Jy blaai in die argief vir 2009 Augustus.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Miriam Dans, Melanie Lowe en Room 9

Augustus 26, 2009 in Sonder kategorie

Dis ’n pienk inskrywing dié.

Ek het navrae gehad oor Miriam Dans (sien die inskrywing hieronder oor stories van vroue wat vroue liefhet). Bestel gerus by hierdie adres: miriam@iam.org.za

Die koste is (so ver ek weet) R120, posgeld ingesluit (maak net seker).

Miriam Dans

Dan kan julle gerus Melanie Lowe, die Pop Idol, se storie lees oor haar en Angela se verlowing.

Op MambaOnline

Op HerStory

Laastens, is hier ’n storie oor ’n gewone tannie en ’n ring met ’n rooi hart wat mense se harte week maak.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Caster Semenya en Zuma

Augustus 25, 2009 in Sonder kategorie

Ek’s bly onse Caster het nie ‘n kanga gedra toe sy die prez gaan besoek het nie…

Profile photo of izakdv

by izakdv

Caster Semenya Go Caster Go

Augustus 20, 2009 in Sonder kategorie

Suid-Afrika het ’n wêreldkampioen.

Jip. Wanneer laas kon ons dit sê? Wat meer is, sy het haar finaal met minagting gewen. Vóór die klok nog gelui het, was die resies vir die twee plek al aan die gang.

Het julle die wedren gesien? Dit was ’n verbysterende vertoning.

Snaaks. Hoeveel koerantopskrifte het vanoggend aangekondig: “GOUD!”?

Ek het nie een gesien nie.

Verdomp.

Ek sê weer, wanneer laas kon ons spog met ’n wêreldkampioen? Ek het baie hoop gehad vir Hezekiel Sepeng in die 800 m, maar ek vrees hy was só gepla oor sy sonbril dat hy vergeet het waarvoor hy daar was.

Caster Semenya, daarenteen, het met soveel minagting haar oorwinning gevier, dit was eintlik snaaks. ’n Middelvinger sou minder effektief gewees het.

Waarom moes die media altyd kla oor Amelie Mauresmo se spiere? Waarom kla niemand oor Anna Kournikova se boudjies nie?

Gender DynamiX en die Saartjie Baartman-Sentrum het ’n persverklaring uitgereik, waaruit ’n deeltjie aanhaal:

This week South African media, in particular radio DJ’s and print media have been having a shameless orgy with the gender dispute of our gold medalist heroin competing in Berlin.

Last year we lost a South African sport star to a hate crime because she transgressed gender boundaries. Banyana soccer star Eudy Simelane was murdered in a township because she challenged expected gender stereotypes.

Is our media putting a South African hero’s life in danger on her return, gold medal in hand?

Instead of being proud of our champion the South African media and public is on a witch-hunt trying to define Semenya’s sex. DJ’s on radio are dissecting Semenya’s person to a point of reducing her accomplishments to her genitals.

Suid-Afrika het ’n wêreldkampioen. Waarom vier ons dit nie?

Lees gerus my blog oor Miriam Dans.

Go, Caster! Go!

Profile photo of izakdv

by izakdv

Daardie hoenders

Augustus 13, 2009 in Sonder kategorie

My kontensie gaan oor meer as hoenders wat doodgaan (sien vorige inskrywing). Ek wil wonder: Wat nou?

Gaan hulle nou daardie plaas laat bankrot speel en dan verloor al die werkers hulle inkomste?

Gaan die boer gedwing word om, klandestien, nog meer pluimvee te laat vrek?

Ek wil so deksels graag iets doen aan die situasie. As ek ’n regter se hamer gehad het, sou ek geld uit die boer dwing om ’n afsetnetwerk te begin vir die manlike kuikens en, les bes, genoeg geld om vir die volgende tien jaar ’n NRO te betaal om dit te bestuur.

Verder moet die NRO gemonitor word. Ek is oud en sinies genoeg om te weet dat baie NRO’s ook maar net daar is om geld te kanaliseer na mense se sakke toe – ek het al te veel NRO’s probeer help om dít te ontken.

