by

Ons kunstenaarskap is in gevaar

Maart 8, 2010 in Sonder kategorie

Ek is baie bly dat die pers – so ver as in Engeland – vir Liewe Lulu hel gegee het oor haar moroonagtige optrede by die uitstalling “Innovative Women”.

Een van haar raadgewers het klaarblyklik vir haar vertel dat daar menseregte in Suid-Afrika is, en nou beweer sy dat sy glad ’n probleem het met gay mense nie.

Nou waaroor het die minister dan so breinloos opgetree? Hier is die antwoord: “a long overdue debate on what is art and where do we draw the line between art and pornography”.

Nou, dôner mense, hoe Nasionale Party kan ’n mens wees? Klink dit nie presies soos iets wat PW Botha sou gesê het nie?

Gaan kyk self. Hier is ’n paar van die foto’s – daar is letterlik nie een wat ek nie vir my seun sal wys nie. En my seun sal ook nie dink hulle is snaaks, of vreemd, nie.

Gaan ek volgende hoor dat die skilderye van kaal vroue, of die mooi beelde van kaalborsmeisies, wat in my huis is, ook verbied gaan word? Gaan boeke soos Fanny Hill ook volgende uit my huis verwyder moet word?

Ons kan nie en moenie toelaat dat die huidige, verregse spul dinosourusse ons werk wegkalwe nie.

Hoeveel kunstenaar is nie verban in die ou Suid-Afrika nie? André Brink, John Miles, Etienne Leroux … ag, ons kan aangaan met hierdie lysie.

As ’n minister van Kuns en Kultuur sulke uitsprake maak, terwyl haar baas, Prez Showerhead Z, vir ons vertel dat hy minder seks op TV wil sien, wel, dan moet ons baklei.

Mense vra dikwels hoekom die uwe, wat mal is oor vroue, dan so in gayregte belangstel? Dis oor regte, dis hoekom.

As ek nie baklei vir almal se regte nie, kan ek nie aandring op my eie nie.

En, as kunstenaar, dring ek aan op artistieke vryheid. Vir artistieke vryheid sal ek aanhou baklei.

Sien gerus ook Coenie Kukkuk se Facebook-stuk oor die onderwerp.

Vir ’n meer volledige dekking oor Liewe Lulu se kleitrappery, lees gerus hierdie artikel in die Mail & Guardian.

16 antwoorde op Ons kunstenaarskap is in gevaar

  1. shlwanjan het gesê op Maart 8, 2010

    Ek is nie in die minste aan tannie Lulu se kant nie – sy klink of sy ‘n oorhaastige en ondeurdagte oordeel gevel het – maar my 11 jarige meisiekind het die foto’s self gesien in die koerant gister, en nie veel daarvan gedink nie. Aan die ander kant sal ek nou nie my dertienjarige seun roep en sê haai boetie kom kyk hier hoe fraai is dit nie. {-;

    Ek het nogal gewonder oor die kinders by die uitstalling waaroor sy so besorg was. Ek het so ‘n vermoede daai kids was in elkgeval “bored out of their skulls” met die hele spulletjie, en sou verkies het om tuis besig te wees om demone te verpletter op hulle playstation of iets.

    Iewers het ek gelees/gehoor met ‘n halwe oor van die permissiewe Britte wat nou backpedal oor die seksuele inhoud van musiekvideos, waaraan kinders blootgestel word.

    Viva artistieke vryheid. Maar as ouer glo ek ek SKULD my kinders ‘n mate van beskerming. Elke kind is op sy eie unieke tyd gereed om aan die ‘regte wêreld’ blootgestel te word, maar soms laat die publieke domein NIE daardie vryheid van keuse toe nie.

    En dit, aan die ander kant, is jammer.

  2. shlwanjan het gesê op Maart 8, 2010

    En ek moet jou tog eendag vertel van my vriend N…, wat op dertien “sy onskuld verloor het in die Louvre ” {-;

  3. abrham het gesê op Maart 8, 2010

    in die louvre nogal, was dawid die belhamel

  4. abrham het gesê op Maart 8, 2010

    dh was ‘n yster

  5. maryke-anne het gesê op Maart 8, 2010

    Ek moet sê, ek was nie juis beindruk met die ‘kuns’ nie, maar dan is ek ook nou nie ‘n kenner nie.
    Ek dink as ‘n kunstenaar voel hy/sy het artistise vryheid, het die mense wat daarna kyk ook seker kommentaar vryheid?

  6. bigbigjoe het gesê op Maart 8, 2010

    Dis nie net die ministerie nie, Izak- dis onsself en al die bombastiese burokratiese bliksems om ons ook. Die verhoogstuk , Vagina Monoloë, is by TUKS verbied- juis weens die V-woord…

  7. DroomKind het gesê op Maart 8, 2010

    As hulle dit waag om Fanny Hill et al te verban kom ek iets oor!

  8. Izakdv het gesê op Maart 8, 2010

    Sê jy!!

  9. Izakdv het gesê op Maart 8, 2010

    Inderdaad, Ghaap

  10. Izakdv het gesê op Maart 8, 2010

    Eish, Sterkte!

  11. Izakdv het gesê op Maart 8, 2010

    Natuurlik is jy reg, BigBigJoe.

  12. Izakdv het gesê op Maart 8, 2010

    Kommentaarvryheid is natuurlik in die haak,Maryke, maar sensuur vanaf die regering glad nie.

  13. Izakdv het gesê op Maart 8, 2010

    Puik aanhaling, Kelly

  14. Izakdv het gesê op Maart 8, 2010

    inderdaad, abrham

  15. Izakdv het gesê op Maart 8, 2010

    Shlwanjan, as my seun 13, sou ek dalk saamgestem het, maar om redes wat eerder oor die Louvre gaan as oor sogenaamde “nie-kuns”.

    Daar is beslis goed waaraan ek my seun NIE blootstel nie. Ek stem dus met jou saam.

  16. Izakdv het gesê op Maart 8, 2010

    Lol, Abrham. Ek is self nuuskierig!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.