by

Magda de Vries in konsert

November 30, 2013 in Uncategorized

01

 Op Vrydag 22 November het my niggie, Magda de Vries, ’n konsert gespeel saam met Anneke Lamont. Hier is ’n paar kiekies (uiteindelik). Kliek op hulle om ’n groter weergawe te kry.

Canon 5D mkII & Canon 85 mm 1.8 USM lens

1/18 f1.8 ISO2500 (85 mm)

02

Magda met vier stokkies. Hulle het opgetree in die St Andrew’s Presbyterian Church in Kaapstad. Die konsert is geborg deur die Rupert-stigting.

Canon 7D & Canon 85 mm f1.8 USM lens

1/30 f3.2 ISO3200 (85 mm)

03

Anneke Lamont is ‘n uitstekende pianis. Sy is deel van die span wat op Magda se cd speel.

Canon 5D mkII & Canon 70 – 200 mm f2.8 L USM lens

1/40 f2.8 ISO3200 (200 mm)

04

Ná die pouse het sy ‘n ander rok aangehad. Die klank was steeds dieselfde. Ek is gevra om foto’s te neem. Dis iets wat ek graag doen, maar die uitdaging was groot. Die beligting was glad nie reg vir fotografie nie. En ‘n DSLR se sluiter klink baie hard in so ‘n ruimte. ‘n Mens moet die ander mense in die gehoor ook in ag neem, so ek kon nie baie foto’s neem nie. As dit enigsens moontlik is, neem liewer foto’s tydens kleedrepetisies. (Wat nie hier kon nie.)

Canon 7D & Canon 85 mm f1.8 USM lens

1/13 f2 ISO500 (85 mm)

05

Dis moeilik om nabyfoto’s te neem wanneer daar nie goeie beligting is nie. Die enigste voordeel is dat die stokkies dan maklik beweging toon. (Ongelukkig maak dit dikwels dat die res van die lyf ook uit fokus lyk.) Tydens die sagte bewegings het haar lyf minder wild beweeg, maar dis ook dan wanneer die sluiter die hardste geraas het.

Canon 7D & Canon 85 mm f1.8 USM lens

1/20 f3.2 ISO3200 (85 mm, foto is geknip)

06

Hier erken hulle ‘n waarderende gehoor.

Canon 5D mkII & Canon 70 – 200 mm f2.8 L USM lens

1/40 f2.8 ISO3200 (140 mm)

07

Barry Smith, orrelis en koormeester, spreek ‘n aantal woorde.

Canon 7D & Canon 24-105 mm f4 L IS USM lens

1/25 f4 ISO3200 (105 mm)

Die stabiliseerder op die Canon 24-105 mm f4 L IS USM lens help baie as mense stilstaan en gesels, maar as hulle rondspring soos Magda, het jy ‘n groter gat nodig om die beweging te keer. Dis hoekom ek die meeste foto’s met ‘n f2.8- of ‘n f1.8 lens geneem het.

max cd

Magda se cd het pas verskyn. Ek is bevooroordeeld, maar ek dink dis ongelooflik mooi.

6 antwoorde op Magda de Vries in konsert

  1. tina10 het gesê op November 30, 2013

    Ek is skoon jaloers op die mooi foto’s …sug…

  2. izakdv het gesê op November 30, 2013

    Dis lekker om hulle te neem, Tina

  3. Jou foto’s het pragtig uitgekom.Lyk na ‘n baie talentvolle vrou.Wens ek was daar!

  4. katrina het gesê op Desember 1, 2013

    Ek wou al lankal sê, maar ek het so lanklaas geblog. Jou gedig ‘here be dragons’ wat in Toulopers opgeneem is doen ons mos volgende jaar met die IEB matrieks en dis regtig leerder-vriendelik en relevant. Hulle keuses vir tweedetaalsprekers is soms bo die outjies se vuurmaakplek, maar nie hierdie een nie. Genadiglik. 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.