandig die trofee vir die Beste klassieke musiekproduksie aan Jan Visagie wat dit namens Liebrecht Vanbeckevoort (van België) in ontvangs geneem het.

 10 04 14 woordtrofees_140

Dorothea van Zyl oorhandig die prys vir die Beste kontemporêre musiekproduksie aan Laurika Rauch.

 10 04 14 woordtrofees_186

Schalk Joubert en sy tromspeler het die mense vermaak.

 10 04 14 woordtrofees_194

Kevin Gibson wat saam met Schalk opgetree het.

 10 04 14 woordtrofees_248

Elias P Nel oorhanding die Uitskieter: Drama-toekenning aan Stephanie Gericke vir haar spel in Melusine van Arcadia.

 10 04 14 woordtrofees_281

Eugene Cloete oorhandig die trofee vir die Beste dramaproduksie aan Saartjie Botha vir Wie’s bang vir Virginia Woolf? Saartjie het die stuk in Afrikaans vertaal.

 10 04 14 woordtrofees_305

Gerrie Lemmer oorhandig die trofee vir Beste debuutskrywer aan Lindie Koorts vir DF Malan en die opkoms van die Afrikaner-Nasionalisme.

 10 04 14 woordtrofees_333

Marié Heese het die trofee vir Beste gevestigde skrywer ontvang vir Vuurklip en Karoo-kantate. Sy was egter siek, so Amanda Botha het dit namens haar ontvang. Hier oorhandig Ingrid Gouws die prys.

 10 04 14 woordtrofees_354

Die Burgeroorlog was al weer in volle swang tydens die fees. En die wenrestaurant, was Basic Bistro wat die beste gourmetburger gemaak het. Hier oorhandig Bun Booyens die sertifikaat.

 10 04 14 woordtrofees_373

Francois Retief en sy span van iono.fm het die Woordfeesoptredes opgeneem en maak hulle nou beskikbaar aanlyn by www.woordfees.iono.fm. Teen die einde van April sal die meeste stukke beskikbaar wees. Kliek hierdie skakel en luister daar waar jy ook al in die wêreld sit.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Fiksieredigering & Fiction Editing

April 13, 2014 in Uncategorized

(Scroll down for the English workshop!)

Kleinwaterval

Die mooiste plek (Foto verskaf)

Die Professional Editors’ Group kondig graag die vyfde jaarlikse slypskool oor ‘Fiksieredigering’ aan wat net voor die Franschhoek- Literêre Fees plaasvind.

Datums: 14 en 15 Mei 2014 Tyd: 08:30 tot 17:00

Plek: Klein Waterval Gastehuis en Konferensiesentrum, Franschhoek

Koste: PEG-lede/studente – R1 680 (R1 450 vroeë registrasie tot 17 April)

LAMP-lede – R1 970 (R1 720 vroeë registrasie tot 17 April)

Nie-lede – R2 420 (R2 070 vroeë registrasie tot 17 April)

 

PEG se slypskole in 2011, 2012 en 2013 was ’n reusesukses. Talle praktisyns het gevra vir verdere praktiese opleiding in hierdie hoogs gespesialiseerde veld van redigering. Die 2014-slypskool neem die avontuur verder: groepe teksredigeerders, bygestaan deur ’n span fasiliteerders, gaan ’n werklike fiksiemanuskrip redigeer. Vanjaar is MISDAAD in die kollig met ’n riller van ’n manuskrip om te redigeer.

In ’n aantal kleingroepsessies versprei oor die twee dae gaan deelnemers werk aan ’n riller-teks wat vir werklike publikasie voorberei moet word. In die proses sal hulle vertroud raak met aspekte van fiksieskryfwerk, soos die sterk begin van ’n paragraaf, ’n bladsy en ’n hoofstuk; storie teenoor intrige; wat ‘misdaad’ alles behels; vertelling/verteller; dialoog en perspektief; die verskillende subgenres van misdaadfiksie.

Izak de Vries en Chanette Paul sal die sessies fasiliteer:

Plek is beperk vir die Afrikaanse slypsessies (’n maksimum van 20 persone). Deelnemers moet onderneem om ’n volledige manuskrip deur te lees. Dit is noodsaaklik vir volle deelname aan die slypskool. Elkeen moet ook ’n woordeboek en/of tesourus saambring.

Die volle program, registrasiebesonderhede of nadere inligting is beskikbaar by PEG se administrasiebeampte, Ellyn Barry, ellynbarry@telkomsa.net. Ellyn se telefoon- en faksnommer: 011 792 5768.

Sluitingsdatum vir registrasie: Maandag 5 Mei 2014.

 * * *

 The Professional Editors’ Group  has pleasure in announcing that the fifth annual workshop on ‘Editing Works of Fiction’ will be taking place in the run-up to the Franschhoek Literary Festival.

Dates: 14 and 15 May 2014 Times: 08:30 to 17:00

Venue: Klein Waterval Riverside Lodge and Conference Centre, Franschhoek

Price: PEG members/students – R1 680 (R1 450 early-bird special until 17 April)

LAMP members – R1 970 (R1 720 early-bird special until 17 April)

Non-members – R2 420 (R2 070 early-bird special until 17 April)

 

Building on the sold-out workshops staged by PEG in 2011, 2012 and 2013 – and in response to requests from practitioners to provide more hands-on training in this highly specialised area of editing – this 2014 workshop will introduce a new topic, a new genre, and a fascinating new twist: groups of editors will edit a real fiction manuscript with a difference: a selection of stories that will be published on FunDza’s mobi website! (Digital publishing at its most ‘mobile’!) Published by FunDza for the youth market, these stories – all of which have to be edited – are eagerly awaited by thousands of avid readers, and read using Mxit.

In a number of small-group sessions spread over the two days, while working on texts for publication, delegates will be experiencing aspects of fiction writing such as strong beginnings and satisfying endings; story versus plot; characterisation; narrative/narrator; clear, punchy writing, and appealing dialogue that befits a digital environment. You may even have an opportunity to meet the publisher and hear first hand about the joys and special issues involved in working in this stimulating, cutting-edge genre.

Once again two of South Africa’s best, most experienced writer-editors in the genre will be your facilitators, known for the power of their ‘listening circle’ approach to workshop participation: Maire Fisher and Nella Freund.

Limited places are available for these English-language sessions (a maximum of 20 people). Attendees must undertake to read an entire manuscript as a prerequisite for full participation in the workshop, and each bring a dictionary and/or a thesaurus.

To register with or direct enquires to the PEG administrator, Ellyn Barry, at ellynbarry@telkomsa.net. Ellyn can also be called or faxed on 011 792 5768. Closing date for registrations: Monday 5 May 2014.