Jy blaai in die argief vir 2011 Januarie.

by izakdv

Swart en swart

Januarie 28, 2011 in Sonder kategorie

Die Rondebosch Meent, beter bekend as die Rondebosch Common, het gister laatmiddag afgebrand. Dis ’n paar honderd meter van ons huis af en ons gaan stap gereeld daar.

 

 

 

Vanoggend, voor sonop, het ek gou daar gaan draf. Ek wou dit dokumenteer en het middagete, met die son lekker hoog en skadu’s klein, die wyehoeklens geneem en vinnig ’n paar kiekies geskiet.

 

 

Die brand het vinnig versprei, en die brandweer kon hierdie paaltjies koel hou. Hierdie een vertel van die verskillende slange op die meent. Ek en my seun het al ’n aantal slange hier raakgeloop. Vanoggend, toe ek hier gehardloop het, was ’n swartkopreier juis besig om te eet aan ’n gebraaide slang – Rondebosch Braaid Snake het ek gedink.

 

 

 

Hierdie tamatieplantjie is omtrent al wat oorleef het in ’n see van swart.

 

 

 

Eendag, voor jy kan glo, sal alles weer groen wees. Die fynbos herstel verbluffend gou na ’n brand.

by izakdv

Kaffermeid en die aanval op Minister Oliphant

Januarie 25, 2011 in Sonder kategorie

Ek het verlede jaar ’n ou, blinde tannie ontmoet in ’n kerksaal in Athlone. Haar naam is Kaffermeid.

Jip.

Ek het Saterdagaand eers haar storie gehoor en dis een van daardie gevalle wat ek móét neerskryf.

Sy was nie altyd blind nie. Sy en haar tweelingsuster is siende gebore. S‎ý is egter as “huisslaaf” aangehou op ’n plaas daar in die Prieska-distrik.

In daardie dae is huismense ingebreek. Soos perde. Hulle is “na die hand geleer” en slae was deel van die opleiding. Liederlike slae. Lees André Brink. Van die goed wat hy skryf is grotesk, maar ek het al heelwat van sy bronne nagelees en … eish, dis histories korrek.

Terug na die vrou met die naam Kaffermeid. Sy is só jonk aan die plaasmense oorhandig dat sy haar eie naam vergeet het.

Sy’s Kaffermeid genoem in die huis, en dis die enigste naam wat sy ken.

Eendag het ’n loesing te ver gegaan. Sy kon daarna nooit weer sien nie.

Die oplossing van die plaaseienaar? Sy’s in ’n motor gelaai en Kaap toe gebring. Hier is sy afgelaai en aangesê om te wag.

Sonder om te kan sien, sonder om ’n idee te hê waar sy was, het sy van die oggend tot laatmiddag gewag. Toe het ’n “Slamse vrou” (so het die verteller gesê) gekom en met haar kom praat. “Ek wag op die baas,” het Kaffermeid gesê.

Die Slamse vroue het gou besef wat aangaan, vir Kaffermeid huis toe geneem, van kos en water en basies toiletgeriewe voorsien en haar tuinman aangesê om te gaan wag om te sien of die baas sou opdaag. (Hy het natuurlik nie.)

In daardie dae was die term kaffermeid so alledaags dat die nuwe gesin waarby sy tereggekom het, haar ook so genoem het. Geld kon hulle haar nie gee nie, maar in ruil vir kos en slaapplek, het sy hulle wasgoed begin was.

Die tuinier het haar jammer gekry en begin uitvra. Hy het ook konneksies gebruik en probeer uitvind waar sy vandaan kom. Haar eie kennis van geografie en haar eie mense was bitter gebrekkig, maar sy wis van haar sussie en kon darem ongeveer sê waar die plaas was.

Van hulle kant af het die gesin ook begin vra. Pynlik – oor maande heen – het boodskappers nuus uitgeruil.