Die probleem is, enige iets wat ons / ek / enige een doen, moet volhoubaar wees.

Om koopkrag te onttrek is goed. Dit mag dalk ’n verandering te weeg bring. Maar is die verandering volhoubaar?

Dêm die realiteit!

Profile photo of izakdv

by izakdv

Koue onnosele walging

Augustus 13, 2009 in Sonder kategorie

Pick ’n Pay en Woolworths het albei vandag aangekondig dat hulle voortaan geen eiers meer gaan koop van boere wat hulle henne koop by Boskop Layer Chickens nie.

Dít volg op ’n exposé deur Beeld dat daar weekliks 70 000 manlike kuikens in ’n ou plaasdam gegooi word om te vrek. Dit neem van bewering tot vyf dae vir die goed om te sterf van die honger – of van versmoring. Lees die volledige artikel hier.

Nou, kyk. Ek verstaan dat daardie hoenders nie kan eiers lê nie. Duh. Ek kan dus verstaan dat die plaas van hulle wil ontslae raak. Maar, dôner mense, gaan ry ’n bietjie deur ons land en kyk hoeveel honger mense daar rondloop.

 As ons elke week 70 000 hoenders kan weggee aan mense wat hulle vir ’n paar maande kan voer en dan eet, dan gaan ons baie gou ’n hele aantal kinders se punte sien styf in die skool.

Nie, magtig. Kom ons begin ’n NRO wat daardie hoenders gratis gaan verwyder, elke week.

Ek is bly Pick ’n Pay en Woolworths het ’n ferm houding ingeneem, maar ek is al te lank in die land om te glo dat daardie boer nie sy hoenders op ’n ander manier gaan versprei nie.

Bravo, dus aan die winkels wat optree. Maar wat is volgende?

Wie kan help om elke week 70 000 kuikens op te laai en weg gee? Dis baie, vrek baie, maar vang julle my argument? KipNet?

Profile photo of izakdv

by izakdv

Miriam Dans Vroue wat vroue liefhet

Augustus 11, 2009 in Sonder kategorie

Elise met Miriam Dans

Elise van Wyk met Miriam Dans

Sondag, op vrouedag, is ’n baie mooi boek bekendgestel. Miriam Dans is die Afrikaanse titel, en Miriam Dancing is die Engels.

Elise van Wyk is die samesteller. Dit was die afgelope paar jaar haar lewenstaak om die stories neer te skryf van vroue wat vroue liefhet

Jip, dis subtitel: Vroue wat vroue liefhet.

Party stories is regtig sexy. Hier is ’n proeseltjie: 

Wanneer Rosa my soen, hou sy my gesig tussen albei hande vas. Haar mond is heerlik, heuningsoet, goedgunstig en onweerstaanbaar.

Elk storie word vergesel van ’n foto. Ek het self twee naakstudies bygedra tot die teks.

 Elise en die voorbladnooi

Elise en die mooi voorbladnooi

Ander stories is hartseer. Van die vroue kruip steeds weg. Hulle gesigte moes ook wegkruip van die fotograaf se lens. 

Die boek se bekendstelling is dus ook gebruik om dié lesbiërs te gedenk wat moes sterf omdat hulle vroue liefgehad het.

 Hoe lank nog?

Van die bekendes wat onder hulle eie name geskryf het, is

  • – Jackie en Vera Nagtegaal,
  • – Liesbeth Botha en Jomarié Dick (met ’n pragtige oordenking deur Prof Elize Botha daarnaas),
  • – Elma de Vries (my liefie),
  • – Sharon Cox, en
  • – Judith Kotzé.

Vera, Jackie en Dirkie

Vera, Jackie en Dirkie

Die boek handel oor seks, spiritualiteit en vroue wat ander vroue liefhet. Heelparty handel oor vroue se wroeging met die kerk.

Dis ’n mooi boek, pragtig uitgegee deur ’n bekwame span. Vroue wat ander vroue liefhet, moet beslis nader staan!

Dans, dans, dans saam met Miriam!

Profile photo of izakdv

by izakdv

Onvervulde liefde

Augustus 9, 2009 in Sonder kategorie

Het julle Ghaap se kortverhaal gelees? Kyk ‘n bietjie!

