Jy blaai in die argief vir 2009 Oktober.

by izakdv

ZaNews

Oktober 6, 2009 in Sonder kategorie

ZaNews

Dis amptelik: Die internet bestaan nie, want Julius kon nie die woord in die Sepedi-woordeboek vind nie.

Kyk self. ZaNews het vandag amptelik afgeskop. Kyk wat gebeur as die Prez en Julsie in Kulula se groen sitplekke beland! (Kliek hier as julle sukkel.)

by izakdv

Afrikaans aan Suid-Afrikaanse Universiteite

Oktober 6, 2009 in Sonder kategorie

Terwyl die Pole Suid-Afrikaners aanstel om Afrikaans uit te bou, is daar ’n kabaal ter plaatse wat alles doen om Afrikaans uit Suid-Afrikaanse universiteite te hou.

Ek gaan nou nie vir julle goed vertel wat julle nie weet nie, daarom wil ek graag sê: Lees Hermann Giliomee se stuk: “A deadly war of languages”. (Kliek hier.)

Giliomee sê:

There is an element of déjà vu in this. A century ago Afrikaners were urged to accept parallel or dual-medium institutions to build a new nation out of the two white communities (or “races” as they were then called). Those Afrikaners who objected were accused of fomenting racial hatred.
  The popular Afrikaans journalist CJ Langenhoven parodied the plea as follows: “Friends, let us make peace and keep the peace. Let the lamb and the lion graze together; the lamb on the grass and the lion on the lamb. The lamb will soon be part of the lion. It will be to the honour of the lamb and the delight of the lion.”

Lees gerus die res self. Hy sluit af met:

Afrikaans — and an effective form of instruction, particularly for students at risk — is the casualty. It is a great cultural tragedy that is unfolding. Not only the university but all of South Africa will be immeasurably poorer if Afrikaans is fatally weakened at Stellenbosch.

by izakdv

Afrikaans in Pole

Oktober 4, 2009 in Sonder kategorie

Julle weet dit dalk reeds, maar daar is twee universiteite in Pole wat Afrikaans as vak aanbied.

Oor die jare het ek kontak gehad met ’n aantal van die baie wonderlike Pole wat daar werk, en ek verkneukel my steeds as een van hulle van die vliegtuig afklim en vlot Afrikaans praat. Talle van hulle het al by ons aan huis oorgebly. Hulle het my leer Vodka drink.

Poznan, waar my vriende bly, stel gereeld ’n Suid-Afrikaner aan om daar te gaan klasgee. Tertius Kapp is die nuutste persoon wat tans besig is om nes te skop in Poznan.

Lees gerus sy (effens tong-in-die-kies-)stuk oor sy vertrek na Poznan. Kliek hier.

by izakdv

Die pous en Malema

Oktober 2, 2009 in Sonder kategorie

Ek het dit nie uitgedink nie, maar ek dink dis briljant:

The Pope and Julius Malema are on the same stage in front of a huge crowd.

 The Pope leans towards Julius and says, “Do you know that with one little wave of my hand I can make every person in this crowd go wild with joy? This joy will not be a momentary display, like that of your followers, but go deep into their hearts and they’ll forever speak of this day and rejoice!”

 Julius replies, “I seriously doubt that. With one little wave of your hand? Show me.”

 The Pope slaps him.

by izakdv

Kobus Victor oor IL de Villiers

Oktober 1, 2009 in Sonder kategorie

Ek het die ander dag oor Izak de Villiers geblog – sien hieronder. Wonder of julle Kobus Victor se stuk gesien het? Hy’t hom beter geken as ek:

http://blogs.litnet.co.za/kobusvictor/IZAK-DE-VILLIERS