by

Slaan jou oë op na die pale

April 19, 2009 in Sonder kategorie

… waar sal jou hulp vandaan kom?

Met die verkiesing om die draai, is hier ‘n sober gedig van my ou pel. Dalk is dit meer teologies as suiwer polities, maar goeie teoloë, nie geldmaakpredikers nie, was nog altyd bewus van die aardse, eerders as bloot die hemel.

die hemel
Madlala Makhaza

met klik-klak-klanke
knik en lok
die boepbensmaan
’n san bekruiper
agter jagvelde drilboudelande aan

nirvana vir die uitgelesenes

eksklusief en baie leeg
vir die happy clappy charismate
wat – slegs letterlik –
gods woord oor eksklusie
letterlik pleeg

maagde vir die moslemstryder

maagdelik vir die oujongnooichristenheidenbevryder

en hope hope lik-
sense, passe of plastiek toegangskaarte
vir haar wat honger ’n laaste druppel
melk sonder heuning of brood
uit haar seer pramme
in haar sinkkaia
in haar snotneuskind
se voëltjiedunbeentjiebek
druk

Jare terug het iemand ‘n slag vir Desmond Tutu gesê dat hy te veel politiek praat, en, voeg die persoon toe by, die goed wat Tutu sê, kom nie uit die Bybel nie. Waarop Tutu toe kalm antwoord: “En watter Bybel lees jy?”

4 antwoorde op Slaan jou oë op na die pale

  1. loudavisi het gesê op April 19, 2009

    Sjoe, die gedig is ontstellend pragtig.

  2. aixo het gesê op April 19, 2009

    Tutu…….. ‘N MENS ……..mag hy altyd leef

  3. Izakdv het gesê op April 19, 2009

    Hallo, Lou!

  4. Izakdv het gesê op April 19, 2009

    Pruimtwak, ek dink mense soos Tutu sal nalatenskap los.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.