by

The Book Thief deur Markus Zusak

Desember 31, 2010 in Sonder kategorie

Ek het pas een van die groot boeke van ons huidige eeu gelees. The Book Thief deur Markus Zusak. Ek weet die eeu is nog jonk, maar hierdie een gaan op my lysie bly.

The Book Thief handel oor Nazi-Duitsland gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Dit vertel die verhaal van ’n aantal brandarm Duitsers wat nie wou gehoor gee aan die drome van die meesterras nie.

Ja, hierdie Duitsers is ménse. Hulle ly onder Hitler. Hulle kry swaar vir die Jode se onthalwe.

Net soos daar in Suid-Afrika mense was wat al die jare die gekheid van ’n Afrikaanse Meesterras teëgestaan het, so was daar van hulle in Duitsland ook.

Ek kan nie werklik die boek resenseer nie. Ek kan net noem dat ’n Duitssprekende vriend en sy Indiese vrou dit gelees het toe hulle onlangs by ons gekuier het. Hulle was in vervoering en het nog ’n kopie gekoop wat hulle vir ons gegee het.

Ek kan verstaan hoekom. Dit is ’n meesterwerk.

Wees gewaarsku dat ek die eerste drie hoofstukke uiters irriterend gevind het – tot ek die spel begin verstaan het.

Hierdie jaar was wonderlik, maar ek het té min gelees en té min geskryf. Ek hoop dat ek én julle meer tyd gaan hê om te lees in 2011.

Mooiloop!

22 antwoorde op The Book Thief deur Markus Zusak

  1. abrham het gesê op Desember 31, 2010

    oom izak, hoe nou? – ek sou eerder genade gevra het vir die fokkers wat annelie ontfok het!
    oorle lucky sing nou vir my prisoner …

  2. Izakdv het gesê op Desember 31, 2010

    soms is daar nie woorde nie. Jou blog het my hart hard geruk.

  3. abrham het gesê op Desember 31, 2010

    oom izak, komende van ‘n literere hogere hol – i am honoured, sir!

  4. Izakdv het gesê op Desember 31, 2010

    braam, moenie jouself onderskat nie!

  5. Izakdv het gesê op Desember 31, 2010

    inderdaad

  6. Ek is bly jy het dit genoem, ek het nou die dag gewonder of ek die boek moet aflaai, nou sal ek.
    Dankie
    🙂

  7. abrham het gesê op Desember 31, 2010

    oom izak, ek kak elke dag(gelukkig) hier in die weste van die noorde piepie en drink ons saam. ons lewe is sonder zille of zuma, ,maar die twee fokkers dal ons nog op fok. dankie lat oom izak my hoor, ek praat maar hier tussen dei myners uit. mag oom izak en sy mooige vroukie en pragtige kinners kry wat oom izak voor bid, glo,hoop rn net te bang is om te se. oom izak is my hero, oom izak is slimmer as ek. sorry oom izak, ek se jammer wat ek nooit moet doen nie – want sien oom izak ek skryf short short fiction!

  8. Ek het ‘n proef-eksemplaar vasgehou voor dit verskyn het, en die dag toe dit uitgepak is by die boekwinkel het ek dit gekoop….is tot nou nog nie spyt nie. Werklik die beste “anderste” boek wat ek besit.

  9. abrham het gesê op Desember 31, 2010

    en oom ixak. lucky sing nou net – i am a prisoner. hy omdat hy n fiets gesteel het – ek, omlat ek gedog het ek het ieisie ye se sonder dat ek deur hoe priesters gesensureer word. dankie lat oom izak by my gekom kuier het, so waar as fok@!!

  10. abrham het gesê op Desember 31, 2010

    heerder izak. ek gaan nie my kak reply uitvee nie. jy kan as jy wil. op die ou einde van van die dag is ek n doos en sommige ander ook. hulle doosgeit maak myne nie minder of meer nie. see you in the gates …

  11. abrham het gesê op Desember 31, 2010

    heppie

  12. Lekker om ‘n anner abrham te sien!

  13. abrham het gesê op Januarie 1, 2011

    dis nie ekke nie, dis n ander ou wat sy seer kop vanoggend by my gelos het

  14. Izakdv het gesê op Januarie 1, 2011

    Lekker 2011 Abrham. Mag dit vrugbaar wees in die skryfhok!

  15. Izakdv het gesê op Januarie 1, 2011

    Lekker, Lou! Ek’s mal daaroor.

  16. Izakdv het gesê op Januarie 1, 2011

    Ek het tyd gemaak vir myself. Dankie, Tronkie.

  17. Izakdv het gesê op Januarie 1, 2011

    Dankie, gesien. Ek wou juis nie ‘n TE volledige resensie plaas nie – daar is goed in hierdie boek wat mense moet BELEEF.

  18. Dink jy dat die beskrywing van die boek op Book_ends sou die plesier verminder?
    Want dit was in elk geval uit die Washington Post soos ek aangehaal het.

  19. Izakdv het gesê op Januarie 2, 2011

    Geensins! My punt is net die volgende: As mense meer wil weet, kan hulle ‘n resensie gaan soek. Ek hou soms daarvan om heeltemal “koud” in ‘n boek in te gaan. Dis die rede hoekom ek die boek aanbeveel, maar nie regtig wil bespreek nie. (Die verteller gee in elk geval die storie baie gou weg!)

  20. jjanajj het gesê op Januarie 3, 2011

    oooo ek is bitter lief vir hierdie boek.

  21. Izakdv het gesê op Januarie 3, 2011

    Hallo Jana
    Lekker om jou weer raak te loop!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.