Jy blaai in die argief vir 2010 Oktober.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Die reg om mense soos Joao Silva uit die tronk te hou

Oktober 27, 2010 in Sonder kategorie

Daar is vandag ‘n optog in Kaapstad om die ANC se idiotiese wetgewing teen te staan.

Intussen wil ek almal aanmoedig om te gaan kyk waarom baie van ons so ‘n hoë dink het van Joao Silva. Hier is ‘n joernalis wat vreesloos is, boonop is sy foto’s tegnies van die beste. Hier is die skakel:

http://www.mg.co.za/multimedia/2010-10-26-joao-silver-a-living-legend

Lauren Clifford-Holmes en Lisa van Wyk het dit saamgestel.

Mense, intussen moet julle ALMAL bewus wees van die impak wat die ANC se wetgewing op SA kan hê. Laas toe Verwoerd so gek geword het, was die joernalis in Suid-Afrika soveel in gevaar.

Lekker, nie waar nie? Om Zuma met Verwoerd te vergelyk. Een van die dae kan so ‘n opmerking my in die tronk laat beland as ons nie versigtig is nie.

Die laaste ding wat ons wil hê is dat Joao Silva weer begin loop en dan in Suid-Afrika in hegtenis geneem word!

Profile photo of izakdv

by izakdv

The Night Doctor

Oktober 24, 2010 in Sonder kategorie

Ek het Vrydagaand The Night Doctor gaan kyk saam met my geleerde vriend, Awie. Awie se kommentaar na die tyd was: “Dit is goed om soms uit jou comfort zone te beweeg.”

 

Ek dink Awie som dit baie goed op. Die stuk speel in die Artscape tot 30 Oktober, so gou spring as julle dit wil sien.

 

Catherine, ’n jong dokter besig met haar Zuma-jaar, pak eendag haar tasse en gaan huis toe. Daar kondig sy aan dat sy nie meer ’n dokter wil wees nie.

 

Natuurlik is pa en ma geskok. Natuurlik wil almal haar help om vinnig weer die wit jas aan te trek en terug te gaan.

 

“Jy wou nog altyd ’n dokter wees,” sê almal.

 

“Ja, en ek wou ook nog altyd ’n Olimpiese naelloopkampioen wees en niemand sê vir my ek moet weer begin hardloop nie,” is haar respons.

 

Alex Halligey beeld Catherine se rou doodsheid oor haar ervaringe in ’n gopsehospitaal baie goed uit. Julle weet dalk, maar ek woon saam ’n dokter en ons twee het vir vier jaar in ’n township gebly waar my liefie gewerk het. Ek het heelwat jong dokters sien crack. Selfs ervare dokters raak soms heeltemal depressief oor die geweldige werklading, die totale apatie van die verpleegsters, die gebrek aan toerusting, die onvermoë van die pasiënte om ’n regime te volg … Die lys is lank.

 

Hierdie deel van die stuk word baie goed uitgebeeld. So ook die feit dat ’n dokter áltyd moet opinies gee oor mense se probleme. Haar pa vra haar uit oor ’n vetbobbel agter sy oor en die buurvrou bel om te hoor wat sy haar kleindogter moet voer.

 

Halligey vertolk hierdie dele meesterlik.

 

Pa en Ma gaan slaap en los hulle dogter om te mopper.

 

Dinge loop egter heeltemal skeef, of dalk juis nie, later daardie nag. Margot, Catherine se ouer sussie (opeetbaar vertolk deur die nimlike Tinarie van Wyk Loots) daag ook by die huis op. Sy is ’n veearts in Londen, maar die man by wie sy gebly het, was gewoon té oordonderend en sy vlug weg – na haar ouerhuis.

 

Die elektrisiteit tussen die twee sussies is aanvoelbaar, Halligey en Van Wyk Loots oortuig by tye werklik. Dis twee goeie aktrises wat soms toegelaat word om hulle onderskeie rolle uit lééf op die verhoog.

 

Maar, nog is dit het einde niet. ’n Inbreker (gespeel deur Thato Cele) sny sy pols terwyl hy ’n venster stukkend slaan en val flou op die mat. Te midde van ’n paar skreeusnaakse oomblikke waar die twee girls wonder hoe hulle die bloed op hulle ouers se tapyte moet hanteer, neem Catherine weer die rol van versorger aan. Sy verbind die wond, bring die jong inbreker by en laat hom gaan voor hulle die polisie bel – na sy die mes afgeneem het.

