by

Fotowenners: Giants of the Desert

Januarie 3, 2011 in Sonder kategorie

Ek het nooit verlede jaar vir julle vertel wat gebeur het met die fotokompetisie nie. Die wenners is aangekondig by die amptelike bekendstelling van Giants of the desert. Ek plaas al drie wenfoto’s hieronder. Maar, voor ek die wenners bekendmaak, iets oor die boek.

Professor Fritz Eloff was vir 31 jaar die hoof van Dierkunde aan die Universiteit van Pretoria. Vir talle jare het hy meegedoen aan verskeie wetenskaplike geskrifte, maar eers onlangs het hy begin om meer populêr te skryf. In 1999 is sy boek oor die leeus van die Namib, Jagters van die duine, bekendgestel. Op 26 November 2010 is sy tweede boek, Giants of the desert, bekendgestel. Dié boek handel oor die olifante van die Namib en is ryklik van foto’s voorsien.

 

 Hier is Fritz Eloff saam met sy redakteur, Danél Hanekom (links), en Ada Radford, wat die boek uitgelê het.

 

Eloff was ook vir vyftien jaar lank die voorsitter van die Parkeraad. Hy was vol lof vir die werk wat die jonger geslag doen. Heel links op die foto is Kevin Moore, ’n skrywer en kenner op die gebied van omgewingsopvoeding. Kevin is tans verbonde aan die Parkeraad. Heel regs is Marinda van Graan, ook verbonde aan die Parkeraad. Tussen hulle is Louis Smit, Protea Boekhuis se bemarkingshoof

 

Salmon Joubert, die toenmalige uitvoerende direkteur van die Krugerwildtuin, was ook by die funksie.

 

Tussen dit alles deur was Fritz Eloff nog betrokke by die Noord-Transvaalse Rugbyunie ook. Barend van Graan, die uitvoerende hoof van die Blou Bulle, was ook daar.

 

En nou vir die wenners!

Hier is Louis Smit (links), Protea se bemarkingshoof, saam met Hennie Bezuidenhout, die wenner van die eerste prys. Hulle hou die wenfoto vas. (Hennie, ’n mediese dokter, gaan hier jaar in Port Elizabeth werk, so die fotograwe by die geleentheid het hom onmiddelik vertel van die Addo se olifante.)

 

Hier is Hennie se wenfoto. Dit is in Botswana geneem.

 

 Hier is die tweedeprysfoto. Hentie Burger was die fotograaf. Dit is ook Namibiese woestynolifante hierdie.

 

Die derde prys is gewen deur Chris Kruger.

 

Skud solank die stof van die lense af. Ons kondig sommer een van die dae weer ’n fotokompetisie aan.

5 antwoorde op Fotowenners: Giants of the Desert

  1. TS het gesê op Januarie 3, 2011

    Wow dis mooi nê? Rou foto’s?

    Hoop julle het ‘n baie mooi jaar!

  2. TS het gesê op Januarie 3, 2011

    Wil ek ook weet. Sou graag die ander inskrywings ook wou sien.

  3. borrels het gesê op Januarie 3, 2011

    Wow … great stuff! Hulle het vir ons my CCC se klub ook gevra om fotos in te skryf as ons wou. Nou kan ek ook sien hoe lyk die boek.

  4. Vetjan het gesê op Januarie 3, 2011

    Nou ja, tragies dan het ons ou regering, dis nou in Prof Eloff se heyday…. so by so de laaste woestynleeu laat uitskiet, en Etosha DRASTIES verklein … alles op aandrang van die boere.

    Gelukkig het van die woestynleeus oorleef. Ek het laasjaar daaroor geskryf.

    http://blogs.litnet.co.za/petruspap/woestynleeus-2

    Gelukkig is toerisme ‘n kragtige bewarings dryfveer, en kan boere nie meer so left right en centre elke leeu en olifant skiet nie.. tragies tog is dat die Namibiese regering laasjaar ‘n aantal woestyn olifante laat skiet het.

  5. Dankie, ek het al gewonder!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.