by

Slang vs Padda

Februarie 1, 2012 in Sonder kategorie

Bruinwaterslang (Lycodonomorphus rufulus) vs Rose se skurwepaddatjie (Capensibufo rosei)


Ons het in Luiperdskloof gestap toe ons op hierdie twee afkom. Dit was so ongeveer 100 m onder die eerste waterval.

 

 

Eers het die slang die padda styf vasgehou en – baie belangrik – die agterpote geïmobiliseer. Hierdie greep het minute lank geduur. Die slang se kop was op hierdie stadium nie betrokke by die aksie nie.

 

 

Ná ’n tydjie probeer die slang egter die padda slukbaar maak, maar kyk hoe die stert die greep op die agterpote verloor. Oeps!

 

 

Die slang sê reeds die tafelgebed, maar minder as ’n sekonde later skop die padda verwoed met daardie agterbene en kom weg.

 

 

Die slang het weer probeer aanval, maar die padda het droë grond bereik en weggekom. Hier sit sy.

 

My seun, wat die hele petalje saam met my aanskou het, so kommentaar was: “Ek was eers hartseer vir die padda. Maar die slang moet ook kos kry, so nou is ek ‘n bietjie hartseer vir die slang ook, maar eintlik bly vir die padda.”

 

Terloops: Ek het met 2/3 onderbelig, aangesien die water so donker is. Die padda se maag, selfs die slang s’n, sou anders heeltemal weggebrand wees.

 

Ek het op ISO 320 en f4.5 geskiet. Geen flits nie. (Ek het my 70 – 200 f2.8 L USM gebruik.)

10 antwoorde op Slang vs Padda

  1. Wow Izak! Awesome foto’s en storie-
    mens kry altyd die een jammer wat agtergelaat word.
    Maar as die slang die padda geeet het, was ons weer vies vir die slang?
    Eish, wie moet wen?

    Eintlik moet ons net onthou, as ‘n slang ons het-moenie opgee nie, skop met daai agterpote, jy kan nog wegkom:-)

  2. Berwick het gesê op Februarie 2, 2012

    Wow, The Great Escape!

  3. Lekker foto’s en ‘n rare belewenis, Izak. So bly jou seun was by – om deel te h^e aan die groot misterie van die natuur. En die harde werklikheid: Om te eet moet ander hulle lewens opoffer.

  4. Ek is baie bly vir die padda 🙂

  5. dis nou mooi fotos!

  6. Izakdv het gesê op Februarie 4, 2012

    Puik gesê, Yoke

  7. Izakdv het gesê op Februarie 4, 2012

    Jip!

  8. Izakdv het gesê op Februarie 4, 2012

    Die natuur het ons baie om te leer! En, ja, ek is ook bly Knaap was saam!

  9. Izakdv het gesê op Februarie 4, 2012

    Baie mense voel so!

  10. Izakdv het gesê op Februarie 4, 2012

    Dankie, Henry!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.