Jy blaai in die argief vir 2011 Augustus.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Eid al-Fitr 2011

Augustus 31, 2011 in Sonder kategorie

Kliek op enige van die onderstaande foto’s om ’n fotobeeld te sien van Eid wat reg deur die wêreld gevier word.

 

Hoeveel van julle het vriende en medewerkers ’n gelukkige Eid toegewens? Hoeveel mense ken julle wat gevas het die afgelope maand? Ek het heelwat vriende en kennisse wat vandag Eid vier. Dit is dus ’n blye okkasie.

 

Kyk gerus na die pragtige foto’s op die Mail & Guardian se webruimte – ek het drie hier geplaas.

 

Profile photo of izakdv

by izakdv

Lidia Theron op RSG

Augustus 30, 2011 in Sonder kategorie

 


Luister gerus Woensdagaand, 31 Augustus, na RSG. Net na die nuus om 21:00 is Lidia Theron in gesprek met Amanda Olivier in die program Kopskuif.

 

Lidia is die skrywer van Jy bly my kind.

 

Oorsese luisteraars kan inskakel op www.rsg.co.za

 

Jy bly my kind is ’n ikoniese werk in ons literatuur. Ek weet daar is ’n Engelse vertaling op pad.

 


Profile photo of izakdv

by izakdv

’n Reënboog vir Zach

Augustus 29, 2011 in Sonder kategorie

Zachariah was een van Mowbray se bekendste inwoners. Sy adres was die groot bos langs die M5, óf die groot bos regs van die parkie. In die winter had hy glo by tye ’n aanbod van onderdak in ’n garage aanvaar.

 

Toe ons ’n paar jaar gelede ingetrek in Mowbray, het ons buurman my sommer die eerste dag al vertel van Zachariah en onmiddellik gesê hy is skadeloos. Komende van hom, ’n oud-polisieman, was dit gerusstellend.

 

Dit was nie lank voor ek vir Zach ontmoet het nie. Sonder ’n enkele tand in sy mond het hy gelag en gegroet en begin vertel.

 

Zach se stories was by tye moeilik om te volg, en ander kere heeltemal onverstaanbaar. In sy helderder oomblikke kon ek sy Engels redelik volg, maar in sy dowwer dae was dit meestal ’n gebrabbel met enkele verstaanbare woorde.

 

Zach het die somers geniet en het telkens in die parkie op ’n bankie gesit. Dan het hy soos ’n Lord gelyk wat oor sy trotse besitting uitstaar. In die winter het hy ook die sonnetjie opgesoek, maar dan was dit merendeels om die klere droog en die lyf warm te kry.

 

Een middag, tydens een van sy helder oomblikke, het hy my ’n lesing begin gee oor die hadidas in die park. Ek kon nie die hele lesing volg nie, maar dit was duidelik dat hy homself gesien het as die beskermheer van die “government birds” wat hier rondgewei het en dat hy ontsteld was daaroor dat mense hulle soms jaag. Is dit omdat my twee brakkies niks meer geniet nie as om die hadidas te jaag?



Ek weet nie, al wat ek weet is dat ek sedert daardie dag nooit weer aan hadidas kan dink sonder om hulle te wil “government birds” noem nie.

 

Zach is hierdie winter oorlede. En iemand, ek vermoed ek weet wie, het die ander dag ’n steentjie ingemessel in die muur, mooi tussen Zach se bankie en Zach se bos. Die inskripsie lees:

 

In memory of Zachariah, who lived so serenely and humbly among us for so long.

Rest in peace, Zach, we will miss you.

 

Hierdie inskrywing is ’n erkentenis aan Zach, maar ook aan die inwoners van Mowbray wat vir Zach tussen ons laat leef het, sodat ons ook van hom kan leer.

 

Ek het soms na Zach gekyk en daardie aardige gevoel gehad dat ek moet dankbaar wees. Hoe lui die sêding? “But for the grace of God there goes I.”

 

Saluut Zach. Ek het hierdie reënboog in jou parkie afgeneem; ek het net langs jou bankie gestaan toe ek die knoppie gedruk het. Die government birds gaan goed aan.


Profile photo of izakdv

by izakdv

Jorge Luis Borges, die dromer en denker

Augustus 24, 2011 in Sonder kategorie

Google vier vandag die geboorte van Jorge Luis Borges, die Argentynse skrywer wat gedroom het van ’n enorme biblioteek wat enorme hoeveelhede data bevat en een waarin die leser voortdurend ’n nuwe keuse moet maak om na ’n nuwe stel data te gaan – soos ’n vurk in die pad.

 

Lees gerus Danny Goodwin se beskrywing van hierdie Google Doodle en van Borges se lewe en werk. Wanneer jy op hierdie skakel kliek, sal jy Borges se lewe en idees vier. Geniet dit!

