Jy blaai in die argief vir 2013 April.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Om DIE STEM te bevry

April 27, 2013 in Uncategorized

Google se Vryheidsdagdoodle

Die dingetjie hierbo is Google se viering van Vryheidsdag.

Ek het dit gisteraand in Athlone gevier met goeie vriende wat grootgeword het aan die verkeerde kant van apartheid. En toe draai die gesprek gedraai na “Die Stem”. Anna gaan haal Die Groot Verseboek en lees ons “Die Stem” (deur Langenhoven) as ‘n gedig. Eish. Dit was mooi. Ek het die lied grondiglik gehaat, en hulle ook, maar gisteraand, 19 jaar ná demokrasie, kon ons die woorde waardeer.

Ons het het darem ook “We shall overcome” gesing, soos in die ou dae. Want ons het. Viva!