 

Ek wil nie té veel oor hierdie deel sê nie, want die einde moet julle self beleef. (Ek dink egter daar is ’n baie positiewe einde. Let op na die heel laaste woorde van die stuk en kontrasteer dit met die titel.)

 

Ek hoop ek het genoeg gesê om julle belangstelling te prikkel. Dis ’n interessante stuk en dit laat ’n mens dink.

 

Ek hét egter negatiewe kritiek ook – en ek dink die regisseur is grootliks te blameer, hoewel ek nie weet of die dramaturg ook ’n instigeerder was nie. En die dramaturg kan ook maar luister na ’n paar stukkies raad.

 

Kom ons begin by die teks – die dramaturg se rol, dus.

 

Die teks is vol verwysings na wurms, grond en tuine. Deur dit alles bring ons by Tenneessee Williams se bekende uitdrukking uit: “The violets in the mountains have broken the rocks.” 

 

Hierdie vermoë van die menslike gees om te seëvier is een van die goed wat ’n mens hoop gee teen die einde. Die drama, waaruit hierdie aanhaling kom, is Camino Real, ’n stuk wat karakters leen uit ander dramas en wat uiteindelik handel oor oudword en dan nie meer van nut wees nie. Tog, die viooltjies breek deur.

 

The Night Doctor “leen” van JM Coetzee se karakters. Die inbreker merk op dat die twee sussies hom laat dink aan ’n boek van JM Coetzee. Hier het ek gedink aan die dokter in The life and times of Michael K. (Daar is ander verwysings na ’n soortgelyke karakter in die stuk – die ma kla op ’n stadium oor ’n seun wat haar die hele tyd sit en aanstaar…)

 

Boonop speel die stuk af op 5 November – Guy Fawkes se herdenking.

 

Al hierdie goed is pragtig, en aan te beveel, maar die manier waarop dit aangebied word, is lomp. ’n Goeie redakteur sou maklik vir Juliet Jenkin kon help om die stuk hegter te skryf. Dramas vertel stories, en goeie redakteurs staan gereed om stories te red.

 

Ek is dof, maar ek het gesukkel om die Guy Fawkes-verwysing te snap – behalwe dat iemand dalk ’n klapper in die gat gekry het daardie aand. So is ook die baie duidelike verwysing dat hierdie teks in Pietermaritzburg afspeel. Ek is ’n oud-Maritzburre-inwoner, en kon dus identifiseer daarmee, maar behalwe vir die soel, warm lug waarna die Londensussie telkens verwys, weet ek nie of dit sou anders wees as die dorp byvoorbeeld Stanger was nie – of iewers in die Vrystaat. (Ek sê weer. Ek is dof, dalk het iemand ’n verduideliking.)

 

Nou na die rol van die regisseur. Die dataprojektor is ’n wonderlike hulpmiddel en vóór die drama begin het, is die einste dataprojektor meesterlik ingespan, saam met ’n klankbaan wat net-net hard genoeg was om nie duidelik te wees nie … Die klankbaan het ’n vrou se moeë stem gespeel wat die vergrype in hospitale opnoem, terwyl die dataprojektor ’n eindelose kringloop gespeel het van skoene wat op en af loop in ’n hospitaal.

 

Tydens die stuk is die dataprojektor ook gebruik om byvoorbeeld die ontploffende vuurwerke uit te beeld.

 

Maar dan val die res van die multimedia plat. Soos Marthinus Basson gedoen het in As die broek pas, is helderder ligte en multimedia soms gebruik om die karakters die geleentheid te gee om meta-oomblikke te beleef waar die gehoor aangespreek word en die stuk nie meer “realisties” is nie.

 

Dit werk egter nie. Sny die stuk met dertig minute, gooi die foefies uit en laat die (uitstekende) akteurs toe om hierdie goed in die dialoog uit te beeld.

 

Daar is ook die gebruik van klank. Beide die ma en die Londensussie hardloop gereeld na die hoek van die verhoog, lig hulle hande op, en bring ’n klank te vore wat klink soos ’n veiligheidshek wat toegaan. Die eerste keer het ek gedink dis wat dit is – ma wat sluit. Die tweede keer dalk nog ook, teen die derde keer het ek begin wonder en teen sesde keer het ek begin lag daarvoor. (Okay, ek ís dof, as iemand verstaan wat die subkteks is, laat my weet, asseblief?)

