by

Die HAT maak babatjies

Oktober 23, 2009 in Sonder kategorie

http://www.kalahari.net/books/My-Eerste-HAT/632/34711784.aspx

Nooit gedink woordeboeke kan snaaks wees nie? Nooit gedink daar is donker onderstrome en gevaarlike avonture in die woordeboekkantore nie?

Nie gedink woordeboeke kan babas maak nie?

Boe! Dink weer. My Eerste HAT het pas verskyn. Dis gemik op kinders, so die HAT-Makers het dit op my knaap getoets.

Wel, knaap is GEK daaroor. Werklik GEK.

Die rede? Dis nie ’n stugge ou omie van ’n boek nie. Dis ’n super-duper cool kabouter van ’n boekie.

Die rympies is aards, snaaks en op kinders gemik – poefie en piepie staan wel in hierdie woordeboek.

Jy kan dink hoe my seun giggel as een van híérdie woorde voorkom!

Maar die sukses kom eintlik van ver af. Die idee kom van Nederland af waar hulle die Van Dale laat babas maak het. (Van Dale is Nederlands se HAT. Hande op wie een het? Ek het een.)

Die Nederlandse Baba Van Dale het mense aan die praat – en lees – gesit. (Daar is distrikte in Nederland waar elke kind op sy/haar tweede verjaarsdag ’n Baba Van Dale van die staat ontvang. Nou wonder jy hoekom hulle lees en ons nie.)

Woordeboekmaker extraordinaire, Jana Luther, het toe met Daniel Hugo saamgespan en hulle het ’n pragboekie saamgestel. Ek was baie gelukkig om ’n promosiekopie te kry, en dis hoekom ek weet sewejarige seuntjies is net so mal daaroor soos hulle ouers.

Koop nou. Dis ’n ideale Kersgeskenk vir kinders van twee tot tien.

(Terloops, weet julle die HAT ’n blog? Kliek hier.)

17 antwoorde op Die HAT maak babatjies

  1. Baie dankie vir hierdie inligting. Wat moet ons nog doen om ‘n leeskultuur te bevorder?

  2. zephur het gesê op Oktober 23, 2009

    Dankie vir die inligting Izak

  3. Wonderlik! Nou het ek ‘n geskenk vir al daardie nuwe babas vir die res van my lewe! Dankie Izak 🙂

  4. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    KOBUS: Dalk HATjies in elke Afrikataal?

  5. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Inderdaad! Ek is mal daaroor.

  6. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Plesier, Zeppie

  7. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Jy het dit, Droomkind!

  8. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Baie HATjies wat presente word?

  9. hutton het gesê op Oktober 24, 2009

    😉

  10. lisabeth het gesê op Oktober 24, 2009

    Ah! Dis oulik…sal maar ‘n masjienerige dingetjie saam met die HATjie moet toedraai…anders gaan ‘n man(netjie) of twee se harte dit nie hou nie!

  11. Puik idee! Om te HAT of nie te HAT nie, kan dalk net die verskil in elke kind (en mens!) se lewe maak. My HAT tel onder my kosbaarste boeke – en ek belowe jou, ek het baie!

  12. O, ja, en ek wou nog sê, ek het nie van HAT se blog geweet nie, sal gaan loer.

  13. Izakdv het gesê op Oktober 27, 2009

    Ek stem, madMom!

  14. Izakdv het gesê op Oktober 27, 2009

    hi, H!

  15. Izakdv het gesê op Oktober 27, 2009

    Die boekerige dingetjie saam met ‘n masjienerige dingetjie klink goed!

  16. Izakdv het gesê op Oktober 27, 2009

    Ek stem Nastergal, ek stem!

  17. Izakdv het gesê op Oktober 30, 2009

    Lekker!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.