Profile photo of izakdv

by

Die aap in jou koffie

September 14, 2011 in Sonder kategorie

As julle, soos ek, gek is daarna om te weet waar woorde vandaan kom, dan het jy ’n eponiemwoordeboek nodig.

 

Luister gerus vanaand na Dr Anton Prinsloo op Kwêla, op KykNet, om 20:00. Hy gaan gesels oor Die aap in jou koffie – sy nuutste boek wat pas verskyn het.

 

Het jy geweet dat, as jy cappuccino drink, daar ‘n aap in jou koffie is? Waarom staan ‘n mens se strottehoof bekend as ‘n adamsappel? Is die dahlia regtig na die Sweedse plantkundige Anders Dahl vernoem omdat die blomblare soos sy onversorgde baard en hare gelyk het? Dié vrae het almal met eponieme te make: woorde wat gevorm is op grond van mense of plekke se name.

2 antwoorde op Die aap in jou koffie

  1. Dit klink na ‘n lekker boek om aan te skaf.

  2. avega het gesê op September 15, 2011

    Klink baie goed, dankie dat jy ons op hoogte hou van boeke waarvan ek beslis nie geweet het nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.