 

Ek dink veral die ma (Adrienne Pearce) en die pa (Adrian Galley) is veel beter akteurs was hulle hier toegelaat word om te wees. Tinarie van Wyk Loots het ek laas gesien as Cleopatra – onder leiding van Marthinus Basson: WOW. En, ek het reeds genoem dat Alex Halligey haar rol meesterlik vertolk wanneer sy toegelaat word om die karakter te wéés. ’n Regisseur moet hulle nie smoor nie. Selfs die bitter klein rol wat Thato Cele (as inbreker) gehad het, sou meer gravitas kon kry as daar ’n effens sterk hand was al die drade geknoop het.

 

Ek is regtig bly ek het The Night Doctor gesien, en ek is verskriklik opgewonde oor die nuwe dramas wat geskryf en aangebied word deur die Artscape. Roy Sargeant se uitstekende visie om geld te gaan soek vir hierdie projek, is iets waarop alle Suid-Afrikaners trots kan wees.

 

Ek is egter krities, want ek wil ook hê ons jong dramaturge en regisseurs moet weet as daar haakplekke is.

 

Ondersteun asseblief hierdie inisiatief.

 

Ek het reeds genoem The Night Doctor speel tot 30 Oktober.

 

Volgende aan die beurt is Interrupting Henry (4 – 20 November) wat ek bitter graag wil sien.

 

Die seisoen eindig met Myth of Andrew and Jo – ’n wonderlike stuk wat verlede jaar ’n toetslopie gehad het in die Artscape. Ek kan dit baie hoog aanbeveel en sal dit graag weer wil sien. Lees my resensie hier.

Teater is die lewensbloed van film en TV. As ons nie meer wil skaam wees vir poepgrappe in die tipiese Suid-Afrikaanse film nie, moet ons die akteurs, dramaturge, regisseurs en vervaardigers ondersteun wat dit nog waag om ordentlike stukke aan te bied.

 

Gaan heen en gaan sien hierdie jong dramaturge se werk.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Bang-Bang Silva

Oktober 23, 2010 in Sonder kategorie

(So het die Mail&Guardian die ongeluk aangekondig)

 

Ek was vandag by die landswye hip-hopkampioenskappe toe my vrou opdaag en sê: “Daardie Silva-Ou van die Bang-Bang Club het ’n landmyn afgetrap in Afganistan.”

My geliefde is nie ’n fotograaf nie en, na my wete, het sy nooit The Bang-Bang Club gelees nie. Tog weet sy van Joao Silva; en sy weet van my bewondering vir hom.

The Bang-Bang Club, wat Silva saam met Greg Marinovich geskryf het, bly vir my een van die beste geskiedkundige werke oor die oorgangstyd in ons land – dit is veel beter as Antjie Krog se oorgewaardeerde faksieteks Country of my skull.

As jy nog nie The Bang-Bang Club het nie, koop dit nou. Nie oor Silva in ’n ongeluk is nie, maar oor dit ’n stukkie van ons land se geskiedenis vertel soos min ander kan. Hierdie knape was dáár. Hulle het foto’s om dit te bewys.

Ek sit en hou die nuus fyn dop. Ek wil so graag dat Silva weer eendag kan bang-bang maak.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Fotokompetisie: Giants of the Desert

Oktober 22, 2010 in Sonder kategorie

Stuur jou beste olifantfoto’s aan foto@proteaboekhuis.co.za en staan ‘n kans om uitstekende pryse te wen!

 

Sluitingsdatum: 1 November 2010.

 

Ons vier die verskyning van Giants of the Desert en die vordering in digitale fotografie. As die outeurs van hierdie boek maar die kameras van vandag gehad het! 


Tans by alle goeie boekwinkels beskikbaar. Vra dat jou winkel dit bestel as hulle dit nie het nie.

