Jy blaai in die argief vir 2011 September.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Sculpting the Earth

September 29, 2011 in Sonder kategorie

Ek was gisteraand by die bekendstelling van Sculpting the Earth, Strijdom van der Merwe se nuutste boek.

 

Dis ’n pragwerk. Strijdom neem dikwels materiaal wat hy op die plek, waar sy kunswerk gemaak word, versamel en werk dan daarmee.

 

 

Ek het toe gisteraand besluit ek gaan my foto’s slegs met die lig van die restaurant en die vure neem, en ek gaan, soos Strijdom, verskillende elemente met mekaar laat praat.

 

 

Wat meer is, die bekendstelling is gehou in die Casparus Restaurant, wat grootliks ’n vertoonvenster is vir Strijdom se werk.

 

 

Etienne Bonthuys, die sjef in Casparus, is ’n meester, so wanneer julle weer daar in Stellenbosch is, gaan na die onderpunt van Dorpstraat en gaan sit aan. Die spyskaart is ongelooflik, en boonop bekostigbaar.

 

Strijdom hou daarvan om mense deel te maak van sy kuns.

 

 

Ek het toe die mense deel gemaak van die foto’s wat ek van sy foto’s geneem het.

 

Carolyn Meads van BooksLive het die geleentheid getwiet. Hier sit sy en werk op haar iPad.

  

Naomi Bruwer van Litnet (links), en Carina van der Walt, ‘n gereelde korrespondent vanuit Nederland, was ook by die geleentheid.

  

Nicol Stassen, Protea Boekhuis se grootbaas.

 

Christel Foord, Protea Boekhuis se produksiebestuurder.

 

 

 Die vuur.

 

 

Die boek. Kliek hier vir meer inligting.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Louis Esterhuizen op Kwêla

September 28, 2011 in Sonder kategorie

 

Mag ek julle voorstel aan die vriendelike man in die ongelooflike boekwinkel? Want, dis hoe ons hom ken. Sy naam is Louis Esterhuizen.

 

Hy praat vanaand op Kwêla met Coenie de Villiers oor die Protea-prys wat aan hom toegeken is vir die bundel Wat die water onthou.

 

Vir meer inligting oor die prys, kliek hier.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Gelukkige verjaarsdag, Google!

September 27, 2011 in Sonder kategorie

Google is vandag 13 jaar oud. Wat het ons voor hulle gedoen?

Profile photo of izakdv

by izakdv

Wat die water onthou wen die Proteaprys

September 25, 2011 in Sonder kategorie

 

Een van die mooiste en stilste bundels wat ek in ‘n lang tyd gelees het, is vanaand bekroon met die Proteaprys.

 

Mevrou Caro Wiese het vanaand die sewende Proteaprys aan Louis Esterhuizen oorhandig vir sy bundel Wat die water onthou.

 

Die Proteaprys is voorheen aan Charl-Pierre Naudé (2005), Gilbert Gibson (2006), Antjie Krog (2007), Loftus Marais (2009) en Breyten Breytenbach (2008 en 2010) toegeken.

 

Vir ‘n volledige verslag, besoek Protea se blog.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Soos ’n blikkie CSV-kondensmelk

September 22, 2011 in Sonder kategorie

Julle het gisteraand iets gemis. “Wysheid van die Grysheid”, wat afgespeel het tydens die Open Book-fees (die Kaap se grootse Boekjol), was wonderlik.

 


Peter Snyders het almal laat rol van die lag, saam met die bietjie bitter. Snyders se diep innerlike krag en die manier waarop hy die wêreld lees, het my nog altyd opgeval.

 


Hennie Aucamp het van sy humoristiese verhale gelees, en ’n klompie versie uit Ghoera. Ghoera is natuurlik ’n moet op elke boekrak.

 


Johann Nel het ’n keur uit MM Walters se werk gelees. Op skool was ek al verruk met Walters se satires. Nel is ’n meester, ek kan ure na hom luister. Koop Walters se werk.

 


Die plek was gepak. Ek moes twee keer help stoele indra.Vir my het die mooiste woorde van die aand gekom van Verushka, daardie ikon van die Book Lounge. Verushka het die aand gereël, en sy was ook die seremoniemeester. Sy’t afgesluit deur te sê: “Dit was nou soos ’n blikkie kondensmelk wat jou ma in jou tas gepak het na ’n CSV-kamp toe. Onverwags, maar baie lekker.”

 

Sela!

Profile photo of izakdv

by izakdv

Neem ’n hond aan

September 16, 2011 in Sonder kategorie

Ons gesin is deel van die DBV se amptelike veldtog om mense aan te moedig om honde aan te neem.

Ons het twee woefies aangeneem by die DBV en hulle is die dierbaarste goed wat jy jou kan voorstel.

Kliek hier vir die amptelike persverklaring.

Awie Badenhorst het die foto geneem waarop ons verskyn.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Die aap in jou koffie

September 14, 2011 in Sonder kategorie

As julle, soos ek, gek is daarna om te weet waar woorde vandaan kom, dan het jy ’n eponiemwoordeboek nodig.

 

Luister gerus vanaand na Dr Anton Prinsloo op Kwêla, op KykNet, om 20:00. Hy gaan gesels oor Die aap in jou koffie – sy nuutste boek wat pas verskyn het.

 

Het jy geweet dat, as jy cappuccino drink, daar ‘n aap in jou koffie is? Waarom staan ‘n mens se strottehoof bekend as ‘n adamsappel? Is die dahlia regtig na die Sweedse plantkundige Anders Dahl vernoem omdat die blomblare soos sy onversorgde baard en hare gelyk het? Dié vrae het almal met eponieme te make: woorde wat gevorm is op grond van mense of plekke se name.

Profile photo of izakdv

by izakdv

October Sky op SABC 3

September 11, 2011 in Sonder kategorie

 

Vanaand, Sondag 11 September 2011, is die film October Sky op SABC 3 om 19h30.

 

Die film vertel die ware verhaal van Homer Hickam, die seun van ’n steenkoolmynwerker. Die seun droom daarvan om eendag vuurpyle te maak, en dan begin hy dit doen.

 

Hickam was die man wat uitlaatstelsel van vuurpyle vir eerste keer kon verstaan – en reggekry het. Hy was nog ’n tiener toe dit gebeur het. Alle vuurpyle volg deesdae sy uitvinding.

 

Hickam word ondersteun deur sy onderwyser, maar sy pa kan glad nie die nut daarvan sien om verder skool te gaan nie. Daar ís werk in die myne en basta.

 

Dit is geen geheim nie dat Homer Hickam later vir Nasa gewerk het, maar hoe hy daar gekom het, moet julle maar self kyk.

 

Ek en my seun gaan saam-saam kyk vanaand. Ek moedig julle aan om dieselfde te doen! Hierdie verhaal vertel jou baie van mense met deursettingsvermoë – en van onnies wat glo in hulle werk.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Kyk Kwela vanaand!

September 7, 2011 in Sonder kategorie

 

Amy Schoeman se pragtige SKELETON COAST word bespreek.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Google gedenk Freddie Mercury

September 5, 2011 in Sonder kategorie

Besoek Google vandag, kliek en skakel die klank aan, veral as jy ‘n Queen-fan is.

 

Andersins kan julle hier kliek vir ‘n bespreking en ‘n YouTube-weergawe.

 

Lank lewe Freddie Mercury!