by

Terre’Blanche nou ’n dooie digter

April 4, 2010 in Sonder kategorie

Om verskeie redes was ek nooit ’n liefhebber van Eugene Terre’blanche nie. Ek het talle male my nek uitgesteek en gevra vir die teenoorgestelde van dít wat Terre’blanche en sy boeppenskakiebrigade wou hê.

Maar ek gaan een van die stemme wees wat vinger wys na Julius Malema. As Malema kan sê “Skiet die boere” wat weerhou die AWB daarvan om op Terre’blanche se begrafnis te skree: “Maak dood die kaffers!”?

Dis die probleem: Oubaas Nelson Mandela het vir ons gewys wat nederigheid is en hoe om te versoen. Malema en Terre’blanche het vir ons gewys hoe om Mandela se nuwe Suid-Afrika nader aan ’n bloedbad te stoot.

Terre’Blanche gaan nou, onregverdig so, ’n plekkie kry in die regse annale as ’n dooie digter wat iets probeer beteken het vir sy volk.

Snert, man. Hy was ’n ekstremis soos Julias Malema.

Die feit is egter: Hier is nog ’n dooie boer.

Ek wonder wat die ANC gaan sê as ek ’n liedjie skryf wat sê:

Bring die masjiengeweer,

Skiet Malama dood!

Bring die masjiengeweer,

Skiet Malema dood!

Sal hulle my reg op vryheid van spraak handhaaf?

Ek glo nie. Maar dis ook nie ter sake nie. Dis ook nie wat ek wil doen nie.

Nee, wat. Ek sal liewer op daardie oomblik waar Eugene Terre’Blanche se kis finaal in die graf afsak, my vuis bal met die strydsaluut en skree:

Viva Mandela!

Viva Vryheid!

Viva Versoening!

En dan, in die woorde van Antjie Krog, maar effens verdraai:

Ons is

Ons is

’n Vry fokken Nasie!

Fok Malema!

Fok die AWB!

 

Ons is

Ons is

’n Vry fokken Nasie!

39 antwoorde op Terre’Blanche nou ’n dooie digter

  1. Ek stem volmondig met jou saam, Izak. Ons sal moet wag en sien wat die polisie-ondersoek oplewer – nie dat ek my asem ophou en uitsien na ‘n deeglike, goed uitgevoerde ondersoek nie.
    En ‘n sterk bewoorde verklaring van die president van hierdie land waarin die moord (en alle moorde en misdaad, for that matter)sterk veroordeel word en Malema in die bek geruk gaan word, dink ek ook nie gaan gebeur nie.
    Al hierdie dinge maak my toenemend bekommerd.

  2. Izakdv het gesê op April 4, 2010

    Ek sou dink jy’s reg: Zuma sal ‘n verklaring MOET maak!

  3. Izakdv het gesê op April 4, 2010

    Ek het, Maankind. Jy’s wonderlik, soos altyd!

  4. Very well written post my friend – Viva!

    Rene

  5. DallaSePa het gesê op April 4, 2010

    Baie goed opgesom.

  6. Izakdv het gesê op April 4, 2010

    Thanks, Rene!

  7. Izakdv het gesê op April 4, 2010

    I share your views, Luscious One!

  8. Izakdv het gesê op April 4, 2010

    Dankie, Tata ka Dalla!

  9. katrina het gesê op April 4, 2010

    ‘n Mens is bekommerd oor die reperkussies van hierdie moord. Lees ‘n bietjie die kommentare wat by die nuus24 berigte gegee word – skrikwekkend. Wat interessant is, is dat die wêreld nou kennis hiervan neem omdat dit nie ‘net nog ‘n boer’ is nie. As dit ‘n polities-geïnspireerde daad was, is ek bevrees dat dit die teenoorgestelde uitwerking gaan hê. Die politieke kookpot kan na enige kant toe oorborrel, want mense reageer emosioneel, of hulle met ET saamgestem het, of nie. En jy’s reg wat jou siening oor ekstremiste betref – Eugene gaan nou ikoonstatus vir baie mense bereik ….

  10. jeanihess het gesê op April 4, 2010

    Wat die AWB moet weerhou is die wete dat ‘skiet die boer’ ens ‘n antwoord was op ‘skiet die kaffers’.

    Beide moet staak.

