by

Soos ’n blikkie CSV-kondensmelk

September 22, 2011 in Sonder kategorie

Julle het gisteraand iets gemis. “Wysheid van die Grysheid”, wat afgespeel het tydens die Open Book-fees (die Kaap se grootse Boekjol), was wonderlik.

 


Peter Snyders het almal laat rol van die lag, saam met die bietjie bitter. Snyders se diep innerlike krag en die manier waarop hy die wêreld lees, het my nog altyd opgeval.

 


Hennie Aucamp het van sy humoristiese verhale gelees, en ’n klompie versie uit Ghoera. Ghoera is natuurlik ’n moet op elke boekrak.

 


Johann Nel het ’n keur uit MM Walters se werk gelees. Op skool was ek al verruk met Walters se satires. Nel is ’n meester, ek kan ure na hom luister. Koop Walters se werk.

 


Die plek was gepak. Ek moes twee keer help stoele indra.Vir my het die mooiste woorde van die aand gekom van Verushka, daardie ikon van die Book Lounge. Verushka het die aand gereël, en sy was ook die seremoniemeester. Sy’t afgesluit deur te sê: “Dit was nou soos ’n blikkie kondensmelk wat jou ma in jou tas gepak het na ’n CSV-kamp toe. Onverwags, maar baie lekker.”

 

Sela!

2 antwoorde op Soos ’n blikkie CSV-kondensmelk

  1. Ag, te oulik gesê. Ek beny julle almal!

  2. Izakdv het gesê op September 22, 2011

    dit was lekker!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.