 

Giants of the Desert

Outeur: Fritz Eloff

ISBN: 978-1-86919-390-4

Uitgewer: Protea Boekhuis

Voorgestelde kleinhandelprys: R190,00

 

Eerste prys (ter waarde van R690,00):

Giants of the Desert, deur Fritz Eloff (R190,00)

Voices from the Land, deur Jurgen Schadeberg (R250,00)

Black and White Fifties: Jurgen Schadeberg’s South Africa deur Jurgen Schadeberg (R250,00)

 

Tweede prys (ter waarde van R440,00)

Giants of the Desert, deur Fritz Eloff (R190,00)

Voices from the Land, deur Jurgen Schadeberg (R250,00)

 

Derde prys (ter waarde van R190,00)

Giants of the Desert, deur Fritz Eloff (R190,00)

 

Giants of the Desert is ’n fassinerende inleiding tot die ongenaakbare Kaokoveld se inheemse diere en plante. Dit is egter nie ‘n boek wat hoofsaaklik op pragtige fotografie fokus nie. Inteendeel. Hier is die kamera gebruik om wetenskaplik verslag te doen. Talle amateurs kan deesdae beter foto’s neem, maar kan ons sulke navorsing doen?

 

Reëls

– Foto’s moet gestuur word aan foto@proteaboekhuis.co.za met GIANTS OF THE DESERT in die onderrwerplyn. Die sluitingsdatum is 1 November 2010.

– Stuur asseblief net een foto per e-pos.

– Net die eerste drie inskrywings van elke fotograaf sal vir die prys in aanmerking kom.

– Foto’s moet as JPGs gelewer word en die langste sy moet 1024 pixels wees. Voorkeur sal gegee word aan foto’s wat aan hierdie spesifikasies voldoen, maar ons moedig enigeen aan om in te skryf. Sorg net dat daardie selfoonfoto’s nie meer as 2 megagrepe groot is nie! (Foto’s wat te groot is, sal outomaties gediskwalifiseer word.)

– Foto’s mag digitaal verbeter word.

– Alle foto’s moet vergesel word van die volle naam, e-posadres en posadres van die fotograaf. Professionele fotograwe mag kies om hulle ateljees se name te gebruik, maar skuilname sal nie aanvaar word nie.

– Protea Boekhuis behou die reg voor om inskrywings te publiseer om sodoende hierdie kompetisie te bevorder. Onder “publikasie” word verstaan dat dit per e-pos, op enige digitale forum, waaronder die internet, en in die gedrukte media mag verskyn. Protea Boekhuis onderneem egter om nie enige foto vir enige ander rede te publiseer sonder om eers die skriftelike toestemming van die fotograaf te verkry nie. Die fotograaf behou volle kopiereg.

– Geen foto wat voorgelê word, mag inbreuk maak op kopiereg nie, en die deelnemer vrywaar Protea Boekhuis en enige agente wat namens Protea Boekhuis optree, van enige optrede wat mag voortspruit uit ‘n foto wat voorgelê word.

– Enige persoon mag deelneem. Pryse sal gratis aan deelnemers wat in Suid-Afrika woon, gepos word. Sou ‘n buitelandse deelnemer wen, sal Protea Boekhuis met die persoon in verbinding tree rakende die beste manier om die prys aan haar/hom te besorg.

– Werknemers van Protea Boekhuis en hulle gesinslede sal nie in aanmerking kom vir die pryse nie.

– Die beoordelaars se besluite is finaal en geen korrespondensie sal daaroor plaasvind nie.

– Deur deel te neem, gee die deelnemer die reg aan Protea Boekhuis om haar/hom in kennis te stel van verdere kompetisies. Protea Boekhuis onderneem egter om nie deelnemers se adresse aan buitepartye te verskaf nie, en onderneem ook om ‘n deelnemer van die databasis te verwyder indien so ‘n versoek skriftelik gerig sou word.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Photo Competition: Giants of the Desert

Oktober 22, 2010 in Sonder kategorie

Send your best photographs of elephants to foto@proteaboekhuis.co.za and stand a chance to win great prizes!

 

The closing date is 1 November 2010.

Currently available at all good bookstores. Ask your store to place an order if they do not have copies in stock.


Giants of the Desert
Author: Fritz Eloff
ISBN: 978-1-86919-390-4
Publisher: Protea Book House
Proposed retail price: R190, 00

We celebrate the publication of Giants of the Desert and the progress in digital photography. If only the authors of this book had the cameras we have today!