Intussen het die tuinier begin om elke maand van s‎ý karige salaris ’n knertsie af te knyp en aan Kaffermeid gegee. Daarmee het hy dan vir haar die nodige toiletware en klere gekoop wat sy benodig het.

Hulle het die gesin opgespoor en die tuinier het Kaffermeid vergesel om na ’n punt te gaan waarheen ’n familielid van die gesin gekom het om te verifieer dat Kaffermeid inderdaad die verlore persoon is.

Via dié familielid is ’n boodskap aan haar gesin gestuur: Die tuinier het besluit om met Kaffermeid te trou.

Tog is aan my vertel dat dié tuinier, wat tot met sy dood baie mooi vir haar gesorg het, van die begin af gesê het: “Ek trou met haar uit jammerte, nie oor liefde nie.”

* * *

Nee. Dis nie ’n kortverhaal nie. Dis die reine waarheid. Die tannie leef nog. Vandag, in die jaar 2011, antwoord sy nog steeds net op die naam Kaffermeid.

* * *

Bogenoemde verduidelik deels hoekom vakunies so sterk staan op “decent jobs”. (Sien die hele artikel hier, as julle nie al gelees het nie.)

Ek stem glad nie saam dat enige werk benede ’n persoon is nie. Maar as ons bogenoemde geval in ag neem – en ek weet van ander ook wat dalk nie so opspraakwekkend is nie – dan kan ’n mens begin verstaan waarom die woord “decent” in die prentjie gekom het – en dis ook hoekom minister Nelisiwe Oliphant nou ook die woord “decent” begin gebruik het.

Ek vrees ons het produktiewe werkers nodig – wat ENIGE werk sal doen. Broodnodig. Tans is die buitelanders gewillig om harder en deegliker te werk as Suid-Afrikaners wat met ’n siek vorm van entitlement in hulle koppe rondloop. Maar ek kan nie help nie om saam te stem met die minister dat daar basiese, basiese goed moet wees om werkers te beskerm.

by izakdv

Hans Klaar deur Martinique Stilwell

Januarie 24, 2011 in Sonder kategorie

Lees ’n bietjie hierdie verslag oor ’n verkragter se lewe.

 

’n Teks wat goed geskryf is, is goed. En soms kan fiksie nie die waarheid klop nie.

 

Martinique Stilwell, ’n mediese dokter met ’n M in kreatiewe skryfwerk, het vir Hans Klaar as kind leer ken. Albei was kinders. Albei het groot geword. Albei was mal oor seil.

 

Martinique se pa het vir haar deure oopgemaak om te gaan studeer. Hans se pa het nie.

 

Net voor sy wou gaan studeer, het Martinique weer in Hans vasgeloop: Sy skryf: “One night on the beach that summer I learned to my detriment that Hans was not very good at listening when a woman said no.”

 

Tog kry sy dit reg om Hans se storie só te skryf dat ek saam met haar wonder of hierdie hoogs intelligente kêrel se lewe nie so anders kon uitdraai as hy ’n beter skoolopleiding gehad het nie.

 

Martinique is besig om ’n boek te skryf. As sy SO kan skryf, wil ek die boek lees!

 

Nog ’n skrywende dokter! Suid-Afrika het ’n paar van hulle.

by izakdv

We want sex

Januarie 21, 2011 in Sonder kategorie

In 1968 het ’n groep vroue, wat vir Ford gewerk het, begin staak en het ’n groot banier geprakseer wat gelees het: “We Want Sexual Equality”. Julle kan dink wat toe gebeur het – die een deel van die plakkaat val plat en al wat oorbly is … (lees my slim opskrif).

 

Daar is nou ’n film gemaak oor daardie staking. Made in Dagenham het pas begin draai in Suid-Afrika.

 

Ek wil dit bitter graag sien – en sal terugrapporteer wanneer ek het.

 

Ek het al baie gelees oor daardie tyd in Engeland. Dit is verbasend hoe lank mans gedink het hulle kan beter dink as vroue.

