by

Herta Müller wen die Nobelprys

Oktober 9, 2009 in Sonder kategorie

’n Taamlik onbekende Duitse skrywer, Herta Müller, het die Nobelprys vir Literatuur gewen in 2009.

Slegs vier van Müller se negentien boeke is in Engels beskikbaar – en nie een van hulle op Kalahari nie. Op Amazon het ek The Appointment, een van haar romans, raakgeloop, maar dié is uit druk. (Ek kan my net die produksiekantoor by Picador indink – iemand is op hierdie oomblik besig om die beste drukker op te spoor om so gou doenlik aan die werk te spring – as hulle net die blerrie PDF’s kan opspoor!)

Sy het ’n harde lewe gehad. Haar ma is vir vyf jaar lank aangehou in ’n strafkamp in die Ukraïne – Herta was saam met die ma daar in daardie kamp.

Haar mees onlangse roman, Atemschaukel, verwys na die strafkampe. (’n Schaukel is ’n skoppelmaai, en Atem is asem. Dit sal interessant wees om te sien hoe dié twee bymekaarkom in ’n roman.)

Sy het haar loopbaan as ’n vertaler in ’n fabriek begin, maar is afgedank toe sy geweier het om op haar kollegas te spioeneer.

Haar eerste boek, bundel kortverhale, is verban in Roemenië. Sy en haar man, Richard Wagner, het kort daarna gevlug na Wes-Duitsland. (Wagner is ook ’n romanskrywer.)

Nou sal ek haar moet begin lees!

15 antwoorde op Herta Müller wen die Nobelprys

  1. louisna het gesê op Oktober 9, 2009

    Skande. Hoekom kry ‘n reus soos Breyten dit nie?

  2. Dankie vir die inligting. Hou ons op hoogte, sal jy asb?

  3. DroomKind het gesê op Oktober 9, 2009

    Was ook die eerste wat ek van haar gehoor het. Ek wonder soms waar vind die nobelprys ouens hulle kandidate…

  4. Baie interessant, Izak. Nou wil ek haar ook lees. Vertel maar as jy erens iets van haar raakloop in Engels, asb.

  5. Ja, hou aan lees, en kom lewer verslag. Dit klink baie goed. Wonder hoe dit gebeur dat so ‘n onbekende skrywer wen, maar aan die anderkant was daar mos ook Frank McCourt se ‘Angela’s Ashes’ wat ook gewen het, en dit was een van die beste boeke wat ek in ‘n langtyd gelees het. Kan nou nie onthou of dit voor- of na die Nobelprys ‘n blitsverkoper geword het nie, en dit was boonop ‘n eerste roman!

  6. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Ek weet ook niks van haar af nie.

  7. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Ek dink Breyten en Brink is albei waardige ontvangers.

  8. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Ek maak so!

  9. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Hulle lees waarskynlik meer as ek!

  10. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Ek sal, Joanna.

  11. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Hulle krap nogal diep – juis nie altyd by die populêre mense nie – en dis eintlik goed, dink ek.

  12. louisna het gesê op Oktober 24, 2009

    Waar woorde Izak. Hulle is aansienlik beter skrywers as Nadine Gordimer wat die prys ek dink in 1993 gekry het. Etienne van Heerden kom ook meesterlik deur. Lees gerus Thys Human se briljante resensie op SeNet oor sy Dertig nagte in Amsterdam.

  13. louisna het gesê op Oktober 24, 2009

    Onthou Nobel se instruksie/vereiste vir die letterkundeprys: “in the field of literature the most outstanding work in an ideal direction”

    Skryf oor onderdruktes en jou kanse is soveel beter. Briljante skrywers soos Breyten, Etienne van Heerden, Karel Schoeman en AP Brink word oor die hoof gesien omdat hulle verhaalyne dalk nie inpas nie. Skryf onlangse wenners Pamuk en Doris Lessing beter as hulle? Ek twyfel sterk.

  14. louisna het gesê op Oktober 24, 2009

    Onthou Nobel se instruksie/vereiste vir die letterkundeprys: “in the field of literature the most outstanding work in an ideal direction”

    Skryf oor onderdruktes en jou kanse is soveel beter. Briljante skrywers soos Breyten, Etienne van Heerden, Karel Schoeman en AP Brink word oor die hoof gesien omdat hulle verhaalyne dalk nie inpas nie. Skryf onlangse wenners Pamuk en Doris Lessing beter as hulle? Ek twyfel sterk.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.