Jy blaai in die argief vir 2010 April.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Izak het ’n nuwe werk

April 30, 2010 in Sonder kategorie

Ja, dis nou tyd om vir almal te sê: Izak se nuwe werk is nog cooler as sy vorige werk.

Vanaf 1 Mei gaan ek amptelik by Protea Boekhuis aansluit. Dié van julle wat ons op Facebook volg, sou dalk al die lek gesien het, waar daar ook ’n lys foto’s van ons span verskyn.

As jy nog nie ’n vriend is van Protea Boekhuis nie, kom sluit aan asseblief. Nie net sal ons jou op hoogte hou van al die nuwe boeke nie, maar jy sal ook eksklusiewe uitnodigings kry na skrywerspartytjies en allerlei lekker goed gekoppel aan die boekbedryf.

My jare by Pearson was baie besonders. Ek het myself simpel gewerk by tye, maar dit was ook goed. Harde werk maak ’n mens nie dood nie, dit gee jou wel rimpels. (En by Protea gaan ek nog ’n paar rimpels kry!)

Die voordeel van ’n pos in ’n suiwer Engelse, akademiese omgewing (soos Pearson) was dat my skryfwerk en my blogwerk losgestaan het van my werk.

By Protea gaan ek en die Afrikaanse boek baie duidelik een word.

Ek wil dus hier, in die openbaar, noem dat ek hierdie blog wil aanhou gebruik vir persoonlike doeleindes. Ek wil steeds tong uitsteek vir die heilige koeie, steeds stout wees en die opposisie met mekaar laat trou, en steeds alle uitgewers se boeke en denke bespreek.

Al is ek van nou af baie deeglik, en baie trots, verbonde aan Protea, sal baie van julle weet dat ek noue verbintenisse met Tafelberg, Human & Rousseau, Kwela, Umuzi & Lapa het.

Natuurlik sal hierdie blog trots wees op ons werk by Protea, maar ek sal ook my bes doen om nie ander se boeke af te skeep nie.

Baie dankie vir die jare se saamblog, hier kom nog baie van my af!

Profile photo of izakdv

by izakdv

Die sterre in kuns

April 21, 2010 in Sonder kategorie

As jy lief is vir kuns, boeke, musiek en die sterre, of, as jy belangstel in die sterre maar nog nooit mooi al die konstellasies kon onthou nie, is hier nou ’n geleentheid om die sterre op ’n heel nuwe manier te leer ken.

Die Vriende van die Kaapstadse Observatorium hou Saterdag 24 April ’n ope aand. Dit begin 20h00 en skop af met ’n praatjie deur Suki Lock getiteld: “The Art of Stars”.

Suki gaan ’n multimediavertoning hou waarin sy gaan praat oor boeke, films, musiek en kuns wat deur die sterre geïnspireer is.

Suki is meer as net ’n mooi gesiggie – sy weet ook iets van die sterre af. Verder is sy self ’n goeie grafiese kunstenaar.

As ’n bonus gaan die sterrekykers hul teleskope saambring en enige een wat belangstel, sal ná die praatjie die sterre kan bekyk deur die talle teleskope wat deur die entoesiastiese groep vrywilligers beman en bevrou sal word. (Ek het onlangs een van die entoesiaste se kennis beleef en was baie opgewonde oor dít wat ek in ’n kort tydjie geleer het.)

Die aand is gratis en sal teen 22h00 tot ’n einde loop.

Vir meer inligting, loer gerus na hierdie webruimte: www.tinyurl.com/artofstars

(En, na aanleiding van gister se inskrywing, as julle die sterre wil sien wat opgetree by Not The London Book Fair, kliek hier.)

Profile photo of izakdv

by izakdv

Soms byt die global in village terug

April 20, 2010 in Sonder kategorie

Partykeer is ek mal oor die global village. Ander kere is ek weer trots plaaslik.

Ek gaan hieronder RA-RA maak vir die plaaslike aanbod, maar eers hierdie twee juweeltjies:

Verlede Maandagoggend praat ek met ’n ingenieur wat gereeld vir my help met projekte. “Waarmee is jy besig?” vra ek.

