by

Lulu se sensuur

Maart 2, 2010 in Sonder kategorie

Daar doen liewe Lulu dit toe weer. Die dierbare dame het glo besluit lesbiese kuns is pornografies en onsedelik. Shame.

Ek dink dis tyd dat gay-aktiviste aandring dat Lulu Xingwana verwyder moet word uit haar portefeulje. Coenie Kukkuk gaan beslis ’n e-pos van my kry.

Volgens Die Burger het Zanele Muholi geld ontvang van die departement en het, as ’n gebaar, toe vir Liewe Lulu gevra om die uitstalling te kom open.

Liewe Lulu het klaarblyklik haar ongekunstelde self gewys en uitgestorm. Haar persoonlike assistent moes glo die toespraak voorlees.

Dit is ’n skande. Ons kan nie só ’n verkrampte persoon toelaat om kuns en kultuur te vertrap nie.

Hoe langer die ANC aan bewind is, hoe meer raak hulle soos die Ou Nasionale Party.

(Die Nuwe Nasionale Party het egter darem vooraf hulle mense uitgestuur en gedink oor goed. Hernus Kriel, ’n gekunstelde persoon, het al ’n veel meer gewaagde uitstalling geopen – ek was daar, dis net dat ek nie onmiddellik die kunstenaar se naam kan onthou nie.)

 Sies Lulu. As hierdie berigte waar is, is jy ’n skande.

(Om van die foto’s te sien, kliek hier.)

8 antwoorde op Lulu se sensuur

  1. zephur het gesê op Maart 2, 2010

    Hahahaha en vir die uitstalling het hul R300 000 gehoes…betaal vir iets en jy weet nie waarvoor nie. Jis die mense is ‘n joke.

  2. DroomKind het gesê op Maart 2, 2010

    Ja jong. Onkunde bly een van die mees destruktiewe magte in ons land.
    NS Hou van die nuwe avatar foto!

  3. sprokie het gesê op Maart 5, 2010

    links is die nuwe regs. nee ek jok. links is die nuwe verregs.

  4. Izakdv het gesê op Maart 8, 2010

    Inderdaad, Zeppie

  5. Izakdv het gesê op Maart 8, 2010

    Ek dink ook so!

  6. Izakdv het gesê op Maart 8, 2010

    Thanks, Cindy. I share your question!

  7. Izakdv het gesê op Maart 8, 2010

    Awie het die Avatar geneem.

  8. Izakdv het gesê op Maart 8, 2010

    Inderdaad, Prinses. Jy sien dit daar oorkant, nie waar nie?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.