by

Jesus was HIV+

Desember 2, 2010 in Sonder kategorie

Die kuns van die Essay is deesdae aan die uitsterf, wat jammer is. As uitgewers waag ons nog nou en dan om mense se essays uit gee. Dink maar aan Dot Serfontein se vertellings. En van Hennie Aucamp, een van ons meesters, gaan daar in volgende jaar weer ’n pragboek verskyn.

 

In die plek van die essay het die blog egter gekom.

 

Nou, kom ons wees eerlik: Daar is uitstekende blogs, en daar is ander wat nie so uitstekend is nie. Goed en wel, maar hulle is daar en nie almal hoef essays te skryf nie. Die blog maak dit juis moontlik om korter, treffende werk daar te stel.

 

Dan is daar mense soos ek wat gefrustreerde skrywers is (ek werk so hard dat ek nie uitkom by my blog nie), dan steel ons maar ander se stories.

 

Ek wil julle dus verwys na ’n uitsonderlike blog met die titel: Did you know Jesus was HIV-positive?

 

Lees dit en geniet die feit dat Suid-Afrika sulke uitstekende skrywers het.

14 antwoorde op Jesus was HIV+

  1. lisabeth het gesê op Desember 2, 2010

    Sjo…praat van ‘n opskrif watn die oog vang!

  2. UNPOCO het gesê op Desember 2, 2010

    Inderdaad ‘n uitsonderlike blog!

  3. TS het gesê op Desember 2, 2010

    hehehehe… dankie tog dat ek darem die essay ding kan misloop… en weet jy ek werk net mooi niks en steel nog altyd ander se stories.
    Moenie dat die frustrasie jou onder kry nie Jy sal altyd jou lesers(lees fans) plesier. Frustrasie beperk mens net en jy hoef nie jou heel beste werk juis nou te doen nie. Dit gaan kom wanneer dit moet.
    Nou het die ou Tannie klaar gepreek.
    lekker week verder

  4. TS het gesê op Desember 2, 2010

    hehehehe… dankie tog dat ek darem die essay ding kan misloop… en weet jy ek werk net mooi niks en steel nog altyd ander se stories.
    Moenie dat die frustrasie jou onder kry nie Jy sal altyd jou lesers(lees fans) plesier. Frustrasie beperk mens net en jy hoef nie jou heel beste werk juis nou te doen nie. Dit gaan kom wanneer dit moet.
    Nou het die ou Tannie klaar gepreek.
    lekker week verder

  5. bloukaap het gesê op Desember 2, 2010

    Izak, dit sou my erg grief indien die ‘blog begrip’ ooit die ‘kuns’ van ‘essay’ sou vervang. Daarmee sê ek nie dat daar nie wel briljante essays op blogs verskyn nie. Daar is baie voorbeelde. En ook moet dit nie ‘n verskoning van uitgewers raak nie. Lank leef die essay!

    Tinyiko se blog is briljant geskryf en die boodskap beslis treffend. ‘n Ware getuienis. Meer as ‘n blog inskrywing of essay kuns.
    ns
    Ek moet tog wonder hoeveel lyfwagte Tinyiko voor dagbreek sou moes aanskaf indien hy Jesus met Mohammed vervang het …..
    Groete
    Bobby

  6. Vetjan het gesê op Desember 2, 2010

    Jou eerste stelling is debatteerbaar.. of die essaykuns regtig aan die uitsterf is.

    Jou tweede stelling “In die plek van die essay het die blog egter gekom.” hang af van wat jy daarmee bedoel, of liewer wat jy sien as ‘n blog.

    Lees hier : http://en.wikipedia.org/wiki/Blog

  7. Vetjan het gesê op Desember 2, 2010

    Die blog waarna Izak hierbo verwys is uitstekend, en ek dink nie Natasha het die moeite gedoen om dit te lees voor sy reageer het nie.

  8. Vetjan het gesê op Desember 3, 2010

    Elkeen se realiteit is seker maar sy eie.

  9. Izakdv het gesê op Desember 26, 2010

    inderdaad!

  10. Izakdv het gesê op Desember 26, 2010

    Dankie!

  11. Izakdv het gesê op Desember 26, 2010

    Dalk nie, maar, is dit nie die nuwe rigting nie?

  12. Izakdv het gesê op Desember 26, 2010

    dankie, Tina!

  13. Izakdv het gesê op Desember 26, 2010

    Bobby. Jy’s natuurlik reg oor als, dis net jammer dat daar so min essays verskyn.

    Rakende die Jesus vs Mohammed storie, ook reg, maar daar is talle Moslemmense wat dit sal verstaan – en goedpraat. Dink ‘n bietjie aan Zackie Achmat.

  14. Izakdv het gesê op Desember 26, 2010

    Dit was die idee om debat te stook. Maar ons tyd is so beperk deesdae!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.