Profile photo of izakdv

by izakdv

Melt op Vers en Klank

Augustus 16, 2011 in Sonder kategorie

 

Vanaand om 22:00 tot 22:30 lees Melt Myburgh sy verse voor op Vers en Klank.

 

Waar? Op RSG, 100 – 104 fm, of op www.rsg.co.za.

 

Melt het pas die Ingrid Jonker-prys gewen vir Oewerbestaan.

 

Profile photo of izakdv

by izakdv

Duo Four IV Two doen Julius Malema

Augustus 16, 2011 in Sonder kategorie

 

Wat het Julius Malema met uitstekende musiek te make? Kom luister môreaand om 18:00 na die splinternuwe, en werklik mooi, komposisie Beautiful Malema deur die Suid-Afrikaanse komponis Markus Wormstorm.

Ek het dit gisteraand in The Dream Factory gehoor.

Die eerste deel van die program het bestaan uit Duo Four IV Two (Frank Mallows en Magda de Vries) wat die volgende gespeel het:

1. Partita Africana, deur Hendrik Hofmeyr. Hofmeyr het hierdie stuk spesiaal vir hulle twee se instrumente verwerk.

2. Divisions, deur Robert Fokkens. Ek het eendag saam met Robert, Magda en Frank ontbyt geëet, toe sê Frank: “I want you to write us a piece.” Nou, twee jaar later, het hulle dit opgevoer.

3. Clare Loveday se Hoar Frost. Frank speel hier sy vibrafoon met twee strykstokke – en dis pragtig.

4. Paul Hammer se Victoria West. Paul het dit vir sy ma geskryf. Greg Andrews, die hoof van HeadStraight, het Paul se ma begrawe. Hy was daar gisteraand.

 

Hierna het Dane Coetzee (tjello), Justin Carter en Matthew Ferrandi (albei op klarinet) en Markus Wormstorm (op die sintetiseerder) by Duo Four IV Two aangesluit.

5. Unexpected Visitor, deur Markus Wormstorm, was volgende. Dis kort en melodies.

6. Markus Wormstorm se volgende stuk was street/kid/glue/smell. Ek was verruk hierdeur. Diegene wat Peter Gabriel se werk geniet, sal hierdie stuk ook geniet.

7. Toe het hulle afgesluit met Beautiful Malema. Kom luister self. Dis die moeite (en R50 ingang) werd.

 

Ek het die aand geweldig geniet.

Gisteraand was al die komponiste Suid-Afrikaners. Woensdagaand se program gaan soortgelyk, maar nie presies dieselfde nie, wees.

Woensdagaand om 18:00

By die Beau Soleil Musieksentrum.

Salisburystraat 12

KENILWORTH

7700

Kontaknommer:

021 761 1894

021 761 9005

Die foto hierbo het ek onlangs vir Duo Four IV Two geneem.

 

Profile photo of izakdv

by izakdv

Volpunte vir soektog na Casie en Driesie

Augustus 15, 2011 in Sonder kategorie

So ’n paar maande gelede het Johannes de Villiers by my huis ingeval. Hy wou weet of ek ’n idee het waar om Casie en Driesie, daardie twee broers wat deur Roger Ballen beroemd gemaak is, op te spoor.

 

Ons het pas DORPS uitgegee, so ek het Roger genader, maar hy kon ook nie help nie.

 

Johannes is egter ’n joernalis en een wat nie tou opgee nie. Hy het hulle waaragtig opgespoor en ’n wonderlike artikel in gister se Rapport gepubliseer oor die twee broers.

 

Lees gerus self as julle dit nie reeds in die Rapport gesien het nie.

 

Terloops, Johannes is ook die skrywer van die interessante boek AGTER DIE SOMBER GORDYN.

Profile photo of izakdv

by izakdv

A South African Censor’s Tale

Augustus 13, 2011 in Sonder kategorie

 

Dit is altyd lekker as ’n boek die nodige aandag kry; mense begin raaksien dat Kobus van Rooyen se boek, A South African Censor’s Tale, die moeite werd is.

Barry Ronge praat Sondagaand 14 Augustus met Kobus op Radio 702 en op Cape Talk; die uitsending is om 19:30.

Terloops, dit is wat Barry Ronge te vore oor hierdie boek gesê het:

“In my career as a film reviewer I often crossed paths – and a sword or two – with Prof. Kobus van Rooyen at the Publications Appeal Board. It was during the height of the Nationalist Party’s draconian censorship decisions. It was fascinating to see his insight beyond the immediate situation and how his practical, softly-spoken arguments led to landmark decisions. He broadened the space for honesty and topicality, and I remember, with awe, his championship of the Biko film Cry Freedom. Prof. van Rooyen was looking ahead with lucid clarity to a rapidly changing future. I believe the battle he fought then, has paved a path for the South African film industry that led to films like Tsotsi and Gangster’s Paradise: Jeruslema and that current young film-makers have their freedom and opportunities in South Africa because of his fortitude.”

