Jy blaai in die argief vir 2009 Junie.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Die Semiotiek van twee wit rokke

Junie 30, 2009 in Sonder kategorie

Gedink net Barbie en haar maatjies stel in die mode belang? Verkeerd. Soms, net soms, laat twee stukkies lap mense wêreldwys gons. Dán kan ons literêre gereedskap toepas om agter die kap van die naaimasjien te kom.

Lees gerus hierdie artikel deur Mia Swart, ’n proffie in die regte by Wits, oor die rokke wat Michelle Obama en Carla Bruni (aka Mev Sarkozy) onlangs aangehad het.

Never before have two white dresses been the topic of so much speculation and analysis. The most vivid message their choice of attire sends is that they are on the same side and support the political alliance between their husbands. But the symbolism doesn’t end there.

Lees gerus verder!

Ek wonder wat julle hiervan dink?

Profile photo of izakdv

by izakdv

Fokofpolisiekar in ’n doccie

Junie 29, 2009 in Sonder kategorie

Hier is ’n lekker artikel vir diegene wat Fokofpolisiekar geniet, of minstens dink hulle het guts. (Maar wees gewaarsku! As jy reeds die naam aanstootlik vind, moenie kliek nie.)

Die F*F*Tjorre (wat intussen nie meer bestaan nie) se loopbaan is verfilm en word die eerste keer vertoon by die Encounters-filmfees. Die titel: Fokofpolisiekar: “Forgive Them For They Know Not What They Do”.

Natuurlik het Fokofpolisiekar presies geweet wat hulle doen. Hulle is baie slim. Adriaan Basson,wat die artikel geskryf het, dink nogal veel van dié knape:

Like Glenda Kemp, Johannes Kerkorrel and Breyten Breytenbach, they were pioneers of a new era and have the scars to prove it.

Sjoe. Soos Breyten?

Wie van julle weet hoekom Glenda Kemp berug is? (Jy wen die reg om ’n g-string van slangvel te dra as jy regraai.) Alle grappies op ’n stokkie. Ek dink Kemp en die Polisiekarre het wel heelwat in gemeen.

Nou ja. Basson sê darem:

And although it’s always a risk to eulogise too early, one could say with comfort that Fokofpolisiekar broke open new frontiers with their no-holds-barred attitude that encouraged disrespect for all forms of authority.

Ek sou graag die dokkie wou sien.

Wat dink julle van Fokofpolisiekar? Ek het van hulle musiek, maar ek speel dit min. Ek kan nie sê hulle het dieselfde impak op my gehad as Kerkorrel nie. Maar dan, ek is blerrie oud. ’Hoor graag wat julle dink.

(Loer gerus na www.encounters.co.za vir die volledige program.)

Profile photo of izakdv

by izakdv

Geldwolf vs Shark

Junie 27, 2009 in Sonder kategorie

 en

Ek weet nie of julle gesien het nie, maar daar het, op LitNet, twee totaal uiteenlopende resensies verskyn oor dieselfde boek.

Ek het Geldwolf, deur Carel van der Merwe, gelees en dit baie, baie hoog aangeslaan. Nie net is dit ’n uitstekende riller nie, maar dis slim ook. Van der Merwe gebruik die Griekse tragedie as agtergrond en skep ’n karakter wat eg Suid-Afrikaans is, en totaal modern.

Karen Jennings het die Engelse weergawe, ook deur Van der Merwe, gelees en die boek heeltemal verdoem. Sy het duidelik nie die tragedie raakgesien nie, en sy lees duidelik nie baie oor ons politiek nie. (Of dalk dink sy die boek is té aktueel?)

Lees gerus hoe ons liewe regering tenders toeken – dié artikel het gister in Mail & Guardian verskyn. Koop dan Geldwolf, geniet elke oomblik van hierdie riller, en besluit self wie reg is…

Profile photo of izakdv

by izakdv

Michael Jackson

Junie 27, 2009 in Sonder kategorie

So, Peter Pan is nie onsterflik nie.

Lank lewe die kuns.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Digter, kan jy Vuvuzela’s laat sing?

Junie 21, 2009 in Sonder kategorie

Fanie Olivier is besig om ’n digbundel saam te stel. Het jy die vermoë om die doel te haal? Lees dan verder. Hier is Fanie se woorde:

Woordemakermaat

Wanneer laas was die speelveld in die Afrikaanse poësie so gelyk? Wanneer laas kon niemand eintlik kleim afsteek nie? Was ‘n voorspelbare bons van die bal so onvoorspelbaar?

Hiermee dan ‘n uitnodiging om vir 2010 saam te speel aan ‘n lekker geleentheidsbundel met sokker [en alles wat daarmee saamhang] as tema. Dis al bepaling. So lank of so kort soos jy wil, buig hom soos Beckham, en onthou die lyn behoort aan die spelers.

