by

My probleem met Zuma se 20ste kind

Februarie 4, 2010 in Sonder kategorie

Ek het lank gewag voor ek hieroor geskryf het, want ek wou eers mooi dink hoe ek nou régtig hieroor voel.

Kom ons stel eers ’n paar standaarde:

1. Ek sal normaalweg nie kla as iemand ’n affair het nie. Ons is menslik en wat in mense huwelike en daarbuite gebeur is gewóónlik nie iets waaroor buitestaanders hulle monde moet uitspoel nie. Trevor Manuel en Maria Ramos het lank saamgebly en is later getroud. Bravo. John Major het ’n skelmpie gehad. Toe ek dít uitvind, het hy sowaar meer menslik geword in my boek. (Major is ’n interessante mens, maar hemel hy was ’n vaal politikus!) ’n Affair kan ménse skade doen, dit kán huwelike seermaak, ja, maar dis privaat goed – NORMAALWEG. In Zuma se geval hét ek ’n probleem, maar ek sal later sê hoekom.

2. Ek het nie ’n probleem met ’n staatsman wat ’n verhouding het nie. Francois Mitterrand het al die jare wat hy aan bewind was ’n langtermynverhouding gehad met Anne Pingeot, dit terwyl hy getroud was met sy vrou, Danielle. Hy het kinders gehad by albei vroue. Dis belangrik om te besef dat sy affair in die ope was. Die twee vroue het van mekaar geweet, die kinders ook. As julle belangstel, kliek hier om foto’s te sien waar albei vroue, én die buite-egtelike kind, sáám langs Mitterrand se graf staan. Pingeot het by tye selfs vir Mitterrand vergesel op amptelike staatsbesoeke, hoewel sy nooit as “Eerste Dame” bekend gestaan het nie. (Van belang vir ons gesprek is dat die bestaan van hulle buite-egtelike dogter, Mazarine, vir jare nié bekend gemaak is nie.)

3. Ek het al te vore gesê dat ek geen probleem het met poli-amorie nie, maar dan moet dit die waardigheid van alle partye beskerm. Mitterrand se verhouding was een wat waardigheid verleen het aan sy wettige vrou én sy ongetroude geliefde.

4. Ek het per se nie ’n probleem met poligamie nie. Ek kan ook geen rede sien waarom ’n staatshoof uitgesluit moet wees van die tradisionele reg om meer as een vrou te hê nie. Ek het wel ’n probleem as die belastingbetaler vir elke nuwe flossie ’n moerse klomp geld moet uithaal.

5. Zuma is algehele, totale bleeksiel as ons hom met Salomo vergelyk. Die Bybel vertel, met trots, dat hiérdie knaap 700 wettige vroue en 300 byvroue gehad het. (Moet ook nie vergeet nie, seks met ’n slaaf was soos masturbasie deesdae is, dis iets wat jy sommer gou gedoen het as die amptelike kanaal (sic) nie beskikbaar was nie.) Gelukkige drommel.

Dus, kom ons wees eerlik: Daar ís talle redes waarom Zuma se orgaan ons normaalweg nie sou moes pla nie. Waarom pla dit mý dan?

Hier is ’n aantal redes:

1. Zuma kan dônerswil sê wat hy wil, maar hy laat dit voorkom asof dit heeltemal okay is om rond te pomp. Destyds het hy vir “Kwezi” gegryp oor sy ’n kanga gedra het, nou gaan maak hy ’n kind by nóg ’n vrou. Sorry, dié ou slaap rond. Ek sou hééltemal anders gevoel het hieroor as die presidensie al ’n jaar gelede laat blyk het dat Zuma ’n verhouding het met Sonono Khoza. Sy is mooi, sy is ryk, sy is geskei … fine. As hy dit dus doen met sy ander vroue se medewete, wel fine, gelukkige bliksem. Maar nou is die verhouding toegesmeer. Al wat ons dus weet, is dat Zuma al weer sy ding ingedruk sonder ’n FL. ’n Mens wonder of hy na die tyd gestort het? En, hier is die laaste hou in hierdie rondte, hoe de moer moet jy vir jong mans sê hulle moenie rondneuk sonder kondome nie, as die blerrie president dit hele tyd doen?

