by

Magnus Malan is oorlede

Julie 18, 2011 in Sonder kategorie

Generaal Magnus Malan is vanoggend in Kaapstad oorlede. Hy was omring deur sy vrou en kinders.

Malan het op dertienjarige ouderdom reeds by die weermag probeer aansluit, maar is natuurlik geweier.

Sodra hy oud genoeg was, het hy ’n soldaat geword. Min mense het sulke diep spore getrap in ons weermag as juis hy.

Ons was bevoorreg om sy outobiografie uit te gee, in Engels en in Afrikaans.

Kliek hier vir die Afrikaanse boek: Magnus Malan – My lewe met die SA Weermag.

Click here for the English book: Magnus Malan – My life with the SA Defence Force.

4 antwoorde op Magnus Malan is oorlede

  1. Neander het gesê op Julie 18, 2011

    Dankie Izak. Ek het baie met hom oor die foon gepraat en ek was net eenkeer aan huis in Lynnwood, maar ek het sy vrou beter geken. Sy was saam met my ma op Kovsies en ‘n uitstaande sangeres.

    Hy is deur die VSA militêre akademie as ‘n uitstaande kadet beskou.
    Na die Kwamakutha hofsaak het hy vermom in die openbaar verskyn, ek het hom in Brooklynn herken toe hy fotos gaan ingee het.

  2. lora2me het gesê op Julie 18, 2011

    Ek kan nogal respek hê vir ‘n persoon met soveel selfdissipline en toegewydheid. Maak nie saak wat mense soms sê nie – ek dink hulle het nie altyd die persoon agter die uniform geken nie. Dra ons nie maar almal ‘n uniform van die een of ander aard nie?

  3. zephur het gesê op Julie 18, 2011

    Rus in vrede Generaal

  4. avega het gesê op Julie 18, 2011

    As ek na die weermag hier by ons kyk en die vet soldate wat hier in die dorp rondhang, het ons miskien weer ‘n paar generaals van sy kaliber nodig.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.