Greg Andrews, van Head Straight, het ’n wonderlike onderhoud met Kobus gedoen, kyk ’n bietjie hier.

BooksLive het ook ’n storie gedra.

 

Die boek is by alle goeie winkels te koop, en as hulle dit nie het nie, sê hulle dit vir jou bestel; onthou dis hulle plig.

Daar is deesdae ook ’n groot aantal aanlynwinkels.

Red Pepper is die nuutste.

Protea Boekhuis se aanlynwinkel doen ook goed.

Kalahari bly nog een van die gevaarlikste plekke wat daar is…

… maar moenie van Loot vergeet nie!

En Exclus1ve Books se e-winkel is natuurlik ewe goed.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Melt op RSG

Augustus 11, 2011 in Sonder kategorie

 

Melt Myburgh, wat pas die Ingrid Jonker-prys gewen het vir sy bundel Oewersbestaan, praat môreoggend met Cobus Bester op Monitor.

Sorg dat jy om 0745 voor die Draadloos sonder Grense sit (RSG) sit!

Buitelanders, luister hier: www.rsg.co.za

En koop die bundel as jy dit nie reeds het nie! Dit gaan ’n versamelstuk word.

Profile photo of izakdv

by izakdv

ATKV-Woordveertjies 2011

Augustus 3, 2011 in Sonder kategorie


Goed, al die nuus van die ATKV-Woordveertjies is nou bekend en ek deel dit graag. Koop hierdie boeke en ondersteun die kunstenaars!

 

As jou boekhandelaar hulle nie het nie, moet hulle dit bestel. Dis hulle werk.

 

Die wenners van die ATKV-Kinderboektoekennings vir 2011 is bekend.

 

Voorleeskategorie: 3 – 6 jaar

  • Skrywer: Theresa van Baalen (LAPA Uitgewers) – Karla Krullebol
  • Illustreerder: Chris Venter (LAPA Uitgewers) – Karla Krullebol

Selfleeskategorie: Graad 1 – 3

  • Skrywer: Keina Swart (Protea Boekhuis) – Hoekom praat grootmense so snaaks?
  • Illustreerder: Maja Sereda (Protea Boekhuis) – Hoekom praat grootmense so snaaks?

 

Kliek hier vir meer inligting. 

Selfleeskategorie: Graad 4 – 5

  • Skrywer: Jaco Jacobs (Tafelberg) – Harlekyn
  • Illustreerder: Alistair Ackermann (LAPA Uitgewers) – Agent Snoet en die Groen Genugtig

Selfleeskategorie: Graad 6 – 7

  • Skrywer: Fanie Viljoen (LAPA Uitgewers) – Nova

Selfleeskategorie: Graad 8 – 10

  • Skrywer: Nerine Ahlers & Alet Steenkamp (LAPA Uitgewers) – Liefde is …

Die kortlyste vir die ATKV-Woordveertjies 2011 in die volwasse kategorie is ook bekend; hulle wenners word eers in September bekendgemaak.

 

Prys vir Poësie

  • Toevallige tekens – Martjie Bosman (Protea Boekhuis) (Kliek hier vir meer inligting.)       
  • Wat die water onthou – Louis Esterhuizen (Protea Boekhuis) (Kliek hier vir meer inligting.)
  •  Ligloop – Tom Gouws (Human & Rousseau)

ATKV-Prosaprys

  • Padmaker – Christine Barkhuizen le Roux (Human & Rousseau)
  • Abel se ontwaking – Chris Karsten (Human & Rousseau)
  • Etosha – Piet van Rooyen (Human & Rousseau)

 Prys vir Liefdesroman

  • Vier seisoene kind – Wilna Adriaanse (Tafelberg)
  • Somersneeu – Helene de Kock (Human & Rousseau)
  •  Pérsomi – Irma Joubert (Tafelberg)

 Prys vir Romanses

  • Anderkant die volmaan – Ettie Bierman (Satyn)
  • Margot en die meerman – Anita du Preez (Satyn)
  • Lied in jou hart – Jacolet van den Berg (LAPA Uitgewers)

Prys vir Spanningslektuur

  • Abel se ontwaking – Chris Karsten (Human & Rousseau)
  • Spoor – Deon Meyer (Human & Rousseau)
  •  Vuurvreter – Leon van Nierop (LAPA Uitgewers)

 Prys vir Dramateks

  • Babbel – Nicola Hanekom
  • Lot – Nicola Hanekom
  • Swerfgoed – Bauke Snyman

 Woordwystoekenning

  • My HAT Storiewoordeboek – Samesteller: Jana Luther (Pearson Education)