by

Freddie Brandt, onbesonge, is dood

Mei 18, 2009 in Sonder kategorie


(Foto deur NVA verskaf)

Daar is party mense wat nooit op die titelblaaie van boeke verskyn nie, tog, sonder hulle, sou talle boeke maar gesukkel het – of nie gebeur het nie. Een so ’n mens was Freddie Brandt.

Freddie was die drywer by Nasou Via Afrika (NVA). Hy was vir sestien jaar verbonde aan die maatskappy en hy was tróts op sy werk.

Ek ken talle drywers wat nou regtig nie gaan moeite doen nie, of bot weier om sekere goed te doen. Nie Freddie nie.

’n Toenmalige kollega vertel hoe sy eendag vir Freddie gestuur het om voor ’n skrywer se deur te gaan sit totdat die manuskrip oorhandig word. Niks werk so goed soos ’n groot man op jou stoep wat sy voet sit en tik nie!

Ek het Dinsdag nog in Freddie vasgeloop. Toe ek hom die hand ryk, kry ek so ’n skaam glimlag oor ek hom sowaar onthou. (As Freddie skaam was, het hy sy kop na links gegooi en sy ken laat sak.) Natuurlik onthou ek hom. Genade.

Minder as 48 uur later is hy geskiet vir sy selfoon.

Sy jongste dogter is nog nie in die skool nie. Sy was mal oor haar pa en het talle male saamgery as Freddie die Kaap vol reis om boeke te maak gebeur.

Ag nee, hel man, dis nie reg nie.

25 antwoorde op Freddie Brandt, onbesonge, is dood

  1. Catface het gesê op Mei 18, 2009

    Sorry about that.

  2. Izakdv het gesê op Mei 18, 2009

    Thanks Melodrama.

  3. Izakdv het gesê op Mei 18, 2009

    Kelly, ek glo nie ek sal sulke goed ooit kan kop nie.

  4. Berwick het gesê op Mei 18, 2009

    Ai nee, dit is nie.

  5. wild1 het gesê op Mei 18, 2009

    Ag jissie dis tragies…

  6. Izakdv het gesê op Mei 18, 2009

    Ons moet, Lettie

  7. Izakdv het gesê op Mei 18, 2009

    Tog wel, Berwick

  8. Izakdv het gesê op Mei 18, 2009

    Inderdaad, Willemien

  9. Izakdv het gesê op Mei 18, 2009

    Sê jy, Sophia

  10. DroomKind het gesê op Mei 18, 2009

    Laat dink jy my nou aan Fillemon wat by Van Schaik werk… hy is ook een van die onbesonge helde.

  11. Berwick het gesê op Mei 18, 2009

    Ek stem saam met jou – dit is nie reg nie.

  12. sprokie het gesê op Mei 18, 2009

    jis dit maak my suur dat mense so min waarde aan lewe heg. dankie dat jy ons sy storie vertel, ons kan inderdaad nie sonder drywers nie…Rip Freddie…

  13. Izakdv het gesê op Mei 19, 2009

    Yebo, Droom!

  14. Izakdv het gesê op Mei 19, 2009

    Inderdaad, IPV

  15. Izakdv het gesê op Mei 19, 2009

    Ja, hoogheid. Vir ‘n selfoon.

  16. kasper het gesê op Mei 19, 2009

    What the [email protected] for?

    Jissis.

  17. ludwig.heuer het gesê op Mei 20, 2009

    Dit is hartseer en die waansin maak dit net soveel erger …

  18. Izakdv het gesê op Mei 20, 2009

    Sê, jy Kasper

  19. Izakdv het gesê op Mei 20, 2009

    Inderdaad, Ludwig

  20. Izakdv het gesê op Mei 20, 2009

    Ware woorde, Paljas.

  21. Trakie het gesê op Mei 20, 2009

    Hel, dis nie reg nie. En so finaal.

  22. Izakdv het gesê op Mei 21, 2009

    Inderdaad, Kelkiewyn

  23. Izakdv het gesê op Mei 27, 2009

    Ja, Mev Lee, presies.

  24. yokebarrish het gesê op Mei 28, 2009

    Ai Izak
    Dis net aaklig.
    Gisteraand bel ‘n vriendin my
    Oor een van haar vriende in hul kerk,
    Genaamd Seep
    Ongelooflike hunky ou
    Verskriklik lief vir die Here
    Het Sondagaand nog in die tienersdiens gepreek
    En is oppad na ‘n koffiedate toe in ‘n motorongeluk.

    Gister breindood verklaar
    Vandag besluit hul of die masjiene moet afgesit word
    En skielik besef ek net,
    Ek sit en huil oor simple dinge in my lewe
    Maar ons is nog hier
    Hier om ‘n verskil te maak
    Om ‘n glimlag op iemand se gesig te sit
    Om daar vir ander te wees
    Partymaal dink mens so klein
    Niks verder as die dag na dag dinge van werk
    Wat nie te great is nie
    Maar tog is daar soveel meer wat die lewe bide
    Terwyl ons nog hier is, kom ons maak ‘n verskil!!!

    Ken julle die liedjie van Amanda Strydom(My kamer)
    “Ek het lankal immigreer na ‘n kamer in my kop
    Vandaar hou ek versigtig die wêreld om my dop”

    Dit gaan basies daaroor dat ons net tydelik hier is,
    Hier het ons dit nou gesien met Freddie,
    En die tieners van my vriendin se kerk het dit gesien met Seep,
    Ons weet nie hoe lank ons hier is nie, maak ‘n impak

  25. Izakdv het gesê op Augustus 26, 2009

    Eish, Yoke

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.