    Ek sou dink dat mens eintlik vir JZ moet se dat sy ‘Bring my..’ vir Malema aanmoedig met ‘Skiet die..’
    en dat die ANC mos jare t’rug besluit het om nie daai liedjies te sing nie.

    Terblanche nou ‘n ikoon; ja wel, die wat dit doen wys ook maar hulle ware kleure.

  11. vuurklip het gesê op April 4, 2010

    ET het homself ‘n teiken gemaak vir vergeldingsoptredes. Hy handhaaf al dekades lank ‘n ekstreme rassistiese profiel met ‘n geskiedenis van geweld veral teenoor swart mense.

    Nietemin regverdig dit nie ‘n moord nie.

    Maar met Malema, so irriterend en onnosel as wat hy is, het hierdie gaval nie veel te make nie.

    Ondaks dit, stem ek saam met:
    Fok Malema!
    Fok die AWB!
    Maar ook, fok rassisme (wittes en swartes en alle kleure s’n)

  12. DallaSePa het gesê op April 4, 2010

    Net so.

  13. Izakdv het gesê op April 4, 2010

    Jip. Dit was egter nie ‘n politieke moord nie. Dit was ‘n aanval uit frustrasie klink dit my!

  14. Izakdv het gesê op April 4, 2010

    Jy som dit uitstekend op, jeanius.

  15. Izakdv het gesê op April 4, 2010

    Vuurklip, jy’s reg, Melame is nie direk hieraan gekoppel nie, maar daar was twee mense wat al so gatvol was vir hierdie boer dat hulle besluit, tot hiertoe en nie verder nie.

    Melame het nooit gesê: Weet julle, daar is ‘n arbeidshof nie.

    Malema het nooit gesê: Die regstelsel faal die armes nie, en hy sal ook nie, want dan moet jy van sy onbeholpe vriende vasvat…

  16. Izakdv het gesê op April 4, 2010

    Modderkoekie, dis twee gatvol plaaswerkers, klink dit my. Dom van hulle, maar klaarblyklik nie sonder provokasie nie.

  17. Izakdv het gesê op April 4, 2010

    Dankie, Makkie! Viva!

  18. Izakdv het gesê op April 4, 2010

    Therina
    Hani is vermoor deur regses met ‘n duidelike politieke doel. Die twee wat tans daarvoor sit was nog nooit skaam om dit te sê nie.
    ET is nie om politieke redes vermoor nie.
    Mandela het gewys versoening is moontlik, maar die Zuma-regering sal dit ook moet doen.

  19. jeanihess het gesê op April 4, 2010

    Dankie Izak; maar dit bly maar jammer ne!

  20. Izakdv het gesê op April 4, 2010

    Dankie, Kazi

  21. loudavisi het gesê op April 4, 2010

    Ek hou daarvan dat jy Antjie se gedig se woorde so netjies “misbruik” het.
    Jy se dit nes ek voel.

  22. katrina het gesê op April 5, 2010

    Stem saam met jou. Die laaste paar weke se kommentare by berigte (van Afrikaanssprekendes af) is kommerwekkend. Die dam word nou behoorlik onder die eend uitgeruk. Dis asof mense eenvoudig perspektief verloor en alles nou ‘n “aanval op Afrikaners” is en die begin van ‘n oorlog. Dit gee ‘n mens ‘n kykie in die psige van baie mense en dit laat die bloed in my are ys word.

  23. dinkweer het gesê op April 5, 2010

    Dit is ‘n baie goeie inskrywing, Izak. Ek het al oor dieselfde dinge gewonder en ek hou van die manier waarop jy dit stel. Ek het my vraag hieronder geskrap want ek besef dit is effe onbillik. Selfs die Duitse media, naas die BBC, het gister nogal buitengewoon baie aandag aan die gebeure gegee. Ek vermoed dit is in die lig van die sokker wêreldbeker.

  24. sprokie het gesê op April 5, 2010

    Soms wonder ek of die pen werklik magtiger is as die swaard maar hierdie inskrywing laat my weer dit glo. Ek stem saam jou, gooi die ET’s en JM’s van die samelewing saam in ‘n kou waar hul mekaar kan uitroei en die res van ons met rus laat…..

  25. oester het gesê op April 5, 2010

    Nie met politieke motief nie? Leef almal in lala land? Waarom is die woord: “Boere” en ander vieslikhede dan met Terre Blanche se eie bloed teen die mure geskryf?

