by

Byna liefde op twee kortlyste

April 6, 2009 in Sonder kategorie

My uitgewer, Riana Barnard van Tafelberg, het pas gebel (kyk hoe laat dit is^^) en vir my ’n persverklaring gestuur. Byna liefde verskyn op twee kortlyste vir literêre pryse wat hierdie jaar toegeken gaan word.

Die teks is gekortlys vir die beide die W.A. Hofmeyer-prys en die Jan Rabie-prys. Wow. Kyk egter wie is die opposisie! Dis baie wow:

W.A. Hofmeyr-prys vir Afrikaanse letterkunde oor alle genres heen
Hierdie prys word toegeken aan hoëgehalte Afrikaanse letterkundige werk waarvan die skrywers die vermoë het om deur hul uitstekende skryfwerk die grense van die Afrikaanse letterkunde uit te brei:

  • 30 nagte in Amsterdam deur Etienne van Heerden (Tafelberg)
  • Byna liefde deur Izak de Vries (Tafelberg)
  • Staan in die algemeen nader aan vensters deur Loftus Marais (Tafelberg)

Jan Rabie/Rapport-prys vir innoverende Afrikaanse letterkunde
Die Jan Rabie/Rapport-prys word jaarliks toegeken aan ’n debuut- of vroeë werk gekenmerk deur vars en innoverende Afrikaanse prosa:

  • Alles mooi weer deur Karin Cronjé (genugtig!)
  • Byna liefde deur Izak de Vries (Tafelberg)
  • Die dag toe ek my hare losgemaak het deur Willemien Brümmer (Human & Rousseau)

Om saam met Etienne van Heerden op ’n kortlys te verskyn is baie wow. En Loftus se bundel moet nog baie keer geprys word, dis ’n pragwerk.

Willemien Brümmer se bundel is ’n besondere sterk werk. Tot my skande ken ek Karin Cronjé se nuutste nie, maar dit gaan nou reggestel word!

Die ander pryse sien soos volg daar uit.

Recht Malan-prys vir Engelse of Afrikaanse nie-fiksie of nie-literêre werke

  • A Millimetre of Dust deur Julia Martin (Kwela Boeke)
  • On the Contrary deur Tony Leon (Jonathan Ball Publishers)
  • Three-Letter Plague deur Jonny Steinberg (Jonathan Ball Publishers)

Die M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke

  • Brolloks en Bittergal deur C.J. Langenhoven, teksverwerking deur Leon Rousseau, illustrasies deur Nelda Vermaak (Human & Rousseau)
  • Siyolo se trui/Siyolo’s Jersey deur Mari Grobler, illustrasies deur Elizabeth Pulles (Tafelberg)
  • Die Muisboot/The Mouseboat deur Paddy Bouma (Tafelberg)

Die M.E.R.-prys vir jeugliteratuur

  • Lien se lankstaanskoene deur Derick van der Walt (Tafelberg)
  • Onderwêreld deur Fanie Viljoen (Tafelberg)
  • Sharkey’s Son deur Gillian D’achada (Tafelberg)

Herman Charles Bosman-prys vir Engelse letterkundige skryfwerk en outobiografie

  • A veil of footsteps deur Breyten Breytenbach (Human & Rousseau)
  • Bodies Politic deur Michiel Heyns (Jonathan Ball Publishers)
  • Notes from the Dementia Ward deur Finuala Dowling (Kwela Boeke & Snailpress)

32 antwoorde op Byna liefde op twee kortlyste

  1. DroomKind het gesê op April 6, 2009

    Baie Baie Baie geluk! Dis ‘n wonderlike erkenning van harde werk. 🙂

  2. katrina het gesê op April 7, 2009

    Geluk! Ons gaan woes duim vashou!

  3. kookpunt het gesê op April 7, 2009

    Baie geluk…Mag jy net van krag tot krag gaan

  4. aixo het gesê op April 7, 2009

    geluk en sterkte

  5. Berwick het gesê op April 7, 2009

    Baie geluk, Izak!

  6. Izakdv het gesê op April 7, 2009

    Dankie, Droomkind!

  7. Izakdv het gesê op April 7, 2009

    Jy’s reg, lowercase v

  8. Izakdv het gesê op April 7, 2009

    Dankie Katrina

  9. Izakdv het gesê op April 7, 2009

    Ons het mekaar mos darem al ‘n ou drukkie gegee, Maankind.

  10. Izakdv het gesê op April 7, 2009

    Dankie, Oom F!

  11. Izakdv het gesê op April 7, 2009

    Dankie, Pruimtwak.

  12. Izakdv het gesê op April 7, 2009

    Dankie, Berwick.

  13. Izakdv het gesê op April 7, 2009

    Vir jou ook dankie, LieweLettie.

  14. Geluk Izak!

  15. Izakdv het gesê op April 7, 2009

    Dankie, Boekevat!

  16. kobusvictor het gesê op April 7, 2009

    Baie geluk. Mag daar nog baie kom.

  17. Izakdv het gesê op April 7, 2009

    Dankie, Kobus!

  18. Izakdv het gesê op April 7, 2009

    Kazi, dankie ou naamgenoot!

  19. Izakdv het gesê op April 7, 2009

    Dankie, Flenters!

  20. DallaSePa het gesê op April 7, 2009

    Wie is Izak? NEE, NEE ek praat kak, ek weet wie Izak is!
    Geluk mens … jy mag maar!!!

  21. Izakdv het gesê op April 7, 2009

    Dankie, Dalla se pa!

  22. Izakdv het gesê op April 7, 2009

    Baie dankie, Annemari

  23. klarisabet het gesê op April 7, 2009

    Izak jou ou doring! {-;

  24. jjanajj het gesê op April 8, 2009

    baie, baie geluk, izak! dis fantastiese nuus, ek is baie bly! geluk!

  25. lokiafrique het gesê op April 8, 2009

    Izak, dis amazing, ek voel sleg dat ek dit nog nie gelees het nie (SKANDE!). Het ook nog nie Loftus se bundel gekoop nie (AG NEE SIES!) maar nou maak ek ‘n punt daarvan, straks!

  26. Izakdv het gesê op April 9, 2009

    Dankie Klarisabet!

  27. Izakdv het gesê op April 9, 2009

    Dankie Jana!

  28. Izakdv het gesê op April 9, 2009

    Jy sal Loftus geniet, Loki. Ek hoop Byna Liefde ook.

  29. pasella het gesê op April 10, 2009

    Wonderlike nuus–ek voel so al my lojaliteit en steun lê by jou!

  30. Izakdv het gesê op April 10, 2009

    Lewies, dis gaaf. Dankie.

  31. Baie geluk Izak

  32. Izakdv het gesê op April 27, 2009

    Dankie, Yoke!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.