by

Min woorde vertel soms so baie hartseer

Desember 8, 2010 in Sonder kategorie

Eish. Lees ’n bietjie hierdie blog.

 

Ek ken Suki al van voor haar troue. Min mense weet van die groot aantal video’s en opvoedkundige boeke wat sy en haar man help maak het vir die skolemark. Daar was nagte wat ons op swart koffie en humor oorleef het. Ek het gewoonlik die stilfoto’s geneem, Suki sou heel dikwels model speel en Gavin sou die video’s neem.

 

Daarna was dit ure se redigering.

 

Haar eersteling se geboorte was ’n vreugde, en ek is per SMS ingelig toe die tweede se bestaan bevestig is. Nogal verspot skryf ek toe terug: Watter posisie? (Dit na aanleiding van ’n bloginskrywing wat sy vroeër gemaak het.) Haar antwoord was: Jy sal maar moet wag en sien.

 

Nou is die wag oor. En ons sal nie kan sien nie. Met bitter min woorde het sy baie hartseer op haar blog gestort.

 

Dink aan hulle, asb.

3 antwoorde op Min woorde vertel soms so baie hartseer

  1. TS het gesê op Desember 8, 2010

    ..sug… ja die lewe loop nie altyd ‘n reguit pad nie. Sterkte vir jou ook.

  2. Izakdv het gesê op Desember 8, 2010

    Ja, dis boeke wat saam met joune gemaak is, Tina. Jy sal hulle name ken.

  3. Ag dis sommer miserable.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.