 

Ek onthou nog die dae toe my eie ma minder verdien het as mans, toe my ma, wat die pot aan die kook gehou het, my sukkelende pa se toestemming moes kry om enigiets groot te koop. (Getroude vroue is as minderjariges behandel voor die wet.)

 

Ek het my vorige inskrywing afgesluit met die gedagte dat demokrasie nie deur alle filosowe gesteun word nie. Dit mag so wees, maar die enigste ding wat erger is as demokrasie is ’n gebrek daaraan.

 

Gaan kyk Made in Dagenham. En vier die feit dat ons grondwet demokrasie en gelykheid onderskryf.

 

Dit was nie altyd so in Suid-Afrika nie.

 

Hier is Peter Bradshaw se resensie oor Made in Dagenham.

by izakdv

Profete en profane

Januarie 19, 2011 in Sonder kategorie

Ek kry die ander dag hierdie e-pos.

 

The danger to South Africa is not Jacob Zuma but a citizenry capable of entrusting a man like him with the Presidency. It will be far easier to limit and undo the follies of a Zuma presidency than to restore the necessary common sense and good judgment to a depraved electorate willing to have such a man for their president. The problem is much deeper and far more serious than Mr. Zuma, who is a mere symptom of what ails South Africa.

 

Blaming the prince of the fools should not blind anyone to the vast confederacy of fools that made him their prince. The Republic can survive a Jacob Zuma, who is, after all, merely a fool. It is less likely to survive a multitude of fools such as those who made him their President.

 

Daar is geen outeur vermeld nie, helaas. Wie ook al braaf genoeg was om Zuma se volgelinge aan te vat, was nie dapper genoeg om ’n naam hierby te sit nie.

 

Dalk omdat sy/haar sienings glad nie nuut is nie?

 

Is dieselfde nie al gesê toe George Bush aan bewind gekom het nie? En waaragtig ’n tweede kans gegee is? Wie kan onthou hoe die wêreld gespot het toe Reagan aan bewind gekom het?

 

En nou wil Moose Gun Sarah Palin staan vir president. (Sommige fools het haar al tevore tot Veep probeer verkies.)

 

En Hitler?

 

Maar wag, kom ons kom terug na Suid-Afrika. Hoeveel wit fools het vir DF Malan gestem in 1948? (En hoeveel bruin fools ook – net om in die gesig geskop te word kort daarna?)

 

Hoeveel wit fools het al die jare gedink Verwoerd is die grootste staatsman ooit?

Wat my bring by ’n nuwe boek oor Jan Smuts. Hier is ’n aanhaling uit Leopold Scholtz se resensie:

 

In die heilige kanon van die Afrikaner-nasionalistiese geskiedskrywing soos voorgeskryf deur die ou Nasionale Party, was die naam van Jan Christiaan Smuts anatema. Sy intelligensie – ja, selfs briljantheid – is weliswaar erken, maar hy was ’n afvallige, ’n ­verraaier van die Afri­kaner­volk.

 

Julle kan die volledige resensie hier lees.

 

 

 

Die boek is op Kalahari.net koop. Dis tans spotgoedkoop teen R136.

 

 

As julle belangstel in die filosofie, sal julle op talle denkers afkom wat sê demokrasie is ’n sleg ding. Ons gooi te maklik denkers uit en ons kies te maklik vir die fools wat presies sê wat ons wil hoor.

by izakdv

Roger Ballen Fotokompetisie: My “Dorp”

Januarie 10, 2011 in Sonder kategorie

(An English version of this document is available. Please request the previous entry.)