2. Zuma is ’n verregse blikskottel wat die regse kerke, waaronder Rhema, gebruik het om die verkiesing in te palm. Hy het homself skaamteloos tot pastoor verklaar, vir Rhema gaan dans, en al die nodige regse geluide gemaak. Hoekom leef hy nie daarvolgens nie? In ’n tyd waar die moderne kerke gay-regte goedpraat, poli-amorie probeer bevestig, saamwoon goedkeur, kies híérdie knaap die regse kerke se outydse sienings vir eie politieke gewin, maar besluit ook om nie hulle boodskappe uit te leef nie.

3. Om aan te sluit by punt 2: hierdie einste Zuma en sy “God squad” is besig om goed te sê soos: Daar moet minder seks op TV wees. Dié éinste Zuma en sy regering is ’n moerse gevaar vir persvryheid – en vir artistieke vryheid. En hy? Hoe leef hy? Zuma is ’n tipiese voorbeeld van iemand wat sý regte opeis, terwyl hy mý regte wil verminder.

4. Het Zuma al prostitusie gewettig? Nee, hy en sy verkrampte regterhand, Helen Zille, maak die lewe van prostitute al hoe moeiliker. In lande waar prostitusie gewettig is, is prostitusie veilig. Daar is al sedert die negentigerjare vertoë van talle organisasies om prostitusie te wettig, maar die regse blikskottels, soos Zuma, weier.

5. ’n President wat goed in die donker doen, is ’n teiken vir openbare kritiek. Kyk wat het met Clinton gebeur toe hy ’n sigaar gaan opruk het waar hy nie moes nie. Dis oor die stupid blikskottel dit ontken het, dat dit ’n skandaal geword het. Teddy Kennedy en sy broers het talle affairs gehad. Marilyn Monroe was by meer as een geleentheid in JFK se bed. (Gelukkige bliksem.) Teddy het egter hel gekry toe ’n prostituut dood is in sy motor en hy dit klaarblyklik probeer toesmeer het.

So. Sorry Zuma. Jy het gefaal. Trek twee onderbroeke aan.

44 antwoorde op My probleem met Zuma se 20ste kind

  1. louisna het gesê op Februarie 4, 2010

    Spot on Izak.

  2. Hierdie stukkie (no pun intended) het my eindelose plesier verskaf! Uitstekend! 🙂

  3. stem volkome saam!

  4. Izak, dit is netjies gestel. Ja, ons sal seker oor sekere nuanses van mekaar kan verskil. My siening is dat daar ‘n gebrek aan moralitiet by ‘n groot deel van die samelewing is. Ek het die dokument wat die staat ‘n paar jaar gelede die lig laat sien het, baie fyn bestudeer. Dit het ‘n program bevat vir die “Moral Regeneration” van die nasie. Dit het nie uitgegaan van die een of ander geloof nie, maar die gemeenskaplike in almal verwerk. En as ek reg onthou, was Zuma, toe hy Vise-president van die land was, die persoon wat hierdie program moes dryf. Ironies!
    Wat daarvan geword het, weet ek nie. Laas toe ek navraag gedoen het by vriende wat ek in die regering het, kon hulle my nie antwoord nie.
    Nog ‘n ding: om agter tradisie te skuil, is gevaarlik. Daar is volke waar die minagting en degradasie van die vrou sogenaamd deel van die tradisie is. Dan is daardie tradisie korrup en mag dit nie as norm/maatstaf geld nie.
    Dankie dat ek dit vir jou mag sê want ek dink ons dink ten minste in dieselfde rigting.

  5. Jacob Zuma is Mamparra van die Week.

    No two ways about it. (Twee onderbroeke sal dalk help, hiehiehie YOU THINK???????)

  6. Neander het gesê op Februarie 4, 2010

    Izak, ek stem ook saam met jou breë standpunte.
    Jy weet nou ookal wat my denkpatroon is. Die aspek waarvan jy praat is ook nie beperk tot Afrika se mense nie, jy noem tereg ook Bill en John. Ek kan ook byvoeg Steve, Tiger en talle ander.

    Wat jy dalk teen jou sin sal moet erken is dat die menslike psige hom nie laat voorskryf deur Wit of Blouskrifte of goeie voornemens nie.
    Ek het al voorheen na die geslagsdrang van die mens verwys en dit sal so bly voortbestaan.
    Ek wil ook nie geld betaal vir ekstra vrouens nie. Kan jy dink hoe het die Israeliete gemor oor Salamo se bywywe?