Ek onderhandel tans nog met Fifa sodat ons ‘n amptelike stempel daarop kan plaas en hier en daar stel ‘n uitgewer tog belang. Mens sou dit verwag, met al die gratis reklame en mense wat sommer kop sal verloor en ‘n boek met sokkergedigte sal koop.

Voorlopig blaas die eindfluitjie oor 90 dae: 20 September. Dit gee die gelukkige uitgewer genoeg kans om sy of haar span fiks genoeg te kry om die wenner te lewer.

Die oordraggeld sal voorlopig beskeie wees, maar met ‘n borg of twee sal daar dalk ‘n wedstrydfooi wees waarmee mens ‘n Gautreinkaartjie sal kan koop. Die klomp van julle wat my ken, sal weet dat hier geen Mercedes in die garage sal kom staan nie.

Speel jy saam? Onthou: in ons soort spel is daar net een reël: moenie verveel nie

Stuur jou kopstoot of twee na my by olivierf@mweb.co.za.

En, asseblief, gee hierdie brief deur aan ieder en elk wat sou belangstel. My e-poslys het al sy epiese kwaliteit verloor.

Fanie Olivier

Profile photo of izakdv

by izakdv

Jeugdag II

Junie 16, 2009 in Sonder kategorie

Hier is nog ’n stalletjie wat grootliks aan kinders gewy is.


Maskew Miller is bekend vir hulle Suid-Afrikaanse skoolboeke en Longman werk in groot dele van Afrika.


Pearson Education is weer die maatskappy wat Ladybird versprei hier in Suid-Afrika.


Longman is bekend vir hulle uitstekende woordeboeke, en Pearson gee die HAT uit. Hier speel die kinders met ’n elektroniese tesourus wat saam met die Longman-woordeboek kom. Speel-speel leer die kinders dus sinonieme.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Jeugdag I

Junie 16, 2009 in Sonder kategorie

Wat dan nou beter om die jeug te laat lief word vir boeke?
Hierdie kiekies is by die boekfees geneem.

Profile photo of izakdv

by izakdv

Wat die base doen

Junie 14, 2009 in Sonder kategorie

 Die boekfees is harde werk. Ek het drie groot kokkedore in die kamera gekry – kliphard aan die werk.


Hier is Nicol Stassen, grootbaas van Protea Boekehuis, besig om ’n Nederlandse sending te woord te staan. ’n Boekebeurs is ’n plek waar mense oor en weer boeke se regte internasionaal verkoop.


Steven Naudé is die besturende direkteur van Pearson Education SA. Sy motto was nog altyd dat almal moet inspring wanneer dit nodig is. Hier karwei hy bokse vol boeke – en is steeds te vinnig vir my fokus!


John Linnegar, ’n vennoot in McGillivray Linnegar Associates, bied kursusse aan om mense te help om in die uitgewersbedryf in te kom, of om hulle vaardighede op te skerp. Ek het al baie by John geleer. Hier is hy op pad na ’n werkswinkel oor proefleeswerk.

Profile photo of izakdv

by izakdv

En die wenners is …

Junie 14, 2009 in Sonder kategorie

Gou sê: Gisteraand was great.

Hier is die wenners van die Via Afrika-pryse:

WA Hofmeyr: Etienne van Heerden se 30 nagte in Amsterdam

Recht Malan: Gesamentlik; Tony Leon se On the contrary en Jonny Steinberg se Three-letter Plague

MER – vir geïllustreerde boeke: Siyolo se trui deur Mari Grobler, met illustrasies deur Elizabeth Pulles

MER vir jeuglektuur: Derick van der Walt se Lien se lankstaanskoene

Herman Charles Bosman: Michiel Heyns se Bodies Politic

Jan Rabie/Rapport: Karen Cronjé se Alles mooi weer

Hier is die wenners van die M-Net-pryse:

Afrikatale: Tsireledzo Mushoma se Nne na inwi

Engels: Anne Landsman se The rowing lesson

Afrikaans: Etienne van Heerden se 30 nagte in Amsterdam

Die Filmkategorie: Deon Meyer se 13 uur

Profile photo of izakdv

by izakdv

Gesien by die Boekfees

Junie 14, 2009 in Sonder kategorie

 
Zapiro was, soos altyd, gewild. Hier is hy en sy vrou saam met ’n bewonderaar.


John van de Ruit teken nog ’n kopie van SpudLearning To Fly.


Marjorie van Heerden sê ons word almal deur sprokies betower.


Loftus Marais, die digter wat almal laat regop sit het met Staan oor die algemeen nader aan vensters, in gesprek met Murray la Vita, terwyl hulle NB se stalletjie dophou.

Alle foto’s (c) Izak de Vries