by

Crito

Mei 23, 2009 in Sonder kategorie

Gepraat van missing link, het julle die debat oor blogger Crito gesien?

Hier is my bydrae, en hier is die res.

Wat dink julle?

18 antwoorde op Crito

  1. DroomKind het gesê op Mei 23, 2009

    Interessant Izak… sal beslis gaan lees.

  2. abrham het gesê op Mei 23, 2009

    yip, ek deel jou menings oor crito. die mense is honger, heilige koeie is n luuksheid wat net presidente met baie vroue kan bekostig.

  3. Ai hoeveel keer het ek ‘n rolprent gaan kyk of ‘n boek gelees op aanbeveling van ‘n resensent se oordeel en daarna leeg weggeloop of in ‘n boekrak gaan los om stof op te tel. Hoeveel kere na aanbeveling van die “ongeletterde” soos ek het ek die teater uitgeloop ten volle versadig met tevredenheid of daardie boek aan iemand geleen om dit nooit weer te sien nie. Gee my vandag liewer ongeletterde buurman se evaluering as die beroemde resensent se eie smaak twak kommentaar – ek mag verkeerd wees maar het die moderne resensent nie vandag ‘n avant guarde fashion geword nie?

  4. HarryLouw het gesê op Mei 23, 2009

    Handjie vol mense het my al gevra om tog ‘n boek te skryf. Nou kom stel jy my voor en die nuwe breed van resensente. Hulle gaan my braai nog voor ek ‘n publisher kan ompraat, gie gie gie.

  5. Izakdv het gesê op Mei 24, 2009

    Laat weet wat jy dink, Droom

  6. Izakdv het gesê op Mei 24, 2009

    Wel gesproke, Abrham.

  7. Izakdv het gesê op Mei 24, 2009

    Newsferret, jy som dit wonderlik op!

  8. Izakdv het gesê op Mei 24, 2009

    Ek stem, MaanKind. Jou sukses spreek vir sigself.

  9. Izakdv het gesê op Mei 24, 2009

    Harry, dis die lewe en die lot van die skrywer!

  10. shongololo het gesê op Mei 24, 2009

    Ek het baie van jou antwoorde gehou! Maar ek kon nie help om te wonder wat jy bedoel met “moet eerder gaan rolbal speel nie”, want hoogs intellegente en suksesvolle mense speel rolbal waar ek vandaan kom. Die tweede meeste sport gekoppelde besigheids transaksies vind op die rolbalbane plaas, met golf natuurlik eerste 🙂 OK, jammer, dis van die punt af, wou maar net jou kritiek ‘n bietjie konstruktief kritiseer hehehehe 😛

  11. shongololo het gesê op Mei 24, 2009

    Ek sou graag iemand se kritiek op Barry Ronge in die filmbedryf se kritiek wou hoor. Iets soos “daai dik mamparra wat nie ‘n fliek meer kan geniet as hy nie ‘n ordentlike stuk tjoklitkoek en melkskommel deur die fliek kan geniet nie, sy maag is direk aan sy kritiek gekoppel. Slim filmbase kan hom dus omkoop met ‘n melktert om ‘n goeie resensensie te skrywe…” of so iets 🙂

  12. Izakdv het gesê op Mei 24, 2009

    Goeie punt, shongie, maar sommige resensente is nie meer in voeling met die hedendaagse bedryf nie en moet dus liewer hulle uitstekende vermoëns op iets tydloos, soos rolbal, gaan uithaal.
    😉
    Dankie!

  13. shongololo het gesê op Mei 24, 2009

    hahaha die arme spanmaats gaan behoorlik aftjop met so ou in die rondte

  14. Izakdv het gesê op Mei 24, 2009

    Touché!

  15. Haai Izak – hier is my kommentaar – maar ek het nie ‘n rapier nie – 🙂 net ‘n pen. Pen is ook nie ‘n rapier nie – dit skryf stories. Maar ek wonder oor die volgende aanhaling uit Helize van Vuuren se reaksie op die debat oor Crito.
    “Die boekeblad van Die Burger is egter toenemend gevul met resensies deur joernaliste of afgetredenes en vryskutmense van populêre boeke, kinder-/jeugboeke, geestelike boeke of Engelse boeke, sodat dit nie veel stimulering of solaas bied vir die letterkunde-liefhebber nie. Vrij Nederland se ryk-geskakeerde en goedgeskrewe aanbod in sy boeke-afdeling, “Republiek der Letteren”, is dus ? solaas en ? verademing na die “verpaupering” (lees: verarming) wat hier by ons soos kakiebos oorneem.”

    Ek wonder oor wie die boeke koop en of hulle opinies en voorkeure nie ook van belang is nie. Of is die “beswaar” gemik teen die mense wat nie resensies behoort te skryf nie?

    Ek wonder oor wie Afrikaans gaan praat en lees en skryf as ons almal gedooi het. Ons kinders is tog die langtermynprojek vir Afrikaans – of moet wees?

    Ek wonder oor hoeveel Afrikaanse boeke werklik in ‘n jaar uitgegee word? Weet iemand?

    N.S.Ek kry nie solaas in die woordeboek nie – seker “solace” in Afrikaans.

    Daar is baie sulke opinies soos hierdie van Helize. En ek het waardering vir almal wat hulle harte en tyd gee vir Afrikaanse boeke, soos sy duidelik ook.

    En die bietjie wat ek weet van Post Modernisme is dalk gevaarlik, maar ek dog nog altyd dat die nuwe tydsgees (of dalk is dit ook weer verouderd) juis beweer dat eksperte se opinies nie die enigste is wat “tel” nie. WAAR “tel” weet ek ook nie. Dis alles baie verwarrend. En ons weet wat dog gedoen het 🙂 Viva Demokrasie! Inderdaad.

    Ek wonder ook – wat is die DOEL van resensies in koerante en elders? Weet jy?

    Maar ek het nou ook nie eintlik tyd om hieroor te bespiegel nie – want ek moet skryf. Maar ek wonder soms …

  16. ludwig.heuer het gesê op Mei 25, 2009

    Baie goed geskryf Izak … maar dan sou ons niks anders verwag het nie …

  17. Izakdv het gesê op Mei 25, 2009

    Martie
    Helize is self ‘n skerp rapier en ek het daarvoor waardering. Maar, ja, ek voel die resensent moet met die leser kan praat.
    Probleem is, ons lesers is so min!

  18. Izakdv het gesê op Mei 25, 2009

    Dankie, Ludwig!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.