  26. oester het gesê op April 5, 2010

    Slegs een van daardie twee het op die plaas gewerk, en hy is ‘n week gelede ontslaan met volle betaling. Hierdie politieke moord word nou weereens voor die deur van blote salarisdispute en onregverdige boere gegooi.

    Word dispute nou besleg deur ‘n venster te breek, in te klim en met pangas iemand aan te val? Toevallig oor paasnaweek. Toevallig Malema in Zim? Sure, en Rooikappie sit net hier buite.

  27. Vetjan het gesê op April 5, 2010

    Oester, hoe is dit dat jy so baie besonderhede oor die moord het?

    Presies hoekom sê jy dit was ‘n politieke moord, buiten Malema se opruiende slagspreuke, en dat ET wel ‘n boer was, wat maak van dit ‘n politieke moord?

  28. Izakdv het gesê op April 5, 2010

    Dankie, Lou!

  29. Izakdv het gesê op April 5, 2010

    Dalk, maar dalk ook omdat ET ‘n bekende persoon was.

  30. Izakdv het gesê op April 5, 2010

    Dankie, Hoogheid. Dis goed om van jou te hoor!

  31. Izakdv het gesê op April 5, 2010

    Ag nee wat, Oester. Jy is nou al klaar weer besig om mitiese goed aan hierdie moord te hang. Die motief was baie duidelik – en dit het niks met die politiek te doen nie. Wel het dit alles te doen met ‘n land waarin mense mekaar opsweep tot moord.

    ET was nie ‘n heilige nie en sy moord het niks te make met sy politiek nie.

  32. Izakdv het gesê op April 5, 2010

    Therina. Lees mooi hoekom hy vermoor is: Dis omdat daardie werkers gatvol was. PUNT.

    Wat WEL waar is, en hierby staan ek, is dat ons in ‘n land lewe waar ons mekaar opsweep tot moord.

    Moord is TE gou en TE maklik ‘n opsie. En Malema maak dit erger. Die AWB ook.

  33. oester het gesê op April 5, 2010

    Gestel Mandela sterf vannag aan ‘n hartaanval.

    Dink jy vir een oomblik die massas sal dit as ‘n natuurlike dood aanvaar?

    Nog beter: Gestel iemand (spesifiek ‘n wit omie)wie se dogter verongeluk het op een van die vrot paaie wat hy (Malema)gebou het het vir Malema uitgehaal: Dink jy werklik iemand sou dit as blote wraakmoord afgemaak het?

  34. oester het gesê op April 5, 2010

    Mitiese goed?
    Ek neem aan jy is deel van die polisieondersoek?
    Ek neem aan jy het ‘n gesprek met die moordenaars gevoer en die motiewe uit hulle gesielkunde?
    Hierdie land is in kampe ingemoor. En die saggiespraters wat alewig verskoning soek vir barbaarshede sit en ontrafel goed wat in wese barbaarshede behoort te wees.

    Hierdie moord het verseker nie oor ‘n loongeskil gegaan nie. Dalk, sekerlik oor ET se verlede, dit sal ek aanvaar.

    Ek sal glo jy is ernstig met jou woorde as jy inderdaad langs daardie graf staan en jou woorde uiter. Anders waarom dit hoegenaamd se?

    Staan op en word getel of hou op met asem mors. Die moordenaars lees dit nie, die politici verstaan dit nie en die gepeupel gee regtig nie om nie, want kruisies trek en bekers lig beteken nie vryheid nie. Mooi praatjies beteken nie vesoening nie. Dade wys dit.

  35. net myself het gesê op April 6, 2010

    ek wens ek kon weer en weer en weer 5 sterre gee. jy sê presies wat ek gedink het, so nou hoef ek nie ook te probeer met my veel lomper woorde nie.

    en gun my asb ‘n onvanpaste giggel vir “boeppenskakiebrigade”.

  36. net myself het gesê op April 6, 2010

    en nou. nadat ek meer van almal se kommentare hier en elders gelees het. vergun my om te sê: hier kom kak.

    en dit maak my siek.

  37. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Goed so!

  38. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Hartseer, nie waar nie?

  39. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Mandela se dood is ongelukkig nie ver nie, en daar sal geen bloedbad wees daarna nie.

    En die omie wat vir Malema uithaal gaan dieselfde padjie stap as die manne wat vir ET uitgehaal het.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.