by

Dark continent my black arse

Oktober 21, 2009 in Sonder kategorie

Sihle Khumalo - Dark continent my black arse

 

Ek weet nie hoeveel van julle Sihle Khumalo se boek Dark continent my black arse ken nie, maar ek wil dit baie hoog aanbeveel.

Ek het destyds gesien Petrus Pap hou van die boek. (Lees sy resensie hier.)

’n Goeie vriendin – swart, wonderlik, slim en baie mooi – gaan toe vreeslik te kere oor die boek en leen haar kopie vir my.

My vrou gryp toe eers die boek en krul van die lag soos sy deur die boek vorder. Uiteindelik kry ék dit toe in die hande.

Ek was so twintig bladsye in die boek in, toe besluit ek, ek wil my eie hê. Koop toe my eie, geen Natasha s’n terug, en lees. (Op my eie reise.)

Ek verloor toe my kopie op ’n vliegtuig en koop te warempel nog een.

Kyk, dié ou is moerse goed. Hy skryf met soveel humor dat ek gedurig gesit en giggel het op vliegtuie en op lughawens – en dit wil gedoen wees. Ek kon werklik nie wag om weer tyd te kry om verder te lees nie.

Die wonderlik ding van Sihle Khumalo is dat hy gemaklik is in sy eie vel. Hy’s ’n “darkie” (sê hy self) en hy raak die moer in vir mense wat nie hulle werk doen nie. Afrika het ongelukkig genoeg sulkes.

Maar Afrika het ook wonderlike mense.

En dís wat hierdie boek so wonderlik maak: Die ou kan die balans hou tussen krities wees op wat verkeerd is in Afrika, en hy kan prys lewer op dit wat werklik fantasties is.

Dit alles kom nou jou toe met donker humor.

Beslis iets wat jy moet lees.

(Sihle Khumalo het intussen meer geskryf – ek wil die volgende boek ook nog lees.)

11 antwoorde op Dark continent my black arse

  1. Dankie vir hierdie aanbeveling. Ek gaan beslis een koop. Exclusive behoort dit seker te hê. Ek gaan juis 7 November weer Grootmist toe om op Sondag 8, 15 en 22 November daar te gaan preek en huisbesoek te doen. Ek lees op die oomblik Willie Esterhuyse se boek, God en die gode van Egipte, maar snytjie vir snytjie soos biltong. En geniet elke snytjie daarvan. Dit maak my kop oop.
    Lekker dag!

  2. Ek het die wonderlike boek gelees op ‘n vliegtuig Kaap toe en toe weer ‘n keer op die vliegtuig terug. Toe’t ek vir die uitgewers geskryf, vir Sihle self en vir almal wat ek ekn wat nog boeke lees. Regtig lekker. Al my pelle het die boek al as Krismis of verjaardaggeskenke gekry.

  3. Sal ‘n plan moet maak!

  4. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Ek sal dit ook moet kry, dankie vir die wenk, Kobus.

  5. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Maak so, Retha. Ek kan van daardie lyste!

  6. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Uitstekend, Plankloper. Dis hoe ons lesers kweek!

  7. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Jy sal dit baie geniet, Ghaap. In jou kraal!

  8. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Jy sal dit geniet!

  9. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Daar het jy dit, Flenters!

  10. Ek is oortuig dat daar goeie mense en baie wyse mense onder die swart bevolking ook is. Of hulle egter ooit na geluister gaan word is ‘n ander saak. Persoonlik dink ek nie so nie. Die Malema’s se gifspoegery verkoop beter en dis wat die jonges wil hoor. Iets waarvoor hulle nog baie duurder gaan betaal as dit wat hulle in die verlede oorgekom het.

  11. Izakdv het gesê op Oktober 27, 2009

    Die geskiedenis is vol Malemas van alle kleure en geure, Boerseun.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.