Vandag word Roger Ballen se naam geassosieer met die DIE ANTWOORD. Zeff, ek sê. Maar weet rapliefhebbers hoe diep sy spore oor die ganse Suid-Afrika lê? Protea het pas DORPS uitgegee. Dit is ’n versameling van sy ikoniese vroeër werke – uit die dae toe Zeff nog nie deel van ons woordeskat was nie, toe ’n Antwoord nog ’n vraag gehad het, toe die lewe nog stadiger was. Dit is ’n klassieke versameling hierdie – ’n moet vir enige fotograaf se versameling. In Ballen se eie woorde: “In many ways I feel as if I have recorded the elements of a dying culture. I photographed these towns in the hope of ‘freezing’ time and arresting the utter extinction of the South African dorp.”

Ons nooi julle uit om deel te hê aan hierdie geskiedkundige oomblik. Ons kompetisie staan bekend as My “Dorp”. Stuur asseblief vir ons jou foto’s oor daardie plek wat vir jou “dorp” is – of dit nou die stadskern is waar jy bly, of ‘n pragtige plattelandse plekkie waardeur jy eens gery het. Onthou, jy behou volle kopiereg op jou foto’s.

Protea gee drie wonderlike pryse weg. Een prys elk gaan vir:

  1. Die beste swart-en-witfoto
  2. Die beste kleurfoto
  3. Die beste stukkie nostalgie

Roger Ballen sal self die wenfoto’s kies!

Elke wenner sal ‘n getekende kopie van DORPS ontvang, asook ‘n R500 geskenkbewys om te gebruik op enige van Protea se boeke. Stuur asseblief julle inskrywings na foto@proteaboekhuis.co.za (die reëls verskyn hieronder.) Stuur asseblief hierdie e-pos aan enige een wat mag belangstel. Die sluitingsdatum is 1 Maart 2011.

 

Tans by alle goeie boekwinkels. Vra jou winkel om te bestel as hulle dit nog nie het nie.


Dorps: The Small Towns of South Africa

Outeur: Roger Ballen

Voorgestelde kleinhandelprys: R350,00

ISBN: 978-1-86919-394-2

Formaat: 285 mm X 238 mm

Hardeband, aantal bladsye: 160

 

Reëls

  1. Foto’s moet gestuur word aan foto@proteaboekhuis.co.za met MY DORP in die onderwerplyn. Die sluitingsdatum is 1 Maart 2011.
  2. Stuur asseblief net een foto per e-pos.
  3. Net die eerste drie inskrywings van elke fotograaf sal vir die prys in aanmerking kom.
  4. Foto’s moet as JPGs gelewer word en die langste sy moet 1024 pixels wees. Voorkeur sal verleen word aan foto’s wat aan hierdie spesifikasies voldoen, maar ons moedig enigeen aan om in te skryf, so, as jy bogenoemde verstaan nie, sorg net asseblief dat jou foto’s nie groter 2 megagrepe is nie! (Foto’s wat te groot is, sal outomaties gediskwalifiseer word.)
  5. Foto’s mag digitaal verbeter word.
  6. Alle foto’s moet vergesel word van die volle naam, e-posadres en posadres van die fotograaf. Professionele fotograwe mag kies om hulle ateljees se name te gebruik, maar skuilname sal nie aanvaar word nie.
  7. Protea Boekhuis behou die reg voor om inskrywings te publiseer om sodoende hierdie kompetisie te bevorder. Onder “publikasie” word verstaan dat dit per e-pos, op enige digitale forum, waaronder die internet, en in die gedrukte media mag verskyn. Protea Boekhuis onderneem egter om nie enige foto vir enige ander rede te publiseer sonder om eers die skriftelike toestemming van die fotograaf te verkry nie. Die fotograaf behou volle kopiereg.
  8. Geen foto wat voorgelê word, mag inbreuk maak op kopiereg nie, en die deelnemer vrywaar Protea Boekhuis en enige agente wat namens Protea Boekhuis optree, van enige optrede wat mag voortspruit uit ‘n foto wat voorgelê word.
  9. Enige persoon mag deelneem. Pryse sal gratis aan deelnemers, wat in Suid-Afrika woon, gepos word. Sou ‘n buitelandse deelnemer wen, sal Protea Boekhuis met die persoon in verbinding tree rakende die beste manier om die prys aan haar/hom te besorg.
  10. Werknemers van Protea Boekhuis en hulle gesinslede sal nie in aanmerking kom vir die pryse nie.
  11. Die beoordelaars se besluite is finaal en geen korrespondensie sal daaroor plaasvind nie.
  12. Deur deel te neem, gee die deelnemer die reg aan Protea Boekhuis om haar/hom in kennis te stel van verdere kompetisies en soortgelyke promosies. Protea Boekhuis onderneem egter om nie deelnemers se adresse aan buitepartye te verskaf nie, en onderneem ook om ‘n deelnemer van die databasis te verwyder indien so ‘n versoek skriftelik gerig sou word.