First prize (worth R690,00):
Giants of the Desert, by Fritz Eloff (R190,00)
Voices from theLand, by Jurgen Schadeberg (R250,00)
Black and White Fifties: Jurgen Schadeberg’s South Africa, by Jurgen Schadeberg (R250,00)


Second prize (worth R440,00)
Giants of the Desert, by Fritz Eloff (R190,00)
Voices from the Land, by Jurgen Schadeberg (R250,00)

Third prize (worth R190,00)
Giants of the Desert, by Fritz Eloff (R190,00)

The Kaokoveld, one of the world’s most forbidding deserts, is host to a variety of animals that have found ingenious ways of surviving in this hostile environment. Here, giraffes go without water and rhinos trudge up towering mountains in search of that scarce resource. This, however, is not a book that primarily focuses on beautiful photography. On the contrary, the camera was used as a scientific tool to record animal movements. Many of us can shoot better photographs with the cameras we have today; but can we also conduct this kind of research?

Rules

– Photographs should be sent to foto@proteaboekhuis.co.za with GIANTS OF THE DESERT in the subject line. The closing date is 1 November 2010.

– Please send only one photograph per e-mail.

– Only the first three entries of each photographer will be considered.

– Photographs must be supplied as JPGs and the longest side should be 1024 pixels. Preference will be given to photographs that follow these specifications, but we encourage anyone to enter. Please ensure that those cellphone-captured photographs do not exceed 2 megabytes! (Photographs that are too big will automatically be disqualified.)

– Photographs may be digitally enhanced.

– All photographs must be accompanied by the full name, e-mail and postal address of the photographer. Professional photographers may choose to enter using their studios’ names, but pseudonyms will not be accepted.

– Protea Book House reserves the right to publish any entry in order to promote this competition. The term “publish” includes distribution by email, or on any digital forum, including the internet, as well as in the printed media. Protea Book House undertakes not to publish any of these photos for any other purpose without first obtaining written permission from the photographer. The photographer retains copyright.

– No picture presented may infringe any copyright and the entrant indemnifies Protea Book House, and agents acting on behalf of Protea Book House, of any action that may arise from a photograph submitted.

–  Anyone may participate. For this competition the prizes will be posted free of charge to participants living in South Africa. Should a competitor outside South Africa win, Protea Book House will contact the winner to establish the best means by which the prize can be sent to her/him.

– Employees of Protea Book House and their family members will not be eligible for prizes.

– The judges’ decisions are final and no correspondence will be entered into.

– By participating, the participant gives Protea Book House the right to notify her/him
of other competitions. However, Protea Book House undertakes not to disclose the participants’ addresses to third parties and also undertakes to remove a participant from the database, should such a request be submitted in writing.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Cracks laat jou kraak van die lag

Oktober 21, 2010 in Sonder kategorie

Ek het hulle nog nie gesien nie, maar wel baie van hulle gehoor.

Cracks is ’n viertal vroue (figure out where the cracks are) wat vroeër vanjaar mense laat regop sit het (as hulle nie dubbeld gevou gelê en lag het nie) met CRACKS AND THE CITY.

Hulle doen nou een vertoning op Darling, genaamd CRACKS AND THE VILLAGE. Die vertoning sal op Vrydag 5 November om 19h00 te sien wees by Evita se Perron.

Hulle beplan om CRACKS AND THE CITY weer terug te bring Kaap toe – hou On Broadway se webruimte dop (tans word dit geadverteer as Woensdae en Saterdae, 10 tot 27 November.

Wie is die cracks? Hulle is: Anthea Thompson, Shimmy Isaacs, Anne Hirsch en die ongelooflik talentvolle Marianne Thamm.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Die krag van geld

Oktober 21, 2010 in Sonder kategorie

Tina, oerblogger en grootse draaksteker, het weer eens ’n korreksie gevind op almal se sentimente jeens die mynreddingsdrama.

 

Selfs Tina moes maar haar kop skud oor hierdie een. Dis die moeite werd om te gaan kyk.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Realiteit op sy beste

Oktober 15, 2010 in Sonder kategorie

Soos gewoonlik was Zapiro was op sy stukke.

Hier is al sy werk te sien.

Ek wil julle ook aanmoedig om na die uitstekende skyfievertoning te kyk wat die Mail & Guardian gemaak het. Dit is aangrypend. Ek bly lief vir stilfoto’s en essays soos hierdie wys hoekom.

Ek het baie jare gelede na ’n seun omgesien wie se pa die hoof van een van Suid-Afrika se mynreddingspanne was. Hy het my in detail vertel hoe hulle so ’n operasie sou uitvoer. Hier het dit toe gebeur.

