Jy blaai in die argief vir 2009 Mei.

by izakdv

The Great Whites of False Bay

Mei 17, 2009 in Sonder kategorie


(Foto vanaf GaySpeak)

Party van julle weet seker dat die uwe ’n kranige fotograaf is. So, wanneer ’n boek soos hierdie my pad kruis, moet ek daaroor verslag doen.

Weet julle hoe amper onmoontlik dit is om ’n foto soos die een hierbo te neem?

Wel, Dirk Schmidt het dit reggekry en sy pragtige boek van 100 bladsye, volkleur, in A4-landskapformaat, is nou beskikbaar.

Dirk se besonderhede volg binnekort, maar ek wil eers gou ’n ander geheim met julle deel. GaySpeak het ’n kompetisie waarin hulle kopieë van hierdie pragboek weggee.

Julle moet dus NIE op hierdie skakel kliek en deelneem NIE, want dan is my kanse om een te wen kleiner. Ek gaan beslis deelneem.

As julle nice is en nie deelneem nie, koop dan maar die boek. Hier is al die besonderhede.

The Great Whites of False Bay
ISBN 978-1-920094-52-2
Prys: R179.95 BTW inkl.

Dirk se besonderhede:

Posbus 174
Simonstad
7995

[email protected]

Faks: 0880217864249

by izakdv

RONDLOPER op YouTube

Mei 15, 2009 in Sonder kategorie

Julle ken seker NP Van Wyk Louw se mooi gedig “Rondloper”. Dit begin só:

Rondloper

Hy’s klein en skraal en baie moeg,
sy klere vaal en muf van stof,
want heel die warm dag het hy
die paaie, paaie langs geslof.

Herman van den Berg het dié gedig getoonset op sy nuwe CD Dit is wat dit is. Hy het pas die musiekvideo daarvan bekendgestel. Dit is op YouTube. Geniet dit!

En koop sommer die CD.

by izakdv

Pieter Mulder: Joiner of Voorvatter?

Mei 13, 2009 in Sonder kategorie

Ek het vroeër reeds genoem dat ek baie opgewonde is oor Zuma se kabinet (behalwe vir gesondheid). Sy oproep op Pieter Mulder om deel te word van Landbou was veral verblydend, want een van die groot skinderveldtogte rondom Zuma was dat hy, soos Mad Bob, almal se plase gaan afvat.

Vir my is die insluiting van ’n konserwatiewe Afrikaner in daardie belangrike portefeulje ’n uiters positiewe teken. Zuma sê nou aan al die boere: “Ek het julle hoor brom, hier is ’n klinkklare bewys dat julle my oor het.”

Zuma, met al sy foute, het belowe om weer te luister na mense. (Iets wat Mbeki nooit kon doen nie.) Mulder se pos is ’n goeie teken dat daar iets van hierdie belofte kan kom.

Die wit inboorlinge van Afrika bly egter maar vreemd. Ons is altyd dêm gou om enige een wat pragmaties is, te verkla as ’n joiner. Lees gerus PG du Plessis se wonderlike boek Fees van die ongenooides. Enige een wat hoegenaamd wou voorkóm dat vroue en kinders in kampe gesit word, is summier as joiner afgemaak. Tóé al. En nou, meer as 100 jaar later, leer die arme volkie skynbaar steeds nie.

Ek het nou genoeg gegorrel. Daar is twee mense wat dit beter sê as ek – hoewel op verskillende maniere.

1. Mike Trapido se stuk Zuma appointing Mulder should be warmly welcomed kan julle gerus lees. Traps vat heelwat ding raak daar.

2. Dan is daar ons eie Kobus Victor se stuk Klakouse. Ek dink hy sê dit baie goed.

Wat dink julle?

by izakdv

Die Bybel: Gerda de Villiers lees dit

Mei 13, 2009 in Sonder kategorie

Gerda de Villiers het ’n baie interessante stuk geskryf oor ons tradisionele siening van Die Bybel. Sy sê:

Van kindsbeen af leer ons dat hierdie Boek anders is as ander boeke, en selfs namate ons grootword, lees ons dit anders as wat ons enige ander roman, gedig, brief, of traktaat sal lees. Die Bybel beklee ‘n ander status as ander literêre werke, en word ook beoordeel volgens ander kriteria. Waarom? Want ons is so opgevoed.

Haar artikel se naam is “So glo ons…” Dit handel oor die tradisies waarmee ons grootword; en die invloed van hierdie tradisies op ons lees daarvan.

Dit is die verwsyingsraamwerk waarmee ons na die Skrif toe gaan, en dit is ook die bril waardeur ons die Skrif lees. Ons koester ons tradisie want dit is deel van ons en dit help ons glo.

Die mooi van die tradisie skep egter probleme ook. In haar eie woorde: “Kan iets wat kosbaar is, dan gevaarlik wees?”

Sy antwoord haar eie vraag soos volg:

Ja: rooi ligte flikker wanneer sekere Skrifbeskouings positiwisties en fundamentalisties verabsoluteer word. Wat word hiermee bedoel? Sosio-kulturele en politieke omwentelinge in ‘n samelewing skep meestal groot onsekerheid veral as ‘n gevoel van magsverlies ervaar word. Hierdie onsekerheid word nog groter as ‘n ‘n geloofsgemeenskap voel dat sy teologiese basis ook nog bedreig word. Dié basis word gesien as die ‘kern’ – daardie ononderhandelbare ‘iets’ waarby geloof staan of val. Vervolgens ontstaan ‘n dringende behoefte aan vaste en laaste sekerhede wat dikwels aanspraak maak op historiese sekerheid, historiese betroubaarheid en historiese foutloosheid wat absoluut en sekerlik waar is.