by izakdv

Roger Ballen Photo Competition: My “Dorp”

Januarie 10, 2011 in Sonder kategorie

(‘n Afrikaanse weergawe van hierdie dokument is beskikbaar. Sien asseblief die volgende inskrywing.)

Today Roger Ballen is a name closely associated with DIE ANTWOORD. Zeff, ek sê. However, his roots (or maybe his routes?) go much deeper into the South African soil than rap fans would realise. To celebrate his roots (or maybe his routes?) Protea has just published DORPS, a collection of his iconic earlier works – some of which have never been seen before. These are from a time before Zeff. When antwoord simply meant answer. When life was slower.

This is a classic – a must-have in any photographer’s collection. Says Ballen: “In many ways I feel as if I have recorded the elements of a dying culture. I photographed these towns in the hope of ‘freezing’ time and arresting the utter extinction of the South African dorp.”

And we invite you to join in the fun. Our photo competition is called My “Dorp”. Send us your photographs of that place that you call “Dorp” – be it a city slum or a pristine rural town you may once have driven through. Remember, you retain full copyright of your photographs.

Protea is giving away three fabulous prices, one each for:

  1. The best black and white photograph
  2. The best colour photograph
  3. The best of nostalgia

Roger Ballen himself will select the winning photographs!

Each winner will receive a signed copy of DORPS and a gift voucher for R500 to be exchanged for any other Protea books. Please send entries to foto@proteaboekhuis.co.za (the rules are below.) Please forward this e-mail to anyone who might be interested. The closing date is 1 March 2011.

 

Currently available at all good bookstores. Ask your store to place an order if they do not have copies in stock.


Dorps: The Small Towns of South Africa

AUTHOR: Roger Ballen

SUGGESTED RETAIL PRICE: R350,00

ISBN: 978-1-86919-394-2

FORMAT: 285 mm X 238 mm

HARDCOVER, NUMBER OF PAGES: 160


Rules

  1. Photographs should be sent to with MY DORP in the subject line. The closing date is 1 March 2011.
  2. Please send only one photograph per e-mail.
  3. Only the first three entries from each photographer will be considered.
  4. Photographs must be supplied as JPGs and the longest side should be 1024 pixels. Preference will be given to photographs that follow these specifications, but we encourage anyone to enter, so if these specs sound hectic, please ensure that photographs do not exceed 2 megabytes! (Photographs that are too big will automatically be disqualified.)
  5. Photographs may be digitally enhanced.
  6. All photographs must be accompanied by the full name, e-mail and postal address of the photographer. Professional photographers may choose to enter using their studios’ names, but pseudonyms will not be accepted.
  7. Protea Book House reserves the right to publish any entry in order to promote this competition. The term “publish” includes distribution by email, or on any digital forum, including the internet, as well as in the printed media. Protea Book House undertakes not to publish any of these photos for any other purpose without first obtaining written permission from the photographer. The photographer retains copyright.
  8. No picture presented may infringe any copyright and the entrant indemnifies Protea Book House, and agents acting on behalf of Protea Book House, of any action that may arise from a photograph submitted.
  9.  Anyone may participate. For this competition the prizes will be posted free of charge to participants living in South Africa. Should a competitor outside South Africa win, Protea Book House will contact the winner to establish the best means by which the prize can be sent to her/him.
  10. Employees of Protea Book House and their family members will not be eligible for prizes.
  11. The judges’ decisions are final and no correspondence will be entered into.
  12. By participating, the participant gives Protea Book House the right to notify her/him
    of other competitions and similar promotions. However, Protea Book House undertakes not to disclose the participants’ addresses to third parties and also undertakes to remove a participant from the database, should such a request be submitted in writing.

