by

Dana Snyman is ’n doring

Maart 29, 2010 in Sonder kategorie

Ek het vanmiddag laat eers my Rapport gaan koop en op die Boekeblad een van die heerlikste resensies gelees wat ek nog raakgeloop het.

Dana Snyman, een van ons groot reisskrywers, het Paul Alberts se pragtige boek, Buite die hekke van Eden, in die bakkie gelaai en gery.

Die idee was dat hy ’n resensie daaroor moes skryf. In plaas daarvan het hy ’n brief aan Paul Alberts geskryf. Dié brief is in Rapport geplaas. Lees gerus die brief hier.

Nou, julle ken my al. Ek is by geleentheid ’n bietjie dwarstrekkerig en het eenmaal ’n Noordelike Akademikus baie kwaad gemaak toe ek beweer dat daar geen resep is vir ’n goeie resensie nie. “Inteendeel,” het ek gesê, “elke boek is uniek en dis juis resensente wat vars en nuut kyk na die resensie as medium, wat my opgewonde maak.”

O, gonna. Toe is die gort gaar. Madame het haar opgeruk en gesê: “Nou wat moet ek my studente dan leer? Ek leer hulle dan juis hoe om resensies te skryf.”

“Bravo,” was my antwoord. “Jy móét hulle leer wat gewoonlik in ’n resensie staan. Maar dan moet jy hulle vrylaat om iets heel anders aan te vang.”

“Gmf,” was Madame se enigste antwoord.

Wel, ek vrees ek staan steeds by my standpunt. En as julle Dana se brief lees, sal julle sien hoe ’n resensie hééltemal kan wegbreek uit die norm en daarom júís die kol tref.

Net soos Paul Alberts ’n mens heeltemal nuut laat kyk na die hartseer in ons land, so laat Dana ’n mens heeltemal nuut kyk na dit wat gewoonlik in die Boekeblad staan.

Bravo Dana Snyman!

Buite die hekke van Eden, deur Paul Alberts, is deur Protea Boekhuis uitgegee. Ek kon dit nie op Kalahari opspoor nie, bel maar die uitgewer, of een van hul winkels.

14 antwoorde op Dana Snyman is ’n doring

  1. iduplessis het gesê op Maart 29, 2010

    I concur.

  2. HeavyHenry het gesê op Maart 29, 2010

    Nice een. Daai boek moet regtig iets anders wees!

  3. DroomKind het gesê op Maart 29, 2010

    Jip, het ook die resensie gelees en gedink dis ‘n lekker manier om die ding te doen.

  4. aardvoel het gesê op Maart 30, 2010

    Izak,
    Dankie dat jy dit onder my aandag gebring het hier. Ek mis nooit iets wat Dana skryf in tydskrifte nie. Ek is een van sy aanhangers.

    Izak 🙂

  5. Het nou net jou skakel gevolg en die resensie gelees. Uitstekend gedoen. Heeltemal iets anders en dit doen wat dit veronderstel is om te doen. Dit meng fyn kritiek saggies in. Dit laat my ook sommer lus kry om weer vir ‘n slag net bietjie te stop en fotos te neem. Ek is baie lief vir swart en wit fotos. Deur die resensie te lees het ek beelde opgetower van hoe dit moet lyk en nou wil ek sommer die boek gaan kry. So ek neem aan Dana het sy werk baie goed gedoen … Soos gewoontlik.

  6. zephur het gesê op April 1, 2010

    Ek is mal oor sy skryfwyse…

  7. Izakdv het gesê op April 4, 2010

    Thanks, Zak!

  8. Izakdv het gesê op April 4, 2010

    Lekker dat jy saamstem, Annemari

  9. Izakdv het gesê op April 4, 2010

    Dit is Henry, die moeite werd om te koop.

  10. Izakdv het gesê op April 4, 2010

    Jip! Slim gedoen!

  11. Izakdv het gesê op April 4, 2010

    Hy is! Hy skryf ook goed.

  12. Izakdv het gesê op April 4, 2010

    Hallo Izak
    Lekker om van jou te hoor!
    Izak

  13. Izakdv het gesê op April 4, 2010

    Ludwig
    Ek dink jy sê dit baie goed. Ek is ook al lus om die kamera weer na die townships, die dorpies en die stede te neem.

  14. Izakdv het gesê op April 4, 2010

    Hy is wonderlik, Zeppie, ek stem.

Los ’n antwoord vir ludwig.heuer. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.