“O,” sê hy. “Ek is in Hermanus. Ek proeflees ’n PhD vir ’n Duitse universiteit oor rioolstelsels in Addis Abeba.”

Hoe’s daai?

Wel, hier is nog een, die keer haal ek sommer direk aan uit die Engineering News van 5 Februarie 2010.

Moscow is offering to make South Africa the maintenance hub for most of Russia’s major modern commercial aircraft operating in Sub-Saharan Africa.

Daarnaas is ’n prentjie van ’n Tupolev Tu-204-120 wat deur Rolls-Royce enjins aangedryf word. Huh?

Vir die van julle wat so oud is soos ek, of ouer, klink bogenoemde waarskynlik soos ’n Monty Python-stuk.

– Russian Commercial Aircraft? Commercial?

– Tupolev en Rolls-Royce?

– Suid-Afrika en Rusland in die bed?

Ek sê dus: Klink ’n glasie mampoer op glasnost!

Maar dit bring my ook by die teendeel:

Die van julle wat Etienne van Heerden op Facebook volg, sal weet hoe hy sy dinges afsukkel om in Londen uit te kom.

Hoekom?

As.

Vulkaniese as uit Ysland. Die hele Europa is lamgelê, en die London Book Fair, met sy Suid-Afrika-fokus, word beman deur almal behalwe die Suid-Afrikaners.

Gelukkig het ons ongelooflike boekwinkels in Suid-Afrika. ’n Hele paar slim mense het Maandagaand ’n groot groep sprekers byeengebring in daardie onvolprese paradys, The Book Lounge.

Talle mense wat nie kon uitvlieg nie, het ’n draai gemaak en hulle toesprake by The Book Lounge gehou. Die aand is dan ook, heel gepas, genoem: Not the London Book Fair. (En tog is dit heelhartig ondersteun deur die LBF.)

Leopard’s Leap het die wyn geborg. (Koop kaste vol mense, hulle doen BAIE vir boeke.)

Modjadji Books, The Electric Book Company and The Book Lounge het kos verskaf.

Wonderlik, nie waar nie?

En Izak? Hy was natuurlik daar?

Wel, nee. Jy sien, hy het sy seun opgepas (uiters plaaslik), want sy vrou was besig om die kontinent se gesondheidsprobleme op te los . . .

Profile photo of izakdv

by izakdv

Afrikaners in Angola

April 12, 2010 in Sonder kategorie

Nicol Stassen het ’n PhD (in Geskiedenis) gedoen oor die Afrikaners in Angola. Die boek is toe gepubliseer, onder die titel Afrikaners in Angola.

Luister gerus na die gesprek tussen Nicol en Daniel Hugo op RSG oor dié fassinerende boek.

Wanneer? Dinsdagaand 13 April op Leeskring.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Tyd vir ’n geïntegreerde opposisie

April 9, 2010 in Sonder kategorie

Ek dink dis tyd dat ons sommige jong vuilbekke in die ANC ’n snotklap gee, want dis wat hulle verdien. Net soos ET geen held was nie, en dus glad nie die skielike odes aan hom verdien nie, so verdien die ANC-jeugliga nie die status wat hulle het nie.

Ek vrees egter niks gaan verander totdat Suid-Afrikaners van alle rasse en alle gelowe begin saamstaan nie en kyk na ’n  ware opposisie. ’n Opposisie wat die mag het om die ANC terug te klap in die vergetelheid.

Dit kan: As die FF+ en Solidariteit kan hande vat met die SAKP en COSATU, dan kan iets begin gebeur. Plaas daarmee saam die ID, die DA en COPE . . .

Maar, nota bene, ek druk vir ’n begin van veelpartysamewerking vanuit die FF+ en die SAKP. Albei partye het hoogs intelligente leiers, albei het integriteit. Albei verstaan opposisiepolitiek en albei verstaan koalisiepolitiek.

Die ID, DA en COPE kan later bykom.

Komaan Suid-Afrika, kom ons begin agiteer vir ware verandering! Maar die enigste manier om dit te doen, is om ons rasbehepte, kleinlike idees op te skort en uit te reik na ander wat werklik dieselfde is, maar net in ander kleurkombinasies kom.

