Jy blaai in die argief vir 2014 Maart.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Using the Pen for Justice: How writers transform society

Maart 25, 2014 in Uncategorized

 

Kom ontmoet die man wat hierdie wonderlike spotprente teken!

20140323rsoektog

 

Saterdag 29 Maart 14:00 – 16:00

Plek: Bibliophilia, 48 Albert Road, Woodstock

Nancy Richards, van SAFM, sal met vier skrywers gesels oor die pen en geregtigheid. Kom kuier asseblief saam en kom praat saam.

Die vier van ons wat saam met Nancy sal optree, is:

–       Brandan Reynolds, wat vir RapportBusiness day en die Weekend Argus spotprente teken.

–       Anastasia de Vries, skrywer en akademikus (voorheen van Rapport)

–       Karin Schimke, die digter en boekredakteur van die Cape Times

–       Izak de Vries, ’n b(l)ogger

Brandan sal afdrukke van sommige spotprente verkoop. Dis ‘n geleentheid, mense!

Die middag word deur Crossing Bridges Africa, gereël. Hulle werk daaraan om mense van verskillende kulture met mekaar te laat saamwerk, saam te laat kuier en saam te laat lag.

Skakel gerus met Ros Irlam vir meer besonderhede, of om te bespreek: crossingbridges.africa@gmail.com

using pen for justice

‘n Donasie van R75,00 per persoon word voorgestel – dit sluit tuisgemaakte gemmerbier en eetgoed in.

LAPA Uitgewers is ’n medeborg van hierdie geleentheid.

lsm

Profile photo of izakdv

by izakdv

InZync is AmaZink

Maart 23, 2014 in Uncategorized

As julle nou regtig goeie poësie wil sien, hier is dit.

Kaapse en Australiese digters in ‘n ongelooflike omgewing: Mbongeni Nomkonwana, Burni Aman and Luka Lesson.

Dit is boonop gratis. Selfs die vervoer soheentoe is gratis. Parkeer jou motor by die Kuns- en Sosiale Wetenskappegebou, en klim in ‘n gratis bussie.

Woensdag 26 Maart 2014.
19:00 vir 19:30
Amazink Eatery, Kayamandi, Stellenbosch.

inzink

Regards and Respekt!
The SLiP collective.