Profile photo of izakdv

by

Portrait of a Marriage

Januarie 14, 2010 in Sonder kategorie

 

Ek het pas ’n besondere boek gelees. Dis ’n ware liefdesverhaal. Portrait of a Marriage deur Nigel Nicolson vertel die verhaal van die uitsonderlik liefde tussen sy ouers (Vita Sackville-West en Harold Nicolson), en hulle onderskeie lovers.

Die boek is in vyf verdeel: In twee van die dele vertel Vita Sackville-West haar eie storie. In die ander drie dele gee haar seun, Nigel, vir ons die nodige agtergrond om sy ma se verhaal te verstaan.

Wat maak hierdie huwelik so spesiaal? Talle goed:

1. Hulle was werklik goed vir mekaar en was tot aan die einde baie lief vir mekaar.

2. Hulle het geweldig baie vir mekaar geskryf en daardie briewe het behoue gebly.

3. Albei van hulle was gereeld betrokke by ander lovers, en het dan openlik met mekaar daaroor gekommunikeer. Jip, hulle seun beskryf hulle huwelik as een van “mutual infidelity”.

Kan ’n huwelik so iets oorleef? O, ja. En dit kan sterker en sterker word as die twee vennote baie openlik is daaroor.

Ek het in Byna Liefde heelwat geskryf oor hierdie soort verhoudings en talle mense het gesê: Bog, dit kan nie werk nie. Wel. As jy nie mý navorsing wil glo nie, lees dan die ware verhaal van mense wat dit laat werk het – en wat verskriklik lief was vir mekaar.

Vita was biseksueel, Harold was skynbaar homoseksueel, al het hy en Vita twee kinders saam gehad.

Een van Vita se bekendste lovers was Virginia Woolf en talle kritici sê dat die hoofkarakter in Orlando op niemand anders nie as Vita Sackville-West geskoei is.

Portrait of a Marriage gaan egter oor twee ander affairs: Die eerste was tussen Vita en Rosemund Grosvenor, die tweede, en belangrikste, was tussen Vita en Violet Trefusis.

Van belang is egter dat hierdie affairs aanvanklik oorvleuel het, maar ook saamgeval het met die eerste jare van Vita en Harold se huwelik.

Vita en Violet het mekaar baie vroeg in hulle lewens ontmoet, en goed klaargekom, maar niks meer nie. Toe Vita egter ’n tiener was, het sy en Rosemund ’n passievolle affair gehad. (Rosemund se ma was Koning Edward VII se buite-egtelike lover.)

Rosemund skryf op ’n stadium vir Vita: “I do miss you darling, and I want to feel your soft cool face coming out of that mass of pussy hair.”

Maar toe Vita en Violet mekaar weer ontmoet, het alles vervaag: Vita en Violet wou met alle geweld bymekaar wees.

Die probleem is dat lesbiese verhoudings glad nie amptelike status kon hê in daardie tyd nie. So, Vita moes trou (met ’n man), so ook Violet en Rosemund.

Nou ja. Terwyl Rosemund en Vita nog passievol liefdemaak, raak Harold en Vita verloof. Toe kom Violet weer op die toneel en Vita raak heeltemal verlief of haar – maar trou met Harold.

As ek dit só beskryf, klink dit bisar, maar dit is een van die mooiste liefdesverhale wat jy nog te lese gekry het.

Wat meer is, Vita het besef dat daar ’n groot onjuistheid lê in die feit dat sy en Violet nie kon trou nie:

I hold the conviction that such connections will to a very large extent cease to be regarded as merely unnatural, and will be understood far better, at least in their intellectual if not in their physical aspect. (Such is already the case in Russia.) I believe then that the psychology of people like myself will be a matter of interest, and I believe it will be recognised that many more people of my type do exist than under the present-day system of hypocrisy is commonly admitted.

Inderdaad. Baie van my liewe lesbiese vriendinne (die jongetjies) het geen idee hoe wonderlik die nuwe Suid-Afrika is nie.