by izakdv

Bill Gates, kommunis, en ’n Yank se essay oor Die Antwoord

Januarie 5, 2011 in Sonder kategorie

Ek sal netnou vir julle ’n idee gee hoekom Bill Gates ’n kommunis is en waarom Die Antwoord by Yale Universiteit nagevors word, maar eers: Ek het ’n ruk gelede pak gekry toe ek genoem het dat die kuns van die essay deur die blog vervang word. Hier is die blog waarin ek dit geskryf het.

  

Die vraag is natuurlik: Wat is ’n essay?

 

P. Haffter, voorheen ’n prof aan Unisa, het ’n baie insiggewende stuk geskryf in TT Cloete se Literêre Terme & Teorieë. Dié teks is deesdae grootliks onverkrygbaar, so ek gaan sy punte só opsom: 

  1. Die stam van hierdie begrip is die Latynse woord exagium, wat “bepeinsing”, “proefneming” of “probeerslag” beteken.
  2. Die Fransman Michel de Montaigne se “pogings” het, danksy ’n Franse fonetiese verbuiging van die Latyn, as Essais bekend gestaan. Hulle is in 1580 gepubliseer.
  3. Francis Bacon het reeds in 1597 ’n bundel Essayes or counsels civil and moral gepubliseer.
  4. Daniel Florio het Montaigne se werk in 1603 na Engels vertaal en hulle toe ook Essayes genoem, maar die Engelse en Franse baklei vandag nog daaroor of Engelse “essays” wel vergelyk kan word met Franse “essais” – albei partye dink skynbaar die antwoord is “nee”.
  5. Dit is dus moeilik om die essay te definieer.
  6. Haffter beweer dat talle mense in Afrikaanse essays geskryf het, sonder om hulle só te noem. In onse taaltjie het hulle bekend gestaan as “sketse, as briewe aan die pers of manifeste.”

Nou ja. Daar het julle dit. Die heel beste beskrywing van die essay kom, myns insiens, van ’n Duitser, A Gleichen-Russwurm, wat in Das literarische Echo geskryf het dat die skrywer van “Der Essai” nié ’n wetenskaplike betoog lewer nie, maar wel “gesels soos ’n gas in ’n voorkamer van ’n gekultiveerde huis.”

 

Bravo! Ek hou van die gesels-idee.

 

My kontensie is dat die bundels essays in die verlede soos kortverhale gebundel is en uitgegee is. Dié deel van my argument het dalk swak oorgekom, maar ek is bly dat dit debat ontketen het.

 

Petrus Pap het veral goeie argumente gehad. Hy het my verwys my toe na die WikiPedia se inskrywing oor die begrip blog.

 

Ek moet onmiddellik noem dat die WikiPedia vir my ’n vloekwoord is, want die meeste van hulle inligting berus op halwe waarhede en is geheel en al ongetoets. Petrus was egter korrek oor hierdie een, want die feite is, oor die algemeen, redelik netjies. Julle kan selfs gaan kyk na die Wiki inskrywing oor die essay, dit is óók taamlik deeglik.  

 

 Die voordeel van ’n Wiki-tipe teks is dat jy ’n veel breër insig kry oor die gemiddelde leser se idee – en dus definisie – van ’n onderwerp.

