by

Die storie van Phunyukabemphethe

April 9, 2009 in Sonder kategorie

Ek gaan netnou vir julle iets vertel oor Afrika se eie Superhero, maar eers ’n inleiding: Jare terug, toe Kom slag ’n bees verskyn het, wou Daniel Hugo by my weet wat dink ek van die Waarheids- en Versoeningskommissie. Dit was na aanleiding van die titelverhaal in die bundel. Ons was lewendig op die lug, so ek moes vinnig dink. Uiteindelik was die antwoord dat dit goed is dat mense se stories vertel en gehoor word. Ek staan steeds daarby.

Ek het die ander dag met ’n sangoma gesels (wat LitNet se blogs lees!) en sy het bevestig dat ’n groot deel van haar werk daarop gerig is om mense te help om hulle eie probleme op te los.

Op ’n heel ander noot laat stories ons toe om die wêreld te verstaan. Waarom hou my seun so baie van Ben 10? Want Ben 10 laat hom glo dis moontlik om alle onreg reg te maak. Ek laat hom vir eers toe om te dink dis waar.

Ek kan vele woorde spoeg oor Zuma se verbluffende manier om die reg ontduik, maar ek gaan julle vra om liewer ’n storie te lees. Dit is die storie van Phunyukabemphethe. Hy was iets tussen Houdini en Spiderman. Wat meer is, Phunyukabemphethe is ’n Afrika-held.

Rams Mabote vertel hoe hy na die storie geluister het as ’n klein seuntjie:

In those days when the life of a black man was cheap and always in danger, Phunyukabemphethe was the envy of most because he seemed to get the better of our rulers. When shebeens and other illegal watering holes were raided and busloads of men arrested for imbibing the white man’s drink, our Phunyukabemphethe in cuffs and all, would mysteriously uncuff himself, alight a fast-moving pick-up truck and disappear. He would even leave the cuffs behind, though whether as a boast or as a courtesy to the police, I’m not sure.

Lees gerus verder. Mabote vertel hierdie storie juis na aanleiding van Zuma:

He has been in and out of court, once even on a rape charge, but nothing has stuck. True to form Phunyukabemphethe has continued to escape, leaving mouths agape again and again.

Die hartseer ding, sê Mabote, is dat sý kinders waarskynlik nie van Phunyukabemphethe se storie gaan hou nie.

7 antwoorde op Die storie van Phunyukabemphethe

  1. Izakdv het gesê op April 9, 2009

    Inderdaad, Flenters. Dis waar.

  2. SureSlim het gesê op April 9, 2009

    Ken ek daai sangoma van wie jy praat? Die girl wat in Rapport was ‘n week of twee gelede?

  3. aixo het gesê op April 9, 2009

    hieroor , sou ek eendag lank met jou wou kon preuwel, en sou waarskynlik flenters se woorde presies, identies kon herhaal , maar wat dalk/moontlik ‘n heel teenoorgestelde boodskap kon dra …

  4. Izakdv het gesê op April 10, 2009

    Melt, nee ek dink nie dis dieselfde persoon nie. Sy woon tans in die waterberg, maar was die ander dag hier by ons op besoek. Hulle moet satellietfone gebruik daar in die waterberg om internet te lees.

  5. Izakdv het gesê op April 10, 2009

    Pruimtwak, dat daar besluite geneem is tydens die WVK waarmee ek nie kon saamstem nie, dis duidelik. Sommige mense wat duidelik moes vryskelding kry, het nie. In ander gevalle moes ‘n mens weer wonder of die ouens wat wel geloop het, altyd die waarheid gepraat het.

    Ek het egter al met talle mense gesels wat internasionaal met versoening werk, en deur die bank sê die ouens: Julle WVK is beter as enige iets anders wat reeds gebeur het.

    Twee weke gelede nog was ek aan die gesels met ‘n Ier wat DAAR gewerk het tussen Protestante en Katolieke. En het borrel steeds oor WVK.

  6. aixo het gesê op April 10, 2009

    izak , nee dink ek het my verkeerd uitgedruk , en dalk verkeerd vertolk , en ek stem saam daar was besluite wat ‘odd’ was , maar daar moes ‘n ‘volle totale’ WVK gewees het , by wyse van ‘inclusion’ en nie ‘selective exclusion’ wat van alle alle kante wel benut is nie …….maar ek gaan nie nou probeer verduidellik nie , dalk eendag as ons innie Kaap sit . na die laaste 20 jr van diepe betrokkenheid , los ek nou daai politieke dinge …

  7. Izakdv het gesê op April 10, 2009

    Pruimtwak. Ek dink ons stem dalk saam. En ja, as jy eendag weer hier is, moet jy maar sê! Dan knak ons ‘n botteltjie rooi.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.