by

Boeke gee jou vlerke

Mei 25, 2009 in Sonder kategorie

St George’s Grammar School in Kaapstad is besig met hulle jaarlikse leesprojek. Dié storie gaan nou al vir baie jare aan en elke jaar is dit ’n groot sukses.

Die laerskoolhoof stel elke jaar ’n uitdaging aan die kinders: As julle elkeen X-aantal boeke gelees het teen die einde van dié twee weke, sal ek iets simpel aanvang. (Vir die Graad R’s is dit 25 boeke – saam met die onnie en/of by die huis saam met pa en ma.)

  • Een jaar het hy ’n dag lank op die dak van die skool gesit en lees.
  • ’n Ander keer het hy sy hare afgeskeer.
  • Vanjaar jaar het hy belowe om skool toe te kom in sy pajamas en om daardie dag heeldag lank buite die biblioteek te sit en lees.

Die tema van die huidige projek is: Reading gives you wings.

Alle Graad R-kinders moes vanoggend vlerke dra skool toe en later die oggend het hulle ’n vertoning gereël met miniatuur helikopters wat met radiobeheer allerlei toertjies gedoen het.

Een van die boeke op die aanbevole leeslys is: IS DAAR PLEK OP JOU BESEM?

Dis geskryf deur Julia Donaldson en geïllustreer deur Axel Scheffler. Hulle is die mense agter die Goorgomgaai aka The Gruffalo.

En weer eens het Philip De Vos gesorg vir ’n wonderlike Afrikaanse teks.

13 antwoorde op Boeke gee jou vlerke

  1. DroomKind het gesê op Mei 25, 2009

    Ag lekker! Ek hou van sulke skoolhoofde. Het nou die dag ‘Die Pikkewouters van Amperstamperland’ gaan koop om vir ‘n vriendin se kinders te gee… na ek dit self eers weer gelees het! Sjoe! Daar is darem lekker kinderboeke om ‘n grootkind hart bly te maak 🙂

  2. tronkie het gesê op Mei 25, 2009

    Daar’s plek op my besem vir jou, Izak. (Moet tog nou nie iets dubbelsinnig daarin lees nie – wie-ever dit ookal wou doen). DK kan ook opklim.

    ‘n Heks se besem het plek vir baie.

  3. sprokie het gesê op Mei 25, 2009

    wat ‘n cool skoolhoof, baie meer konstruktiewe projek as om kinder te probeer betrek by atletiek dink ek 😉 En daai boekie is kostelik, Phillip de Vos is ‘n legende!

  4. klarisabet het gesê op Mei 25, 2009

    Dis ‘n kampioen-skoolhoof daai!

  5. Izakdv het gesê op Mei 25, 2009

    Wonderlik, DK. Sal dit ook moet in die hande kry!

  6. Izakdv het gesê op Mei 25, 2009

    Tronkie, ou Engel, ek sal enige dag opklim!

  7. Izakdv het gesê op Mei 25, 2009

    Prinses, die skool lê baie klem op kultuur, en tog doen van die kinders goed in sport.

  8. Izakdv het gesê op Mei 25, 2009

    Ek stem, Ghaap!

  9. Izakdv het gesê op Mei 25, 2009

    Dit is, Klarisabet!

  10. Izakdv het gesê op Mei 25, 2009

    Inderdaad, Flenters. Die boek is by Kalahari.

  11. Neander het gesê op Mei 26, 2009

    Boeke gee mens inderdaad vlerke, die Internet ook.

  12. Izakdv het gesê op Mei 26, 2009

    Inderdaad, Neander.

  13. Izakdv het gesê op Mei 26, 2009

    Hy is bak, Annemari!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.