Min mense weet van die Suid-Afrikaners wat stilletjies daarheen gestuur is om te help boor.

Uiteindelik was hierdie geleentheid iets wat die hele wêreld saamgesnoer het – soos Zapiro so mooi vir ons gewys het.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Uit!

Oktober 12, 2010 in Sonder kategorie

“Hierdie boek, wat gelyktydig in Engels en Afrikaans gepubliseer is, behoort in elke pastorie en in elke hoërskool- en dorpsbiblioteek te wees.”

– Dr Jean du Plessis 

 Heel onder volg ’n vollediresensie oor Miriam Dans, vroue wat vroue liefhet deur dr. Jean du Plessis, maar eers, ter ivan boeke oor gay-wees in S 

 

Heel onder volg ’n volledige resensie oor Miriam Dans, vroue wat vroue liefhet deur dr. Jean du Plessis, maar eers, ter inleiding: In gister se Die Burger was daar twee resensies van boeke oor gay-wees in Suid-Afrika.

 

– Hennie Aucamp het ’n baie mooi resensie geskryf oor Elise van Wyk se Miriam Dans, Vroue wat vroue liefhet. Kliek hier vir die volledige resensie.

 

– Martie Retief Meiring het weer Laurie Gaum en Frits Gaum se Praat verby grense geresenseer. Kliek hier vir die volledige resensie.

 

Ek kan albei boeke baie sterk aanbeveel.

 

Die Gaums se boek bied méér as ’n gesprek oor gay-wees, dit delf diép in die psiges van twee dominees, twee Christene wat opreg vrae vra oor wat dit beteken om gelowig te wees in vandag se samelewing.


Praat verby grense is deur Random House Struik uitgegee en is tans by goeie boekwinkels te koop.

 

Minder algemeen te koop, maar steeds beskikbaar, is Miriam Dans en die Engelse weergawe Miriam Dancing. Ek het vanoggend met Hennie Aucamp gesels en hy sê mense vra hóm nou waar om die boek te kry.

 

Hier is twee plekke wat dit aanhou:

– Ten eerste is Graffiti ’n toeganklike e-boekwinkel, en baie bereid om sulke onafhanklike boeke te dra. Kliek hier vir die skakel.

 

– Of, jy kan vir I Am skryf, by miriam@iam.org.za en hulle sal die boek aan jou pos (sê net of jy die Afrikaans of die Engels wil hê). So ver dit my kennis strek, verkoop hulle dit vir R135 (posgeld ingesluit).

 

(Nou ’n reklameflits: wees asseblief bewus van die uitstekende boeke deur Hennie Aucamp wat tans by Protea uitgegee word. Ek sal later ’n blog daaroor afstaan, want Aucamp vernuwe gereeld die letterkunde met sy geskrifte!)

 

Terug na Miriam Dans. Ek het ook ’n baie goeie, en baie deeglike resensie oor Miram Dans / Miriam Dancing gekry van dr. Jean du Plessis. Ek plaas dit nou in sy geheel:

 

Ten spyte van ons gay-vriendelike grondwet wat diskriminasie verbied, is daar steeds ’n ontstellende vlak van onkunde oor seksuele oriëntasie in ons samelewing. Gay, lesbiese, biseksuele en transgender mense ervaar daagliks verwerping en diskriminasie, dikwels juis deur dié mense van wie hulle aanvaarding en ondersteuning die nodigste het. ’n Publikasie soos Miriam Dans (AQUA 2009 – ISBN: 978-0-620-44038-7) kan ’n belangrike bydrae lewer om wanpersepsies oor hierdie mense uit die weg te ruim.

 

In die afgelope dekade was daar boeke soos Oor Gay Wees (basiese inligting oor gay-wees), ’n Kas is vir Klere (’n persoonlike reis na selfaanvaarding), Gelowig en gay? (’n inklusiewe teologiese perspektief) en Jy bly my Kind (perspektiewe van ’n ouer van ’n gay dogter). Miriam Dans, ’n bundel verhale van lesbiese, biseksuele en transgender vroue, vul egter ’n ander leemte. Die sentrale tema wat deur al hierdie verhale loop, is die sinvolle integrasie van seksualiteit en spiritualiteit. Miriam Dans maak ’n besondere bydrae deur die skep van ’n unieke geleentheid om saam met ’n wye spektrum vroue die innerlike belewing van hulle situasies mee te maak. Alle mense beleef nie hulle gay-wees eners nie, maar hierdie brawe vroue was bereid om hulle verhale met eerlikheid en openheid te vertel. Dit verg moet om jouself só bloot te stel ter wille van ’n groter ideaal – om begrip by die samelewing te bevorder.

