Jy blaai in die argief vir 2012 Maart.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Somewhere on the border

Maart 12, 2012 in Sonder kategorie

Nota: Dié stuk bevat sterk taal, want dit handel oor die mekka van sterk taal.

Foto verskaf deur die Baxter

 

Somewhere on the border is ’n baie goeie drama. Ek beveel dit sterk aan. As jy ’n klomp how could you­-liberals ken, vat hulle saam. As jou vrou, lover of ma nog nooit kon verstaan wat jy nou eintlik daar gedoen het nie, neem haar (of hulle) soheentoe.

 

My vrou het van hierdie stuk gehoor, en besluit ek moet gaan. Ek was aanvanklik nie lus nie. Die vet weet. Ek was daar, het die T-hemp al lankal weggegooi en wil net gewoon aangaan. (Ek het weggebly van aktiewe grensdiens, maar ek het die hele saga meegemaak. Gelukkig kon ek die range oortuig dat ek meer werd is in die HK.) Ek is deur opleiding en het twee volle jare gemors – al was daar ook goeie tye, soos die drama uitbeeld.

 

So, met lang tande is ek na die Baxter toe – net om baie aangenaam verras te word.

 

Die stuk handel oor ’n jong, Engelse seun wat glad nie lus is vir die weermag nie. Hy het swart vriende en weet Apartheid is op pad uit. Wanneer hy egter wou weier, loop hy hom in die militêre polisie vas. Uiteindelik besluit hy om te oorleef, sy diensplig te doen (dit soos ’n man te vat, sou hulle sê) en lewendig ander kant uit te kom.

 

Die probleem is natuurlik dat baie van ons gelukkig was om lewendig uit te kom, maar nie sonder letsels nie. As jy (soos ek en van die karakters) nie saamgestem het met die beleid nie, moes jy maar baie van jou eie beginsels sluk.

 

En dit is presies wat ek wil sê oor hierdie stuk. Ek dink alle Suid-Afrikaners wat NIE diens gedoen het nie, moet dit sien. Ons keuses was beperk. Ja, daar was mense soos Charlie Bester wat tronk toe is. Ek ken Charlie baie goed en is steeds baie trots op hom. (Ek weet egter ook beter as vele ander hoeveel letsels hý oorgehou het.) Ek wou nie tronk toe nie. Ek wou net onder die radar vlieg en klaarmaak. Ná twee jaar en een kamp het ek wel aktief die stelsel begin uitdaag, maar is ’n ander storie.

 

Hel. Hier skryf ek al weer oor myself. Maar dis die punt. Ek was verfokkendomp weer terug in die tent. Ek het sit en sweet daar.

 

Gaan kyk dit. Nie as jy steeds aan erge post-traumatiese stres ly nie. Nee. Maar stuur dan jou gesin om jou te probeer verstaan.

 

Ek wil weer sê: Almal wat nie daar was nie, moet hierdie stuk gaan sien.

 

Die stelinkleding is puik, en realisties. Die stuk is baie goed geskryf, met slegs enkele goed waaroor ek ’n vraag sou wou vra (maar nie een het ’n beperking op die gang van die stuk nie).

 

Toe my pa my afgelaai het daardie dag, het hy werklikwaar gesê: “You will be a man, my son.”

 

Min het hy geweet.

 

Die akteurs is gewoon puik.

 

Charles Bouguenon, as Bombardier Kotze was fokKEN goed. En, ja, die vloeke is belangrik. Daar is niks so fokken hopeloos soos ’n opgfokte fokken PF-korporaal wat al 15 jaar in die stelsel sit nie. Ek het van hulle geken. (In die artillerie staan ’n tweestreep bekend as Bombardier, nie as Korporaal nie, maar die rang is dieselfde.)

 

Dylan Horley (as Doug Campbell, die rebel) oortuig volledig. André Lötter (as Hennie Badenhorst, die p()sbef#kte, getroude man) is presies soos die een ou wat langs my in die tent was. Glen Biderman-Pam (as die Jood, David Levitt) het die probleem van Jood-wees in die SAW mooi opgesom – hy is wit genoeg om te help skiet, nie Christelik genoeg om aanvaar te word nie.

