by

Irma Joubert by Waverley Biblioteek

November 27, 2013 in Uncategorized

Irma Joubert het op 6 November haar boektoer deur vyf provinsies afgeskop by die Waverley Biblioteek in die Moot, Pretoria. Irma toer deur die land om Tolbos bekend te stel.

My kamera het saamgereis. Kliek op die foto’s om hulle groter te maak.

13 11 07 irma joubert_007

Hier is Cecilia Britz, hoof van fiksie by LAPA, Jan Joubert (Irma se man), Irma Joubert en Jan-Jan Joubert, haar seun.

 13 11 07 irma joubert_014

’n Pragtige uitstalling van Irma se trilogie is gehou. Tolbos is die derde boek in die trilogie. Ver wink die Suiderkruis is eerste en daarna volg Tussen Stasies.

 13 11 07 irma joubert_020

Willie Spies (links) van Afriforum het in die Moot grootgeword en het as klein seuntjie al boeke uitgeneem by die Waverley Biblioteek.

 13 11 07 irma joubert_025

Unine Yeo is LAPA se agent wat die uitstalling en die verkope hanteer het. Haar man het haar bygestaan.

 13 11 07 irma joubert_037

Jan-Jan het die vrae gevra.

 13 11 07 irma joubert_039

Irma het die gehoor aan haar voete gehad.

 13 11 07 irma joubert_041

13 11 07 irma joubert_050

13 11 07 irma joubert_063

Die versnaperings was voortreflik.

 13 11 07 irma joubert_065

Hier is Len van Heerden, ’n ou skoolvriend van Jan-Jan. Hulle twee het saam die Voëlvry-konsert in Durban bygewoon en dit is na daardie einste konsert waarheen Katrien, die hoofkarakter van Tolbos, gegaan het. Irma het vir Len en Jan-Jan bedank dat hulle destyds, agter haar rug, die konsert bygewoon het, want sy kon toe daaroor skryf deur hulle oë.

 13 11 07 irma joubert_072

13 11 07 irma joubert_075

13 11 07 irma joubert_079

13 11 07 irma joubert_083

Hierna het verskeie van Irma se aanhangers boeke gekoop en haar gevra om dit te teken.

 13 11 07 irma joubert_085

Hier is Sam Cooper, die hoof van Waverley Biblioteek, besig om sy boek geteken te kry.

 13 11 07 irma joubert_088

Irma, saam met die span staatmakers van Waverley Biblioteek.

2 antwoorde op Irma Joubert by Waverley Biblioteek

  1. lora2me het gesê op November 27, 2013

    Dit lyk na ‘n suksesvolle sessie. Simpel vraag: weet jy dalk hoekom Jan-Jan so ‘n naam het – wonder nog altyd as ek sy voornaam in die koerant lees. ;D Jammer, moes dit net vra….

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.