Maar dit gaan nog verder. Ter ondersteuning van die argument word teruggeval op die Bybel – maar slegs sekere geïsoleerde teksverse word buite verband en buite konteks aangehaal.

Lees gerus self. Die Bybel bly een van die belangrikste verwysings in ons letterkunde en leefwêreld.

by izakdv

Droom moker MiXit

Mei 12, 2009 in Sonder kategorie

Droomkind het die uitdaging aanvaar en haar kinder ingevra oor MiXit. Lees gerus self.

Dit was na aanleiding van my blog oor Emily and the Battle of the Veil.

Nou ja. Dankie Droom! Lyk my MBoeke bly ’n droom (let op kleinletter) in jou klas!

by izakdv

Luike

Mei 11, 2009 in Sonder kategorie

Hiermee nog ’n gedig wat ek en Elma vertaal het vir Saterdagaand se gaste.

shutters
Sheila Cussons

In each mind an own view of God
and each vista as closed as shutters.
When last
did we see through open frames
when human kind, our world, our God, was one
transparent whole?
Will we have to wait a long time, very long
before this earth blooms anew
and the closed shutters jump open
like a quick pentecostal wind
and we see what they could just remember,
the medieval master painters –
in gold leaf and azure?

Kry gerus die oorspronklik. Cussons is ‘n grootse digter.

by izakdv

Die nuwe kabinet

Mei 10, 2009 in Sonder kategorie

Bravo, Zuma. Oor die algemeen dink ek dis ‘n puik kabinet. Al een wat ek glad nie verstaan nie, is Dr Aaron Motsoaledi vir gesondheid. Ag nee, nog ‘n skoothondjie!

Verder, wel, ek dink dis great. Pravin Gordhan (vir Finansies) is fantasties.

Wat dink julle?

by izakdv

Die woedende brood

Mei 10, 2009 in Sonder kategorie

Ons het die ander dag ’n poësie-aand by ons huis gehou. ’n Groot aantal gaste was van oorsee, so Afrikaans was nie beskore nie. Ek en Elma het dus drie van Sheila Cussons se gedigte vertaal.

Hoekom Cussons? Want sy is een van die min mistici in Afrikaans. Die gaste was almal mense met ’n liberale teologie – wat hard werk om te kerk te red van die fundamentaliste. Elma was doodseker hulle sou hou van Cussons se teologie.

En hulle het.

Een van die gaste, David Cooper, sê hy sal nooit weer die nagmaal kan bedien sonder om aan die woede van die brood te dink nie.

The furious bread
Sheila Cussons

Those who eat bread, not metaphorical bread,
but bread with oil and salt,
are never so whole as then, so complete,
as the fingers that hold the chunk of bread,
the skilled, noble fingers of the hand
that wipes the sweat from the brow –
Jesus and his twelve eat bread,
bread with oil and salt; Jesus with just
such a mouth, such hands, begotten from Mary
and all that distinguishes Him from them, is in
his Heart and his Heart in the Father, the Glow
in which all began, the grain
of wheat, the earth, the bread, the hunger
once glorious, maimed to famine,
and the Fury and the abundant Blood.

by izakdv

Emily and the Battle of the Veil: MiXit word uitgewer

Mei 7, 2009 in Sonder kategorie

MiXit, daardie wonderlike, maar onverstaanbare, wêreld van 2nies wt cht mt mka, het gister hulle eerste boek uitgegee.

Die titel is Emily and the Battle of the Veil. Een van my vriende, wat op ’n manier betrokke was, vertel dat dit iets soos Harry Potter is, maar, raai wat, dis ook Suid-Afrikaans! En die hoofkarakter is ’n meisie.

Die skrywer is Karen Brooks.

In hulle amptelike persverklaring sê Karen:

“MBooks [mobile books – IdV] is the evolution of eBook. I thought that access to books via a digital medium was a great way to give everybody access to my novel. More importantly, Emily and the Battle of the Veil is suited to teenagers and I wanted to make it accessible to them – hoping that it will foster a love for reading and writing.”

Dan gooi sy ’n interessant goëlbal. Sý sê MBoeke is groener as ander boeke:

“I also found the concept of a zero carbon footprint very appealing. As book lovers we did not traditionally think about the impact on the environment, however I am pleased that the next generation will have the same access to literature that we did, but in an eco-friendly way”.

Wat dink julle? Viva MBoeke?

Die boek kos R13,50 en kan op MiXit afgelaai word. Ek is egter ’n selfoondinosourus, so ek kon dit nog nie lees nie.

Ek het egter Karen se e-posadres, so ek hoop om haar in te vra en dalk te kom verslag lewer.

Laat weet as een van julle dit kon aflaai.

by izakdv

Ek’s weer hier …

Mei 7, 2009 in Sonder kategorie

Jammer oor die stilte. Gerugte van my oorleie is oordrewe, maar ook maar net-net. Die afgelope weke was totaal en al gek. Werk, werk. En werk. Die onderwysdepartement hou my op my tone.