In haar seun se woorde:

She fought for the right to love, men and women, rejecting the conventions that marriage demands exclusive love, and that women should love men only, and men only women.

Vandag word poli-amorie steeds deur talle verdoem, maar diegene wat dit met sorg en ware eerlikheid benader, sal vir jou sê dat dit veel beter as jaloesie en geheimhouding is.

Wat my bespreking hier ter blogge glad nie kan vasvang nie, is die skoonheid van Vita en Harold se liefde vir mekaar. Hulle huwelik was inderdaad ’n rolmodel.

Vita Sackville-West en Harold Nicolson het albei talle boeke geskryf. Vita het die Hawthornden Prize (een van die twee oudste pryse vir Engelse letterkunde) twee maal gewen, terwyl Harold ’n ridderskap gekry het vir sy biografie oor George V.

Portrait of a Marriage is ten eerste ’n pragtige liefdesverhaal, ten tweede het dit meer draadwerk as ’n sepie. Ek kan dit hoog aanbeveel.

Portrait of a Marriage is ook deur die BBC verfilm – onder regie van Stephen Whittaker. Ek het dit nie gesien, maar dit is klaarblyklik baie goed gedoen.

Jy kan die TV-reeks koop by Kalahari, maar dis ’n Zone 1 DVD, so maak seker dat jou DVD-speler nie gesluit is nie.

12 antwoorde op Portrait of a Marriage

  1. Berwick het gesê op Januarie 14, 2010

    Groete, Izak.

  2. Ek sal dit graag wil lees, maar ek moet vir jou sê as ek dink hoe moeilik dit is om biblioteek boeke uit te neem en weer terug te gee twyfel ek of ek daartoe instaat sal wees om my geliefde met iemand anders te moet deel 😉

  3. Izakdv het gesê op Januarie 17, 2010

    Wow! Dankie, Murphy

  4. Izakdv het gesê op Januarie 17, 2010

    Hallo, Berwick

  5. Izakdv het gesê op Januarie 17, 2010

    Mededeelsaamheid het seker perke, nie waar nie, Droom?

  6. Izakdv het gesê op Januarie 17, 2010

    Die moeite werd, hoor!

  7. jannel1 het gesê op Januarie 17, 2010

    Ek glo die hoeksteen van ‘n ware, goeie liefde, is vertroue. Wanneer jy jouself kan wees en daar geen geheime vir jou ‘partner’ (op watter terrein ook al) is nie, het die verhouding, hetsy ‘n huwelik al dan nie, ‘n kans om tot in aller ewigheid te hou.

  8. Izakdv het gesê op Januarie 21, 2010

    Inderdaad, Jan. Ek dis hoekom hierdie huwelik so mooi was.

  9. Izakdv het gesê op Januarie 21, 2010

    You’ll enjoy it, Cindy

  10. Elizabeth Hardwick het in haar opstel oor Bloomsbury, gebundel as ‘Seduction and Betrayal’ o so snaaks geskryf oor Virginia Woolf en Vita Sackville-West. Mens moet die hele gehoeha binne die veilige verskansing van (boheemse) British upper-class-strukture lees, seg sy.
    ‘When Virginia Woolf “fell in love” it was not with some soft-eyed, sighing, brilliant feminist met in the British Museum, but with Vita Sackville-West, Harold Nicolson’s wife, a woman “suitable” and civilized in the highest degree. (…)
    Leonard Woolf’s endurance of Virginia’s famous frigidity is, we must suppose after the fact, altogether to his credit.Their honeymoon did not bring the amelioration they had hoped for.(…)
    ‘The arrangements of Bloomsbury, shored up by stout logs of self-regard, are insumalr in the extreme. One of the advantages of remaining on the upper deck is that the possibiltiies of jealosy, whining, threats, blackmail, outrage are comfortably diminished. And boredom and effort also. (…)
    ‘Style matters.”…

  11. Izakdv het gesê op Januarie 28, 2010

    Dankie, Marietjie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.

1 terugspoor