DK se uitdaging lewer interessante werk op!

Profile photo of izakdv

by izakdv

Hijab: Unveiling Queer Muslim Lives

Augustus 8, 2009 in Sonder kategorie

Boek oor queer Moslems

Ja, dis waar. Daar is queer Moslems, net soos daar queer Christene en queer Jode is. Ek gaan more meer kan vertel oor die queer Christene se boek, maar vir eers ’n bietjie ra-ra-ra oor ’n unieke boek wat binnekort gaan verskyn.

Dit verskyn eers amptelik oor ’n week (en ek kan ongelukkig nie by die bekendstelling wees nie (deksels!)), maar ek wil so lank noem wat ander daaroor sê:

Hijab: Unveiling Queer Muslim Lives is a groundbreaking anthology of queer Muslim stories. This aptly titled book represents a set of voices from various backgrounds and generations whose stories are true. It explores and addresses, through these personal accounts, the fear and isolation of being queer and Muslim as well as the triumphs despite a largely homophobic society. In almost all of these pieces one sees the difficulties queer Muslims journey through in order to reconcile their sexuality with their spirituality.

Any compassionate human being would be deeply moved by the way that truth and individuality is embraced in every single story. It is thought provoking and often heartbreaking. It touches you and its words will get under your skin. Hijab speaks to and should be required reading for every parent, teacher, religious leader & politician as it shows all of us how important it is that we be more attentive, tolerant & accepting to aspects of difference in religion, race, ethnicity and sexuality.

I highly recommend this selection of heart-rending stories to anyone with a personal interest – or quite simply, to anyone who cares.

 Mariam Ismail-Baderoon

Ek weet Coenie Kukkuk, van GaySpeak, hou nie van die woord queer nie, maar ek is gemakliker daarmee as LBGTI. Helaas. Dis dié keer nie my keuse nie, maar wel dié van ander wat hulle stories vertel.

Lig op die doek!

Op die agterblad staan:

The stories are all biographies, or autobiographies, and the writing process was a therapeutic one for the authors of these powerful stories. Hopefully they will provide strength and courage to others in similar situations, not so much through a deeper understanding of those who share their stories in this collection, but rather through a process of identification with the circumstances related by these courageous story-tellers.

Vir meer inligting, asook bestellings, kontak gerus reception@theinnercircle.org.za.

Ek sal meer vertel sodra ek ook die boek gelees het.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Ses van die beste

Augustus 7, 2009 in Sonder kategorie

Toe ek op skool was, het die uitdrukking “ses van die beste” beteken dat iemand (dikwels die uwe) se boude gaan brand.

Ek is seker dat mense wat hierdie jaar se kortlys opgestel het vir “Die Boekverkoper se Keuse” het dít in gedagte gehad – heel tong in die kies. Hoekom? Want hierdie ses boeke skop gat.

Elke jaar kies boekverkopers, nie literati nie, ’n aantal boeke wat die lekkerste was om te verkoop. Hier is 2009 se kortlys – met ’n kort verduideliking oor hoekom dié teks op die lys is. (Sien julle dat Dana Snyman dit in Engels gemaak het? Interessant, hy sê altyd hy praat net Engels in selfverdediging.)

On the Back Roads

Dana Snyman (Tafelberg)

– Engaging style, fascinating characters and places… sold bucket loads

 

 

In a Different Time

Peter Harris (Umuzi)

– Astonishing and important book, brilliantly written

 

Zuma: A Biography

Jeremy Gordin (Jonathan Ball)

– Well put together book about our new president, very informative and takes a new look at the man behind the name

 

Pirates of Polokwane

Zapiro (Jacana)

– Highly entertaining… bestseller

 

Of tricksters, tyrants and turncoats

Max du Preez (Zebra Press)

– Intriguing and important book with an insight on our multicultural society

 

Mense van my asem

Steve Hofmeyr (Zebra Press)

– A true South African Afrikaans read, bringing SA Hollywood to a new level

Ons Steve het darem die Afrikaans hoog gehou!