Viva ’n snotklap vir die regerende idiote!

Profile photo of izakdv

by izakdv

Leer hoe om ’n beter redakteur te word

April 7, 2010 in Sonder kategorie

Die Professional Editor’s Group (PEG) hou vir twee dae lank ’n beraad oor die ambag van die redakteur. Dit vind plaas op 13 en 14 Mei 2010 by Bridge House in Franschhoek.

Dit is ’n baie vol program en enige een wat belangstel in die redaksionele proses sal geweldig baat vind hierby.

Kyk net na die program! Daar is heelwat Afrikaanse sessies.

* * *

Day 1: 13 May 2010

09h45–10h20: Session 1

Keynote speaker: Sindiwe Magona

10h45 – 12h45: Session 2

Izak de Vries

Werkswinkel oor die redigeer van Afrikaanse tekste (dit gaan voort op dag 2)

or

Helen Moffett

Workshop on editing texts in English (continues on day 2)

or

Sindiwe Magona

Workshop on editing texts in isiXhosa (continues on day 2)

13h45 – 15h15: Session 3

Nelleke de Jager and Moky Makura

Editing romance fiction: challenges and charms (Panel discussion)

or

Elsibe Loubser-McGuffog and Liliane Top of ‘Creative Express Mini-bar’

Creative writing workshop (continues into session 4)

of

Carina Diedericks-Hugo en haar paneel

Kinderboeke in Afrikaans

15h45 – 16h30: Session 4

Maire Fisher and Tracy Farren

Author and editor in conversation about their collaboration on Whiplash

or

Creative writing workshop (continues from session 3)

of

Danie Botha and Etienne Bloemhof

So was dit gister, en so is die hede – hoe het die tradisie verskil van dit wat nou gebeur?

Day 2: 14 May 2010

10h30–11h05: Session 1

Keynote speaker: Mandla Langa

11h30 – 12h45: Session 2

Martha Evans and Andrew Brown; Linda Gilfillan and Sharon Sorour-Morris

Challenges of the author–editor relationship in the context of texts written in English (Panel discussion)

or

Ivan Vladislavic

Informal talk and discussion on what he’s learnt from reading manuscripts and helping writers to shape books in progress

of

Louise Steyn, Elsa Silke en kollegas

Uitdagings rakende die outeur–redakteur-verhouding in Afrikaanse tekste (Paneelbespreking)

13h30 – 15h30: Session 3

Izak de Vries

Werkswinkel oor die redigeer van Afrikaanse tekste (Voortsetting van dag 1)

or

Helen Moffett

Workshop on editing texts in English (continued from day 1)

or

Sindiwe Magona

Workshop on editing texts in isiXhosa (continued from day 1)

15h45 – 17h15: Session 4

Ann Donald and a team of reviewers

The book reviewer’s view of the editor’s role

or

Arja Salafranca and panellists

Editing works of narrative non-fiction

or

Colleen Higgs, Louise Grantham and publisher colleagues

The publisher’s view of the editor’s role

* * *

Stuur asseblief alle navrae aan ellynbarry@telkomsa.net

 

Koste

  • R1 200,00 (met ’n 10%-afslag tot en met 16 April)
  • Volle lede van PEG: R900,00 (met ’n 10%-afslag tot en met 16 April)
  • Bona fide studente R400,00 (geen verder afslag nie)
Profile photo of izakdv

by izakdv

Is “Kill the boer” ’n grondwetlike reg?

April 6, 2010 in Sonder kategorie

In my vorige inskrywing oor ET het ek dit duidelik gemaak dat my basstem gevoeg word by die koor wat vinger wys na Malema as ons na plaasmoorde kyk. Ek staan steeds daarby, maar ek wil ’n ander standpunt ook hier stel: Dit is positief dat die ANC die reg om “Kill the boer” te sing aan die grondwet wil meet.

Hoe dan nou? Het ek daggatee gedrink? Nee. Inteendeel.

Daar is talle mense wat opgewonde is oor die grondwetlike toets wat die ANC wil loods, al is hulle hóé kwaad vir Malema.