 

Luan Jacobs (as Trevor Mowbray) en Kaz McFadden (as Paul Marais) speel die twee stiller outjies in die tent op só ’n manier dat hulle nie verdwyn nie.

 

Ndino Ndilula moet ook vermeld word. Hy speel gewoon “the black actor”. Sy karakters is aktante – werkers en voetsoldate. As swart karakter in ’n kraal vol gebreinspoelde rassiste, wissel sy rolle boonop tussen kruiperige onderdaan óf hofnar. (Teen die einde speel hy ook ’n belangrike ander aktant.) Ndilula speel hierdie rolle met oortuiging.

 

Somewhere on the Border is geskryf deur Anthony Akerman. Regie is deur André Odendaal behartig. Joanne Borton is die verhoogbestuurder. Kosie Smit is die vervaardiger en ontwerper.

 

Daar word gevloek soos net goeie Christene kan in die SAW. Voor my het ’n Afrikaanse tannie gesit wat vreeslik lekker gegiggel het vir die banale grappe en die vloekwoorde. Vir my was dit dé ja vu.

 

Gaan heen en ondersteun die groep. Hou mense met erge PTS weg, maar alle ander sal baat vind deur vir 90 minute in ’n weermagtent te sit. Daarna kan jy gelukkig terugkeer na civviestraat.

 

Die stuk speel tans in die Baxter.

Profile photo of izakdv

by izakdv

’n Lyf onthou

Maart 12, 2012 in Sonder kategorie

Riette Rust se debuutkortverhaalbundel, ’n Lyf onthou, is Woensdag 7 Maart bekendgestel by die Woordfees op Stellenbosch. Die bekende Rapport-joernalis, Marlene Malan, het met haar gesels. Hulle het ook oor Riette se niefiksieteks, Lang Bene & Lipstiek gesels.

 

Dit was ’n heerlike, ligte gesprek, hoewel ’n aantal ernstige sake ook aangeraak is.

 

“Het ek ook erotiese kapitaal?” wou Marlene op ’n stadium by Riette weet.

 

Erotiese kapitaal gaan oor meer as bene en borste, beweer Riette. Dit gaan ook oor voorkoms en detail. Die blomme in Riette se hare pas spesifiek by Woordfees 2012 se Groen­-tema.

 

’n Lyf onthou het fluks verkoop. Hier gesels Riette met ’n bewonderaar ná die tyd.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Bek sonner brieke

Maart 11, 2012 in Sonder kategorie

Elias P. Nel het Dinsdagaand gaste vermaak by Woordfees 2012.

Hier is hy saam met Dorothea van Zyl, die koördineerder van die fees.

 

Oompie Goltros is die verteller in Elias se boek Bek sonner brieke. Oompie Goltros was Dinsdagaand self op die verhoog.

 

Bo en behalwe die puik vertoning deur oompie Goltros, is die gaste ook vermaak deur die rieldansers van Betjiesfontein.

 

 

Die eienaar van De Vette Mossel, Niël du Bois, is self ’n puik storieverteller. As julle nog nie ’n vertoning en ete by De Vette Mossel beleef het nie, moet julle volgende jaar gaan. Die kos is gewoon fantasties. Daar was iets soos ses gange. Dis werklik ’n belewenis.

 

Profile photo of izakdv

by izakdv

Gesien in Protea se tentwinkel by Woordfees 2012

Maart 6, 2012 in Sonder kategorie

 

Puik personeel,

 

en puik boeke.

 

Oktober was Protea se topverkoper in Februarie. Kom luister môre (Woensdag) om 10:00 in die Erfurthuis hoe Reney Warrington hieroor gesels.

 

Woensdagaand om 17:00 praat Riette Rust oor haar nuwe kolligdief ‘n Lyf onthou en oor hierdie een, Lang bene en Lipstiek. Beslis die moeite werd. Riette tree op in die Boektent.