 

Miriam Dans bied ’n spreekbeurt aan mense wat dikwels nie ’n stem het nie – en die vroue wat hierdie boek moontlik gemaak het, praat eerlik en uit die hart uit. Hulle kulturele en akademiese agtergronde, ouderdomme en taalgebruik verskil. Elke verhaal het ’n tema eie aan die spesifieke vrou – en die skrywer het, waar dit nie verbatim weergegee word nie, met groot omsigtigheid te werk gegaan om die integriteit van elke verhaal behoue te laat bly. Die voortdurende interaksie tussen verteller en skrywer/biograaf, het bygedra tot afgeronde en oortuigende verhale. Elise van Wyk is nie alleen ’n ervare skrywer met ’n grondige letterkundige agtergrond nie, maar haar empatiese werkswyse dui ook op ’n deeglike en intieme kennis van en ’n deurleefde aanvoeling vir haar onderwerp, en ’n inklusiewe beskouing van spiritualiteit.

 

Dit is nie moontlik om hierdie boek te lees sonder om emosioneel diep geraak te word deur sommige verhale nie. Die verwoestende impak wat godsdienstige fundamentalisme op die lewens van gay Christene kan hê, kom soms duidelik na vore. ’n Mens raak egter ook bewus van die vreugde van wedersydse liefde en die genesende krag wat vrygestel word deur persoonlike integriteit en die sinvolle uitlewing van wie jy werklik is. ’n Mens kan huil by die lees van Beth se verlies van ’n waardevolle vriendskap, en die onnodige pyn en verspeelde jare van Maxi en Irene, maar jy kan ook uitbundig lag vir Gorgeous Rose se heerlike humoristiese aanslag. Die dapperheid van mense soos Bulelwa, Nokuthula en Lesego, wat weet wat in hulle gemeenskappe met lesbiese vroue kan gebeur, verdien bewondering. Selfs die hartseer verhale, wat pyn, verlies en alleenheid uitbeeld, dra ’n boodskap van oorlewing en hoop. Die terapeutiese waarde wat die lees van hierdie vir gay, lesbiese, biseksuele en transgender (GLBT) mense kan bring, kan nie onderskat word nie. Miriam Dans bied egter ’n groei-ervaring, nie net vir hierdie mense nie, maar vir die hele samelewing, want almal van ons se pad kruis met dié van GLBT mense, of ons daarvan bewus is of nie.

 

Een van die dinge wat dit vir my ’n besondere leeservaring gemaak het, was die mate waarin ek, as man, myself telkens kon verloor in die leefwêreld van ’n diversiteit van vroue. Soveel aspekte van menswees is universeel. Daar is soveel meer ooreenkomste as verskille tussen ons, ongeag van lewensomstandighede en of jy man of vrou, homo-, hetero- of biseksueel is. ’n Mens bly bewus van die universeel-menslike aard van die behoeftes en strewes wat in elke verhaal in Miriam Dans na vore kom. GLBT mense is nie vreemde wesens nie; hulle is gewone mense met gewone behoeftes en ideale.

 

Hierdie boek, wat gelyktydig in Engels en Afrikaans gepubliseer is, behoort in elke pastorie en in elke hoërskool- en dorpsbiblioteek te wees.

 

Jean du Plessis

M. A. (Unisa), B. A. (Hons), S. O. D., Ph. D. (Stellenbosch)

 

Diegene wat hierdie blog volg, sal weet ek het verlede jaar al oor die boek berig (hier is die skakel).

 

Nog ’n reklameflits: ’n Kas is vir klere verskyn volgende jaar in ’n nuwe, bygewerkte formaat by Protea Boekhuis, en ons beplan ’n Engelse vertaling ook.

Profile photo of izakdv

by izakdv

John Lennon

Oktober 8, 2010 in Sonder kategorie

Vandag, sewentig jaar gelede, is John Winston Lennon gebore. (Hy het later sy naam verander na John Winston Ono Lennon.)

Google vier dit met ’n spesiale Google Doodle.

Dink net wat hy kon doen as hy nie vermoor is nie. Ons kan maar net sê: Imagine.