  7. zephur het gesê op Februarie 4, 2010

    Dat daai verskriklike virus hom nog nie bygekom het nie, slaan my aids soos ‘n kers.

  8. Bravo! Bravo!

  9. Berwick het gesê op Februarie 4, 2010

    Goed gestel, Izak.

  10. Baie goeie post. Ek dink net Rhema kry ‘n oorval as hulle hoor jy beskou hulle as ver-regs. Hoekom, wonder ek?
    Moes lag oor “sy orgaan”…

  11. Terloops, ek stem saam met al jou redes hoekom Zuma se 20e kind wel in die media en orals anders bespreek MAG word. Behalwe vir belasting en ander blablabla’s, is dit die moraliteit wat hy verkondig. Ons gesondheidswerkers het al jare ‘n stryd om mense van kondome te oortuig, en nou se die prez met sy optrede dis okay om by meer as vier vroue (waarvan ons weet) te slaap!
    Een (manlike, swart) verpleegter op ‘n plattelandse dorp het my (vir ‘n artikel) vertel hoe die swart mans in die shebeen met hom stry dat ‘n kondoom se punt vol wurms is. Hoe op aarde redeneer hulle? “Eenvoudig,” antwoord hy. Hulle gooi kookwater in die kondoom (wat mos dan smelt), en sien dan die ‘wurmpies’ in die water ronddryf. My kaak het oopgehang van verbasing oor die onkunde.

  12. Bobby se bek is eerder toe

  13. Baie lekker gelees nou.

  14. jvdw4 het gesê op Februarie 6, 2010

    Ek stem

  15. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    dankie, ouboet

  16. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    Helaas, ek vrees ook so, Anenmari

  17. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    Dankie, Faansie

  18. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    Baie bly, Thomas!

  19. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    Dankie, Herfsblare

  20. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    Ek dink ons stem baie saam, Kobus. Dis net dat ek nie tradisie sondermeer wil afskiet nie, ek wil eerder DELE van die tradisie onder loep neem en verander.

  21. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    Dankie, liewe Tronkie!

  22. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    baie …

  23. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    dankie!

  24. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    dalk druk dit genoeg 😉

  25. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    Dankie, Anha

  26. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    Jy’s reg, Neander. Dis juis hoekom ek dit nie ‘n Anti-Afrika-kampanje wou maak nie.

  27. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    Kannie beter sê, Zeppie

  28. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    Dankie, DK

  29. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    Dankie, Samhur, dis mooi woorde.

  30. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    Baie dankie!

  31. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    Grrrr! Hallo Willemien!

  32. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    Dankie, Flenters!

  33. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    Ja. En dis hoekom dit so erg is dat die kerk en die staat nie meer kan doen nie! Hoeveel van daardie manne se kerke het al moeite gedoen om met ‘n kondoom op die kansel te preek?

  34. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    ‘n Toe bek is ‘n heel bek!

  35. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    Ek is bly, Plankloper

  36. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    Hallo Johan, ek’s bly

  37. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    Dankie, Hans!

  38. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    Hallo, Pink!

  39. Izakdv het gesê op Februarie 7, 2010

    My vorige antwoord wou nie vat nie. Sug. Rhema: Hulle is NIE een van die kerke wat die nuwe teologie aanhang nie. Baie beslis nie. Hulle sê oor hulleself dat hulle nog “evangelies” wil werk. Hulle is deel van ‘n groep kerke wat juis TEEN die SARK staan. Go figure.

  40. So is dit in Afrika. Die magshebbers maak soos dit hulle smaak en Zuma bewys dit net weereens. Nou dat jy klaar gekla het sal ek graag wil hoor hoe jy ‘n oplossing sien vir alles. Duidelik werk die huidige plan gin stuk niks nie.

  41. Izakdv het gesê op Februarie 8, 2010

    Hartseer, maar dit klink reg!

  42. Izakdv het gesê op Februarie 8, 2010

    Dankie. Ek het jou geantwoord in my blog van 8 Februarie.

  43. Izakdv het gesê op Februarie 15, 2010

    Dankie, Lo-Amni

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.