 

Die Wiki-teks noem byvoorbeeld dat essays nog baie gebruik word in toelatingseksamens in die VSA. Dit is korrek. Die feit is egter dat gemelde “essays” niks meer of minder is nie as die langvrae wat ons almal op skool moes beantwoord om matriek te slaag.

 

Waarom word daar dan so ’n ophef oor hulle gemaak op die Wiki? Wel, die rede is dat meer en meer assessering deesdae óf prakties is, óf per video en PowerPoint gedoen word. In Suid-Afrika geld die geskrewe “essay” nog in die meeste fakulteite, maar die alomteenwoordige selfoonvideo is hier ook besig om oor te neem.

 

Daar is ’n interessante kamee oor die toelatingsessay, en die teenpool, in die film Legally Blonde wanneer Elle Woods (die Reese Witherspoone-karakter) besluit om juis nié die essay te skryf nie, maar om haarself in ’n bikini te laat afneem terwyl sy met die fakulteit práát.

 

Die Amerikaners vind dit dus nodig om met hulle gebruik van die “essay” te spog – juis omdat dit minder en minder gebruik word.

 

Petrus Pap én Pruimtwak maak egter albei ’n baie belangrike stelling: Nie alle bloginskrywings is essays nie. Korrek. Ek vind egter wél dat daar sommige mense is wat so lekker met jou “gesels” op hulle blogs, terwyl ek só baie by hulle leer, dat ek nie anders kan nie as om my hoed vir hulle te lig.

 

Ek wil Berwick se blogs as ’n vreemde voorbeeld noem. Berwick skryf soms redelik min, maar die meeste van sy blogs is vreemde klein kunswerkies – ons sou sommige van hulle moontlik foto-essay kon noem. (Oor die foto-essay kan ek passievol raak, maar dis ’n ander aand se gesels.)

 

Oor wat ’n blog nou eintlik is, kan ons óók nog lank gesels.

 

Ek wil egter opsom: Die essay is moontlik iets wat jou laat dink, maar dis nie ’n akademiese artikel nie. Wanneer die Wiki-insksrywing oor die essay dus begin gesels oor “academic papers” en “discussion papers”, verloor hulle, myns insiens, die plot.

 

Mag ek julle dus bekendstel aan twee akademici wat blog en, myns insiens, inskrywings pleeg wat baie na aan essays is – indien hulle nie reeds essays is nie.

 

Die eerste is van Bert Olivier, ’n filosoof aan die Nelson Mandela Metropolitan University. Bert kan geweldig interessant gesels oor films, boeke en filosofie. Soms is sy goed taamlik akademies, maar dis altyd só dat ek dit ook kan verstaan. (En Bert word gewoonlik opgemerk in die nabyheid van ’n baie mooi vrou, wil ek tong in die kies noem. Hy’s nogal ’n babe-magneet…)

 

Dit is Bert wat vir ons vertel hoekom hy na Bill Gates en George Soros verwys as “liberal communists”. Dit klink gek, nie waar nie?

 

And yet, as every lover knows, Shakespeare’s “sweet sorrow” of Romeo and Juliet’s parting is all too real. So, too, the fact that liberal communists, who ironically call themselves by that phrase, are an all too tangible part of our world.

 

Lees gerus self die res. Dit ís baie interessant en handel oor ryk sakemanne wat ook filantrope is.

  

Die tweede blog waarna ek wil verwys lees dalk effens makliker, maar bly steeds ’n akademiese geselsie oor kopiereg. Ene Vance W, van Yale Universiteit (in die VSA) is gefassineerd deur Die Antwoord. Hy beskryf “Enter the Ninja” soos volg:

 

The visual makeup of their debut video “Enter the Ninja” is a hellish mix between the visuals of Roger Ballen and some sort of psychiatric ward version of a Keith Haring mural.

 

Hier is die res van die blog. Daar is foto’s in om sy standpunt te verduidelik.

