Profile photo of izakdv

by

Sculpting the Earth

September 29, 2011 in Sonder kategorie

Ek was gisteraand by die bekendstelling van Sculpting the Earth, Strijdom van der Merwe se nuutste boek.

 

Dis ’n pragwerk. Strijdom neem dikwels materiaal wat hy op die plek, waar sy kunswerk gemaak word, versamel en werk dan daarmee.

 

 

Ek het toe gisteraand besluit ek gaan my foto’s slegs met die lig van die restaurant en die vure neem, en ek gaan, soos Strijdom, verskillende elemente met mekaar laat praat.

 

 

Wat meer is, die bekendstelling is gehou in die Casparus Restaurant, wat grootliks ’n vertoonvenster is vir Strijdom se werk.

 

 

Etienne Bonthuys, die sjef in Casparus, is ’n meester, so wanneer julle weer daar in Stellenbosch is, gaan na die onderpunt van Dorpstraat en gaan sit aan. Die spyskaart is ongelooflik, en boonop bekostigbaar.

 

Strijdom hou daarvan om mense deel te maak van sy kuns.

 

 

Ek het toe die mense deel gemaak van die foto’s wat ek van sy foto’s geneem het.

 

Carolyn Meads van BooksLive het die geleentheid getwiet. Hier sit sy en werk op haar iPad.

  

Naomi Bruwer van Litnet (links), en Carina van der Walt, ‘n gereelde korrespondent vanuit Nederland, was ook by die geleentheid.

  

Nicol Stassen, Protea Boekhuis se grootbaas.

 

Christel Foord, Protea Boekhuis se produksiebestuurder.

 

 

 Die vuur.

 

 

Die boek. Kliek hier vir meer inligting.

4 antwoorde op Sculpting the Earth

  1. Izakdv het gesê op September 29, 2011

    dankie

  2. avega het gesê op September 29, 2011

    Dankie weereens. Gaan vir seker die boek koop. Het van sy werk gesien in tydskrifte en geniet by Aardklop ‘n paar jaar terug.

  3. Izakdv het gesê op Oktober 1, 2011

    dis die moeite werd, vega

  4. Izak, dankie vir die foto’s. Ek is ‘n onverbiddelike aanhanger van Strijdom. Ek is spyt ek het die geleentheid gemis – maar gaan beslis na die uitstalling kyk. Well done, Protea, vir hierdie boek!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.