by

Die rekenaar en die e-boek

Maart 17, 2010 in Sonder kategorie

Awie het hierdie foto en die onderskrif aangestuur.

 

Scientists from the RAND Corporation have created this model to illustrate how a “home computer” could look like in the year 2004. However, technology will not be economically feasible for the average home. Also scientists readily admit that the computer will require not yet invented technology to actually work, but 50 years from now scientific progress is expected to solve these problems. With teletype and the Fortran language the computer will be easy to use.

 

Ek wonder nogal waarvoor daardie stuurwiel nodig sou wees?

Vyftien jaar na hierdie foto geneem is, was daar ’n helse revolusie in die rekenaarbedryf. Die Sinclair ZX-80 is gebore. En wow. Die tuisrekenaar was klein genoeg om op ’n lessenaar te staan.

 

Ek en Bertie du Plessis het juis die ander dag nostalgies geraak oor ons eerste rekenaars. Hy het ’n ZX gehad. Ek het op ’n BBC leer programmeer. My BBC het 32k geheue gehad en ons het al ons programme op ’n kassetspeler (soos in tape recorder) gestoor.

Interessant? Inderdaad, maar nóg interessanter is Sir Clive Sinclair se sienings oor die huidige rekenaars. Hy voel hulle is swak ontwerp en mors hulpbronne. Lees gerus sy sienings hier.

Wat my bring by die e-boek. Mense. Die papierboek is nog lank met ons, baie lank. Maar, hou hierdie ruimte dop. Die e-boek is deesdae reeds ’n feit en die tegnologie vorder geweldig vinnig. Ons is reeds by die ZX verby, die vraag is: Gaan ons Apple, of gaan ons Windows? Of wat van Google? Hoe klink open source? 

13 antwoorde op Die rekenaar en die e-boek

  1. Ek hou van open source.
    Ek wens natuurlik vader kersfees gaan vir my ‘n e-book leser aflaai hierdie jaar.
    Ek wonder ook oor daardie stuurwiel. Dalk was dit iets soos ‘n opwentoestel?

  2. shlwanjan het gesê op Maart 17, 2010

    Ek dink my kinders sou daai ene op die boonste foto ge-like het. Veral met daai stuurwiel. Lyk soos ‘n mean gaming console…en hulle sou meer oefening inkry met rondhardloop tussendeur al die knoppies en tafels, as met WiiFit.

  3. BertieDuP het gesê op Maart 18, 2010

    Hallo Izak, dankie vir die uitwys van die tikfout. Kan jy glo jou opmerking het opgekom in my epos, maar glad nie op die blog verskyn nie. Dit was ook een van daai oggende wat Letterdash opgehang het en ek twee keer moes oplaai. In elk geval dit gaan soggens baie vinnig! Ons moet ‘n slag nog verder oor die nuwe leeskultuur praat. Die afgelope naweek het my Kidle weer homself oor en oor bewys! Oor jou laaste opmerking ek vertrou nie goed wat verniet is nie – soos open source.

  4. zephur het gesê op Maart 18, 2010

    Kyk maar net hoeveel mense lees koerante op die net en koop nie meer die ware jakob op die straathoek nie.

    Ja e-Boek is hier en verander die publikasie wêreld. Maar om ‘n boek so te lees is glad nie naby die ervaring om daai boek werklik vas te hou en deur sy blaai te werk nie.

  5. Izakdv het gesê op Maart 18, 2010

    Opwentoestel? LOL, ek dink jy het ‘n punt beet!

  6. Izakdv het gesê op Maart 18, 2010

    Die ding sou waarskynlik nie eens PAC MAN kon speel nie… Maar, ja. ‘n ou sou nogal moes rondhardloop om al die knoppies en die konsole en die stuurwiel in toom te hou.

  7. Izakdv het gesê op Maart 18, 2010

    Bertie
    PDF is deesdae open source … maar ek hoor jou. Uiteindelik moet ons ‘n lewe maak en there aint no suc a thing as a free lunch!

  8. Izakdv het gesê op Maart 18, 2010

    Zeppie, Ja. En tog verkoop koerante nog goed. En met e-bemarking is daar deesdae al hoe meer geleenthede.

    Tog, ek hoe van ‘n KOERANT en ek hou van ‘n boek.

    Dis net dat die nuwe e-lesers regtig nogal oulik is.

  9. BertieDuP het gesê op Maart 19, 2010

    Die staat dryf nou open source. ‘n Kliënt van my in ‘n parastataal moet dus OS gebruik. UIters lastig met afsprake, jy moet eposse stuur en kan nie uit Outlook outomatiseer nie. Verlede jaar wou ek ‘n netbook koop; die Open Source was duidelik goedkoper; maar fluister die verkoopsman vir my kan nie met die 3G modems werk nie… As jy iets verkoop is jy afhanglik van die geld, dit bring fokus, “like a hanging in the morning.”

  10. BertieDuP het gesê op Maart 19, 2010

    OP die grens van die oorgang van ou na nuwe is daar altyd heimweë , maar glo my vir die gerief van ‘n boekwinkel een uur in die nag, van my biblioteek met my saamdra en van ‘n digitale soekfunksie na my notas laat my Kindle my vinnig vergeer van die lekker papiergevoel.

  11. zephur het gesê op Maart 19, 2010

    En om 100 boeke saam met jou te dra, sal nogal jou rug breuk. Miskien dat e-boeke meer gepas is vir die sak.

  12. Izakdv het gesê op Maart 19, 2010

    Ek bly lief vir ‘n boek, maar die nuwe e-lesers is wonderlik. Presies om die redes wat jy noem, Bertie.

  13. Izakdv het gesê op Maart 19, 2010

    Dis een van die voordele, Zeppie. Jy dra ‘n biblioteek saam, nie bloot ‘n boek nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.