 

Ek dink sy laaste twee sinne moet ek ook uitlig:

 

As Umberto Eco wrote in Postscript to the Name of the Rose “I think of the postmodern attitude as that of a man who loves a very cultivated woman and knows he cannot say to her, ‘I love you madly,’ because he knows that she knows (and that she knows that he knows) that these words have already been written by Barbara Cartland. Still, there is a solution. He can say, ‘As Barbara Cartland would put it, I love you madly.’”

 

Roger Ballen het, terloops, die regie behartig van Die Antwoord se “Wat Pomp”. Om meer oor hom te lees, hier is sy webruimte.

 

Keith Haring se werk is gewoonlik taamlik bont (Ballen is altyd donker en strak), maar van Haring se later werk het ook met monochromatiese effekte begin speel. Hier is Haring se webruimte.

 

Ek raak nou lankdradig. Ek sal probeer om more vir julle aan ’n aantal boeke bekend te stel wat moontlik toon die gedrukte essay is nog nie dood, maar wel op die rooidatalys.

 

Intussen sal ek maar aanhou om uitstekende blogs te lees.

 

Maar wat is ’n blog? Dis ’n ander dag se gesels!

by izakdv

Fotowenners: Giants of the Desert

Januarie 3, 2011 in Sonder kategorie

Ek het nooit verlede jaar vir julle vertel wat gebeur het met die fotokompetisie nie. Die wenners is aangekondig by die amptelike bekendstelling van Giants of the desert. Ek plaas al drie wenfoto’s hieronder. Maar, voor ek die wenners bekendmaak, iets oor die boek.

Professor Fritz Eloff was vir 31 jaar die hoof van Dierkunde aan die Universiteit van Pretoria. Vir talle jare het hy meegedoen aan verskeie wetenskaplike geskrifte, maar eers onlangs het hy begin om meer populêr te skryf. In 1999 is sy boek oor die leeus van die Namib, Jagters van die duine, bekendgestel. Op 26 November 2010 is sy tweede boek, Giants of the desert, bekendgestel. Dié boek handel oor die olifante van die Namib en is ryklik van foto’s voorsien.

 

 Hier is Fritz Eloff saam met sy redakteur, Danél Hanekom (links), en Ada Radford, wat die boek uitgelê het.

 

Eloff was ook vir vyftien jaar lank die voorsitter van die Parkeraad. Hy was vol lof vir die werk wat die jonger geslag doen. Heel links op die foto is Kevin Moore, ’n skrywer en kenner op die gebied van omgewingsopvoeding. Kevin is tans verbonde aan die Parkeraad. Heel regs is Marinda van Graan, ook verbonde aan die Parkeraad. Tussen hulle is Louis Smit, Protea Boekhuis se bemarkingshoof

 

Salmon Joubert, die toenmalige uitvoerende direkteur van die Krugerwildtuin, was ook by die funksie.

 

Tussen dit alles deur was Fritz Eloff nog betrokke by die Noord-Transvaalse Rugbyunie ook. Barend van Graan, die uitvoerende hoof van die Blou Bulle, was ook daar.

 

En nou vir die wenners!

Hier is Louis Smit (links), Protea se bemarkingshoof, saam met Hennie Bezuidenhout, die wenner van die eerste prys. Hulle hou die wenfoto vas. (Hennie, ’n mediese dokter, gaan hier jaar in Port Elizabeth werk, so die fotograwe by die geleentheid het hom onmiddelik vertel van die Addo se olifante.)

 

Hier is Hennie se wenfoto. Dit is in Botswana geneem.

 

 Hier is die tweedeprysfoto. Hentie Burger was die fotograaf. Dit is ook Namibiese woestynolifante hierdie.

 

Die derde prys is gewen deur Chris Kruger.

 

Skud solank die stof van die lense af. Ons kondig sommer een van die dae weer ’n fotokompetisie aan.