 

* * *

 

Vir die kameramense. Ek het die boeke afgeneem met ‘n 85 mm 1.8 Canon lens. En ek het opsetlik op 1.8 geskiet. Op hierdie manier kry ‘n mens daardie baie fyn strepie waar alles in fokus is, die res nie.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Mense by Woordfees 2012

Maart 5, 2012 in Sonder kategorie

 

Philip de Vos teken ‘n boek

 

Melt Myburgh

 

Amanda Botha praat oor die naakfiguur tydens haar lesing oor Lendetaal deur Hennie Aucamp

 

Prof Louise Viljoen ook in gesprek oor Lendetaal deur Hennie Aucamp

 

Dr Ben du Toit gesels oor die heruitgawe van God? Geloof n ‘n postmoderne tyd

 

Philip de Vos, prof Dorothea van Zyl en Hennie Aucamp

Philip het sy nuwe boek Kop op ‘n blok bekendgestel

 

Philip de Vos en Leon Rousseau

 

Die paparazzi, Dorothea van Zyl en Carolyn Meads van BooksLive

Profile photo of izakdv

by izakdv

My geliefde en CANSA

Maart 3, 2012 in Sonder kategorie

Jip, dis my geliefde dié. Cool, nie waar nie?

1/200 f4 ISO 100 (50 mm)

Dit is weer die jaarlikse “Shavathon”. My lief het haar hare geskenk aan CANSA, want hulle maak pruike daarvan.

 

Hier is ’n voor-en-ná-foto. As julle wil weet hoe, lees aan.

Ek het albei foto’s in die ateljee geskiet. Met die voor-foto het ek drie flitse gebruik. Die derde een moes eenvoudig net die wit muur heeltemal wit brand.

Ek het toe die ná-foto as ’n tweede vlak (layer) oor die eerste gesit en die hele agtergrond uitgevee. So die wit van die eerste foto is wat julle sien. (Dis baie makliker om só ’n gestroomlynde kop van ’n agtergrond te ontneem as om met ’n klomp hare te sukkel!

Albei foto’s is op 35 mm geneem, die ná-foto is effens nader aan die kamera as die voor-foto.

Tegniese goed:

– Canon 7 D & Canon 24 – 105 L IS USM

– Gesig belig met 2x Canon Speedlight 430 EX-flitse wat deur wit sambrele geskiet is.

– Met die voor-foto het ek ’n derde Canon Speedlight 430 EX gebruik om die wit agtergrond weg te brand.

– Albei se spesifikasie: 1/200 f4 ISO 100 (35 mm)

Profile photo of izakdv

by izakdv

Twee ure van wonderlike vermaak en ’n puik maaltyd!

Maart 1, 2012 in Sonder kategorie

 

Sommige sê hy is die Noordkaap se antwoord op Oom Schalk Lourens

 

Sommige sê sy skryfwerk herinner aan Herman Charles Bosman

 

Al wat ons weet is … hy is Elias P Nel

 

 

Elias gaan op Dinsdag 6 Maart om 18:00 ’n onvergeetlike vertoning lewer. Ek het al grepies daarvan gesien, en ek gaan beslis daar wees. My kaartjies is reeds gekoop.

 

Wat meer is, daar is ’n wonderlike maaltyd ingesluit in die prys van die kaartjie. Jip vir die prys van ’n teaterkaartjie, kry jy ’n volledige maaltyd ook.

 

En dis nie al nie. Betjiesfontein se rieldansers gaan ook daar wees. Hulle was die 2011-wenners van die ATKV-rieldanskompetisie.

 

 

Kom ontspan Dinsdagaand om 18:00 by De Vette Mossel op Stellenbosch. Dit gaan ’n onvergeetlike aand wees.

 

Bespreek by Computicket. Hier is die skakel.

 

http://online.computicket.com/web/event/bek_sonder_brieke/520057456/0/40650124