by

Wat sê die Girls?

Mei 26, 2009 in Sonder kategorie

Girls. Wat doen ’n professionele vrou om ’n man te vang?

Hier is vrek wonderlike loslopers op hierdie blog. Wat dink julle van Nikiwe Bikitsha se idee dat vrouens mans afstoot?

We often claim that we want men to take care of us, shower us with attention and take charge, but we don’t know how to let them. Our upward mobility, fantastic careers and financial independence — while all hard-won — have made us rather bolshy. I’m not suggesting we should downplay our success and independence, but perhaps we need to be more mindful of the fact that men are trying to figure out the rules of engagement as much as we are.

Lees gerus self.

En mans. Wat dink julle?

17 antwoorde op Wat sê die Girls?

  1. Neander het gesê op Mei 26, 2009

    Nee wat ek dink sy is baie professioneel in haar werk, het haar al baie gesien. Die probleem is net dat sy dalk met mans op eie vlak sal moet kompeteer en dit kan ‘n probleem wees. Verder sal sy dalk moet besluit of sy oor die kleurlyn wil soek. Verdere probleme. Sy moet eers vriende maak en dan miskien kan daar iets uit vloei.

    Ek hou by my kultuur en taalgroep.

  2. DroomKind het gesê op Mei 26, 2009

    OOOHHH Izak stir alweer met ‘n helse houtlepel 🙂
    Gee kans, ek antwoord jou later!

  3. Izakdv het gesê op Mei 26, 2009

    Dis die vraag, doffie!

  4. Izakdv het gesê op Mei 26, 2009

    Dankie, Neander. Ek het al lekker vriendskappe buite die taal en kultuurgroep gehad.

  5. Izakdv het gesê op Mei 26, 2009

    Ek wag Droom ek wag!

  6. Izakdv het gesê op Mei 26, 2009

    Dis lekkerleeswoorde, Doffie!

  7. Izakdv het gesê op Mei 26, 2009

    LOL ipv!

  8. DroomKind het gesê op Mei 26, 2009

    Okay, dis geblog Izak! 🙂

  9. chom het gesê op Mei 26, 2009

    Hoekom sal ‘n professionele vrou ‘n man WIL “vang”? (Ek het nou ‘n murse lang storie klaar hier getik gehad, en dit toe maar eerder delete).

  10. Izakdv het gesê op Mei 26, 2009

    Ek gaan kyk, Droom!

  11. Izakdv het gesê op Mei 26, 2009

    Hmm. Wonder wat dit was, Chom?

  12. ysprins het gesê op Mei 27, 2009

    die “corporate queen” met haar “difficultly earned” posisie, mag, en aansien is niks meer as ‘n harde,gevoellose tierwyfie nie. sy kompeteer en werk saam met die groot korporatiewe kakke wat deels verantwoordelik is vir die wêreld se krediet krisis en werkers se ondergang, sy doen wat sy moet om haar posisie te behou en haarself te bevorder, en kan nie meer differensieer tussen werksverhoudinge en persoonlikes nie. sy is koud, inkennig, en het niks of niemand nodig nie. ek veralgemeen, ja, maar praat ook uit ondervinding van jare in die korporatiewe wêreld. hierdie queen moet nou ‘n man vang, want dis moeiliker om eenvoudig een te “kry”. die tipe man vir wie sy gaan, is ook nie juis die tipe wat getrou, innemend, of net eenvoudig “goody goody” is nie, want sy soek onder die ander arrogante, ‘ego-inflated’ BMW of 4×4 drywers wat ook in eksklusiewe ‘golf estates’ (groteske plastiek, argitektuur-nagmerries omring deur kitch dammetjies en vrouens met plastiek boobs en gesigte met sieklik bedorwe “brats”) bly en wat net so matrialisties en oppervlakkig soos sy is…good luck to her. as hierdie klas vrouens nie begin besef hulle pis mans af nie, en dat hulle net goed is vir ‘n lekker “office shag” nie, wel, hulle eie skuld. meeste mans (wat weliswaar iets het om te bied)vind sulke vrouens nie aantreklik of sexy in ‘n “ek wil haar hê vir my, vir altyd” manier nie, maar wel in ‘n “ek sal haar graag bietjie goed wil bykom, op haar tafel, in haar kantoor” kinda way. feite. Nikiwe moet maar ook besef haar kultuur duld nie regtig hierdie tipe van Jesebel-mag nie, en sy sal moet besluit wat vir haar die belangrikste is. ek sien hierdie saak, soos alles in die lewe, is ‘n kwessie van balans. en min van ons kry die perfekte balans tussen enige iets reg! nou kan almal my maar begin skiet 🙂

  13. tronkie het gesê op Mei 27, 2009

    Slimste Doffie van ons die!

  14. tronkie het gesê op Mei 27, 2009

    Man vang is vir my ook nie ‘n lekker begrip nie – ek wil nie ‘n man in my lewe hê net omdat ek nie wil alleen wees nie. ‘n Man is nie die object wat die prentjie van ‘n vrou moet voltooi nie. Maar ek is anyway vandag suur en gatvol vir mans, so ek dink ek moet maar eerder nou ophou tik. Netnou begin ek gal braak oor hulle – en dan word ek oor die kole gehaal. Maar vir die rekord – vandag wil ek nie ‘n man naby my hê nie. Ek plaas dit op skrif.

  15. Izakdv het gesê op Mei 27, 2009

    Dankie Mev Lee!

  16. Izakdv het gesê op Mei 27, 2009

    Maskas, Ysprins, dankie, dit sal ‘n paar mense laat smelt!

  17. Izakdv het gesê op Mei 27, 2009

    Ag tronkie, jy’s wonderlik!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.