by

Ander dink ook Naweek is lekker

Oktober 19, 2009 in Sonder kategorie

Twee bloggers het my voorgespring en baie goeie resensies van Naweek geplaas.

Naghings was eerste. Dié ou lees wyd – kyk ’n bietjie waaroor hy alles berig op sy blog. Verder ken hy ook sy musiek. As hý dus beweer “Naweek is vir die jonger leser wat Fokofpolisiekar vir Afrikaanse rockmusiek was”, dan sou ek sê julle kan maar weet hier’s ’n lekker ding! (Kliek hier vir sy resensie.)

Droomkind was tweede – sy het dit gelees na aanleiding van Naghings se gesprek. Nou, julle weet ek het ’n sagplekkie vir dié intelligente onnie, so die feit dat haar resensie óók sê dis ’n goeie boek, versterk my oproep dat julle dit moet lees. Sý beweer Maanhaar (die hoofkarakter in Naweek) is ’n nuwe soort tragiese held. En weet julle wat? Ek dink sy’s reg. (Kliek hier vir haar resensie.)

Laastens ’n verskoning: Jammer dat ek so min uitkom by “blogetiket” – soos antwoord en kommentaar lewer, en dies meer. Om egter te beweer dit gaan vinnig by die De Vriese, is soos om te sê mense praat oor Julius Malema.

Die uwe is al weer op pad Gauteng toe – die vliegtuig se motore draai al. Hopelik sal dié besoekie oor ’n paar jaar beter dosente in ons FET-kolleges tot gevolg hê. (Sê Izak met ’n droom in sy oë.)

Lekker lees en lekker blog.

7 antwoorde op Ander dink ook Naweek is lekker

  1. Maghitta het gesê op Oktober 19, 2009

    🙂 ek is maar nog nuut in hierdie Blogland maar geniet jul kommentaar en skerp so my algemene kennis ook op veral hier op die platteland waar daar nie veel gebeur nie en die tydskrifte ook ‘n maand later kom! ha ha ha
    geniet jou week

  2. Dankie vir die mooi woorde Izak 🙂
    Bou aan die droom!

  3. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Dankie, Anha. Ek sal gaan kyk!

  4. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Hallo! Welkom! Ons leer bymekaar, so vertel ons wat ons moet weet!

  5. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Mmm. Ek dink jy onderskat jouself!

  6. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Dankie, dit was goed, ek is nou terug.

  7. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Ek maak so, Droom!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.