Kom ek verduidelik: As die ANC bereid is om vir vryheid van spraak hof toe gaan, dan kan dit ons almal tot voordeel wees. Die ANC moet dus versigtig wees: As hulle die saak wen, sal hulle skynbaar nie die AWB, die DA of die uwe daarvan kan weerhou om uitsprake teen die regering te maak nie.

Daar was die afgelope ruk talle aanduidings dat die regering allerlei drakoniese wette wou deurdruk wat op persvryheid en op artistieke vryheid sou inbreuk maak. Van die wette het die ou Nasionale Party se sensuurrade na kinderpartytjies laat kyk.

As Malema dan mag vra dat boere doodgemaak word, sal die ANC sukkel om aan ’n regter te verklaar hoekom die einste boere nie oproepe van weerstand mag maak nie.

Hulle sal mý dan beslis nie kan aankla as ek teen Malema of Prez Showerhead uitvaar nie.

Ek is nie ’n regsgeleerde nie. Vir ’n baie deeglike, maar toeganklike, stuk regsopinie lees gerus hoe ’n prokureur Professor Pierre de Vos se standpunt hieroor bespreek. 

Ek is egter ’n filosoof en die vraag wat ék wil vra is: Hoe ver mag ons dit dan vat?

Mag die inwoners van Langa of Diepsloot weer begin sing: “Maak dood die buitelanders!”? Sal die Suid-Afrikaners vryheid van spraak swaarder weeg as die buitelanders se reg om veilig te wees?

Ek het ’n spesmaas dat Malema op ander gronde wel deur die hof stilgemaak kan word. Ek dink die boere staan ’n baie goeie kans om ’n bevel teen Malema te kry waarin hy belet word om hulle reg op lewe in gevaar te stel – in watter vorm ook al. Dít mag nou interessant wees.

Intussen moet die ANC twee goed doen:

  • Hulle moet Malema ’n moerse klap gee en hom belet om mense se lewens in gevaar te stel, en
  • Hulle moet my en jou vryheid van spraak waarborg.

As hulle dít nie doen nie (sal hulle?), moet Agriforum die reg op ’n veilige lewe in die grondwethof toets. Malema, die jeugliga, die ANC en Prez Showerhead sal die respondente moet wees.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Terre’Blanche nou ’n dooie digter

April 4, 2010 in Sonder kategorie

Om verskeie redes was ek nooit ’n liefhebber van Eugene Terre’blanche nie. Ek het talle male my nek uitgesteek en gevra vir die teenoorgestelde van dít wat Terre’blanche en sy boeppenskakiebrigade wou hê.

Maar ek gaan een van die stemme wees wat vinger wys na Julius Malema. As Malema kan sê “Skiet die boere” wat weerhou die AWB daarvan om op Terre’blanche se begrafnis te skree: “Maak dood die kaffers!”?

Dis die probleem: Oubaas Nelson Mandela het vir ons gewys wat nederigheid is en hoe om te versoen. Malema en Terre’blanche het vir ons gewys hoe om Mandela se nuwe Suid-Afrika nader aan ’n bloedbad te stoot.

Terre’Blanche gaan nou, onregverdig so, ’n plekkie kry in die regse annale as ’n dooie digter wat iets probeer beteken het vir sy volk.

Snert, man. Hy was ’n ekstremis soos Julias Malema.

Die feit is egter: Hier is nog ’n dooie boer.

Ek wonder wat die ANC gaan sê as ek ’n liedjie skryf wat sê:

Bring die masjiengeweer,

Skiet Malama dood!

Bring die masjiengeweer,

Skiet Malema dood!

Sal hulle my reg op vryheid van spraak handhaaf?

Ek glo nie. Maar dis ook nie ter sake nie. Dis ook nie wat ek wil doen nie.

Nee, wat. Ek sal liewer op daardie oomblik waar Eugene Terre’Blanche se kis finaal in die graf afsak, my vuis bal met die strydsaluut en skree:

Viva Mandela!

Viva Vryheid!

Viva Versoening!

En dan, in die woorde van Antjie Krog, maar effens verdraai:

Ons is

Ons is

’n Vry fokken Nasie!

Fok Malema!

Fok die AWB!

 

Ons is

Ons is

’n Vry fokken Nasie!